Jy blaai in die argief vir 2011 Januarie.

by VozSola

…there’s something in a Sunday morning…

Januarie 9, 2011 in Sonder kategorie

…wat die son afskakel dat mens vir nog ‘n uur of twee kan slaap…

…wat ‘n stilte bring, wat net ‘n wasmasjien kan breek…

…wat ‘n die spesiale geluid van buurvrou se leave-blower soos heavy metal laat klink…

…wat die ketel te hard laat kook…

…wat die beste van die kakste programme op tv te wys…

…wat die honde te lui maak vir stertswaai…

…wat my lusmaak vir skaapboud en braai-aartappels…

…wat my net so lui maak om dit te maak…

…there’s something in a Sunday…wat my met mag terug trek droomland toe…

Nag sê.

by VozSola

Hoekom doen ons dit aan ons self…keer op keer?

Januarie 7, 2011 in Sonder kategorie

So, ons is dom. Ons is stupid. En al weet ons dit, belowe om dit nie weer te doen nie, doen ons dit steeds. Amazingly, bo alles, kla ons dan boonop daaroor by almal wat wil luister…

Terug skool toe!!! Hoekom los ons alles tot op die laaste minuut?

Ek gaan nou-nou maar daai lysie goeters moet aankoop…voor dit op Dinsdag aand by ‘n laatnag Spar opeindig ten duurste…

Mens leer seker nooit…

of is ek nou al weer die odd one out…die enigste wat nog nie geleer het nie?

by VozSola

Dinge gebeur soos dit moet.

Januarie 6, 2011 in Sonder kategorie

Vanoggend haarkapper toe gegaan. Soos vrouens mos maar is, kêkkel ons met vreemdes asof hulle jare lank al vriende is. Wie waar was op holiday, wie het wat geeët en wat gedrink. Lekker lag en lekker giggels…

So raak ek betrokke by ‘n vreemde gesprek met ‘n vreemde vrou en haar dogter. Ek word ‘n foto gewys en ‘n opinie gevra. Soos ek nou maar is, sê ek presies wat ek sien. Wrede oë… en baie ander dinge in die agtergrond van die foto. Die vrou haal haar Bybel uit haar handsak. Lê haar hande daarop…en haar dogter glimlag vir my…en sê; “see mommy, I told you, God will show us the truth” En bedank my met die woorde; “You are God sent…thank you for making yourself available for His work” Die man is toe regtig geen ‘saint’ nie.

Miskien word ons elkeen so terloops op ‘n ander se pad gestuur. Wie weet hoekom…soms is dit maar net hoe dit is…en moet wees. Hierdie blog het ook mense op my pad gestuur… vir elkeen wat ek al ontmoet het…vervul ‘n spesiale rol op die regte tyd.

by VozSola

Oor my bemoerdheid van ander dag…

Januarie 5, 2011 in Sonder kategorie

So, die nuus was nie te goed nie, maar kon seker erger gewees het.

Op die 19de January gaan ek vir sowat vier aande by die kruisie-hospitaal in Groenkloof oorslaap en dan vir ses weke op forced leave wees.

Is dit normaal om soveel mixed-feelings in overdrive te voel? Ek kan nie aanvaar dat ek nou skieklik uselessly hopeless voel nie. Juis omdat ek so deurmekaar voel?

Fok, dis niks lekker nie.

by VozSola

Kaapenaars, gaan help, asb tog!

Januarie 5, 2011 in Sonder kategorie

Ag wil een van julle bloggers in Skaapstad nie gou-gou ‘n draai gaan maak daar duskant die berg, julle weet daar waar daar ‘n groot sirkel gras is, met mannetjies in wit klere wat daar rondhol nie…

Sodra julle daar is, vra vir die man Kallis. Seg hom om asb die commentators en media aan te vat oor die misbruik van sy naam. Regtig. Genoeg is darem nou genoeg. Hulle groei vir hom engel vlerke wat nou al so swaar is, hy kan beswaarlik vlieg. Jip…ek kan dit nie meer hanteer nie. Steyn is ‘n super-speler, maar lyk my nie die koerante het al van hom gehoor nie.

En terwyl julle daar is, hardloop op die veld, steel die paaltjies…want ek dink ons gaan binnekort nie genoeg oorhê om te kan wen nie.

Sê sommer vir Amla, shame…dit was bad luck.

by VozSola

Myse in-service-line report.

Januarie 4, 2011 in Sonder kategorie

Laas het ekke so ge-brag oor die veertien minute wat dit geneem het om my bestuurs lisensie te hernu…wel, jammer as enige iemand dit vandag daar gewaag het. Toue langer as by Noag se ark.

Hulle stop my by die deur…”collection” sê ek harder as nodig.”Sure, middle counter” – Daar is niemand by die middle counter nie. Gee my kaartjie en ID. Wag ‘n minuut en kry my kaartjie. Soos Mrs. Bean loop ek verby almal met ‘n smile en die flash van my kaartjie…so asof ek warm kry. Ek wonder nou hoekom daai een oom so rooi geword het…en hoekom daai ander outjie my gevra het hoe lank ek gewag het… Kon nie help om veertien minute se storie te vertel nie.

Ons oorweeg om deur die parking te stap en te kyk hoe dit by Home affairs gaan. Steeds opsoek na ‘n unabridged copy van ons huweliks sertifikaat vir die Ambasade. Wel, Geboortes, sterftes en huwelik se ry is ‘n hele vyf mense lank. Sit maar geduldig en wag. ‘n Uur later nadat niks gebeur nie…laat iemand in die ry uiteindelik die woorde in Engels na vore kom…”Offline”

Well, that’s my que for ‘cutting my own line’

Sal seker maar weer volgende jaar probeer.

Intussen het my bemoerdheid weer vanoggend opgevlam…Jammer, Ons aanvaar nie Discovery mediese fonds pasiente nie. Jammer, ons doen net swangerskappe en so meer…met hulp van ‘n dokters vriend van my, het ek ‘n regte dokter in Groenkloof opgespoor…wou my sommer dadelik sien…maar ekke was nog in pajamas…dus gaan ek môre.

Dankie vir julle wat gehelp het…en dankie vir die ander se humor…julle laat my smile.

Ons is maar almal in-service line- trainees vir die Government…al verskil is…ons moet hulle betaal vir die lyding…(nie leiding nie)

by VozSola

Ek is skoon bemoerd.

Januarie 4, 2011 in Sonder kategorie

Dokters se gierigheid is die doodsengel se angel.

Daar is geen gesondheids crises in die land nie! Nee, inteendeel, daar is soveel werk in private practices, dat gierigheid die oorhand gekry het…gierigheid oordeel jou siektestoestand, nog voor diagnose.

My spesiale dokter het twee jaar gelede afgetree en het nog nie die moed gehad om ‘n ander te soek nie. Sulke dokters is mos ‘n bietjie van ‘n sensitiewe saak by ons vrouens.

Ek het gedurende die eerste week van Desember in my werksomgewing rondgebel, opsoek na ‘n afspraak by ‘n dokter. In hierdie omgewing is twee spesiale hospitale en talle dokters om uit te kies en te keur. Wel, na ek sewentien dokters gebel het, was meer as die helfde landuit met verlof. Die ander vol bespreek tot met einde Februarie en die res aanvaar nie my mediese fonds nie. Dus, gee ek dit nog ‘n maand ‘n skip.

Wel, vandag probeer ek ‘n dokter in my huis omgewing kry. Ek is nog die week met verlof en het nou dringend so ‘n dokter nodig. In hierdie omgewing is vyf van die beste hospitale in die stad. Daar is weereens ‘n keuse vir my.

Na my sesde oproep kom ek agter, ek het nie ‘n keuse nie. Ek kry nog ‘n lys dokters van my medisie fonds, hierdie keer om seker te maak dat hierdie dokters wel ingekontrakteur is met my fonds. Nou ja, hier bel ek al weer. Met elke oproep word twee vrae aan my gestel. Is jy swanger? Sukkel jy om swanger te raak? Met “Nee” op beide vrae, word ek gesê hulle hanteer net boggenoemde.

Nou na dertien oproepe het ek steeds nie ‘n afspraak by enige so ‘n dokter nie.

Nou wonder ek wat my te doen staan? Dit help nie om jou probleem aan die Tannie agter die foon te verduidelik nie…want sy boek net die duurste pasiente, die wat wel keer-op-keer vir die volgende paar maande of jare gaan terugkeer…

Dit is teen my beginsels om additional geld te spandeer om na my huisdokter te gaan en te betaal net om te hoor ek moet ‘n ander dokter gaan sien en maande te wag vir ‘n afspraak.

Ook verstaan ek nie dat die mediese fondse sekere “gratis” voordele aanbied vir iets wat blykbaar ‘n onbegonne taak is om van gebruik te maak, terwyl privaat dokters oorsee kan vakansie hou bloot uit swangerskappe en niks anders nie. Dit is ‘n skande, maar blykbaar nie ‘n crises nie.

Ken enige iemand in blogland dalk ‘n beskikbare Gynaecologist in hierdie groot Stad van Pretoria? (verkieslik die Ooste)  Of is daar dalk ‘n dokter in-house?

by VozSola

My aanneem kinders

Januarie 3, 2011 in Sonder kategorie

Ek stel aan julle voor;

Ons 4 jaar oue hiperaktiewe seuntjie…wat mens laat smile… super genie wat ball skills aanbetref.

Ons 9 maande oue baba dogtertjie…skaam…maar nie op haar bek geval nie.

‘n Sterker band tussen aanneem boetie en sussie het ek nog nooit gesien nie.

by VozSola

Skoon bevlek

Januarie 3, 2011 in Sonder kategorie

En dan was daar niks

anders as die bloedspatsels

uit die pen van versugting

wat nog ‘n blad beklad

by VozSola

Waar dink jy?

Januarie 2, 2011 in Sonder kategorie

Elkeen van ons het daardie een spesiale plek in ons lewe. Daardie een plek waar gedagtes veilig voel om ons sonder onderbreking te ontmoet.

(Ja, toe-nou, ek praat nou nie van die agter-die-toe-deur-huisgenoot-stoel nie!)

Hierdie foto wat ek laasweek op my tuiskoms besoek was daardie een plek vir my. Bo-op daardie klip. Elke middag na skool het ek opgeklim en ure daar omgedink. Die gedagtes van ‘n kind, van ‘n tiener, van ‘n jongmens. Daar het die lewe begin en sin gemaak, soms glad nie. Daar het baie trane gevloei. Daar het baie giggels weergalm en tonne dagdrome het vorm gekry.

Selfs vandag, twintig jaar later is dit steeds die eerste ding wat ek sien as ek die dorp inry. ‘n Groot deel van my lewe staan steeds soos ‘n rots bo die ander uit. Die vryheid van eie gedagtes. Dit is so spesiaal en die herinneringe daaraan nog meer so.

Vandag met die gejaag van dag na dag in hierdie stad, het ek nie meer ‘n spesiale plek nie. Dit is baie hartseer. Die naaste wat ek aan daardie vryheid van gedagtes kan kom is vroegoggend as ek voor ses in die oggende met min verkeer werk toe ry…veral as ek uit Kerkstraat draai en in Government avenue afry tot onder by die Unie geboue. As jy in die winter die volmaan blink en groot voor jou oor die stad sien. As jy laat genoeg ry om die volmaan oor die Unie gebou sien opkom. In die lente, as jy op die regte tyd in vroegaand ry…en die maan voor jou oranje in kleur sien opkom tewyl die son agter jou oranje rooi sien wegsak…en jou vroegoggend pad in laatlente met ‘n perstapyt uitgelê word en jy die eerste persoon is wat gaan spore laat…

Maar nou ja, hierdie jaar gaan ek vir my ‘n spesiale plekkie in hierdie stad soek. ‘n Plek nes my klip op my tuisdorp.

Ek het te lank in hierdie stad gewandel sonder ‘n klip vir my denke.

So, waar dink jy?