by

My bloublom bloggie vir nag.

Januarie 24, 2011 in Sonder kategorie

My Blog naam:  Voz = Voice/Stem EN Sola = Single/Aleenlik

Hoekom? – Want dit is hoe blogland werk…’n stem aleen of aleen stem as jy so daarna wil kyk.

My Blog Titel:     Veselglas & Plastic…bend it, shape it…dit is veranderlik…

My Avatar: Niks te doen met ‘n voice recording nie…die wat ken sal weet dit is Windows se CPU indicator…need I say more?

Terug na die hede…

Ek is vanmiddag uiteindelik ge-unplug en huis toe laat gaan…die tweede keer. Hopelik is dit nou die einde van die eina, kners van tande, trane van pyn en van verligting. Einde van storie. Weet net…daar is net twee soorte seer wat mens liggaamlik kan ondervind…hierdie pyn en daardie pyn. Enige iemand wat jou anders vertel…well, ek dink hulle jok, weet nie, of wil nie onthou nie.

Anyways, Ek’s terug en sal nog so stadig maar seker opvang met wat ek gemis het. (ag, sal iemand my tog asb inlig waar om wat te gaan lees…)

Intussen voel ek nog bietjie blouerig en broos…so, moet asb nie met my lelik wees nie!

Dankie vir my blog vriende wie sms en e-mails gestuur het. Ek waardeer dit opreg.

22 antwoorde op My bloublom bloggie vir nag.

  1. Lekker slaap vanaand!
    XXX

  2. Stem alleen, ek is so dankbaar dat jy veilig by die huis is, en ek hoop jy sterk gou aan…jy is nog fragiel en niemand mag met jou lelik wees nie – ek watch hulle!

  3. Jammer S … jou siekte gemis.
    Jy OK?
    Beterskap.

  4. VozSola het gesê op Januarie 24, 2011

    oh, glo my ek gaan dit doen!!!
    Duisend dankies vir jou!!

  5. VozSola het gesê op Januarie 24, 2011

    Hey, Dankie Lou! Mmm…jy moet die bloggers watch…en hierdie twee by my huis ook…hulle sug al as ek net smile, ek het nog nie eers vir iets gevra nie!

  6. VozSola het gesê op Januarie 24, 2011

    Ek’s nou ok…
    Dankie…as ek beter is sal ek so vroeg soos julle op ‘n Saterdag opstaan om te kyk of ons al drie gelyk by die koffie kan uitkom!!
    (hoor jy A10!)
    😉

  7. TS het gesê op Januarie 24, 2011

    Ons sal jou kans gee om weer reg te buig… stadig en met sorg.

    Sterkte…

  8. VozSola het gesê op Januarie 24, 2011

    oh, dankie.
    Ek voel juis soos ‘n dwergie op stilts in ‘n grot wat te laag is!
    (dankie!)

  9. VozSola het gesê op Januarie 24, 2011

    Naand Pa-Flenters,
    Baie dankie!
    en ja, hierdie keer gaan ek regtig probeer…

  10. louisna het gesê op Januarie 24, 2011

    Mooi. Grootste pyn tot dusver? Operasie aan die onderste punt van my slukderm en twee nierstene. Whatever joune, sterkte.

  11. Trakie het gesê op Januarie 24, 2011

    As iemand jou inlig waar om wat te gaan lees, laat weet my ook. Ek het ook heelwat om op te vang.

    Sterkte met die eina.

  12. zephur het gesê op Januarie 25, 2011

    Bly alles het vlot verloop en jy is nou weer op die pad na herstel…

  13. Bly jy is terug en min of meer weer heel.

    🙂

  14. VozSola het gesê op Januarie 25, 2011

    Dankie Ouboet.

  15. VozSola het gesê op Januarie 25, 2011

    hey, ja-nee, maybe het ons niks gemis nie?
    Dankie vir jou.

  16. VozSola het gesê op Januarie 25, 2011

    jip, sal dit nou nie juis met ‘n blindederm vergelyk nie…maar vandag het dit goed gegaan.
    😉

  17. VozSola het gesê op Januarie 25, 2011

    Dankie Henry,
    Jammer ekke het dinner gemis…(was bang vir die skop!)

  18. VozSola het gesê op Januarie 25, 2011

    Bietjie beter, dankie Pa-Flenters.

  19. VozSola het gesê op Januarie 25, 2011

    Ek hoop Anha kom lees hier, want ek kon nie op haar kommentaar ‘n antwoord gee nie.
    Anha,
    Ek het lank wakker gelê oor jou boodskappie…en ek wil net groot dankie sê vir dit…ek dink ons het daardie bevestiging albei nodig gehad.
    Ja, Ek dink ek gaan cool wees, afterall…want jy het so gesê!

  20. Lekker om weer by jou te lees…hoop die broosheid is gou verby.

  21. VozSola het gesê op Januarie 25, 2011

    Naand sê,
    Baie dankie vir die inloer…
    ..ek vorder, stadig maar seker…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.