by

As dink jou dom maak.

Januarie 17, 2011 in Sonder kategorie

Okay, vanoggend se inskrywing was dalk effens blou…seker oor al die dink…so asof iets gaan vergeet.

Dis amper net soos om op vakansie te gaan. Maak nie saak hoeveel lysies se denke van onthou jy neerpen nie, die grootste vergeet se onthou kom as jy presies 20km op die highway is…met geen u-turm geleendheid vir nog 40km nie…dan eers begin die vakansie…wie blameer wie…tot jy terug kom en die vergete item in die garage vind.

Nou om op ’n beplande hospitaal besoek te gaan, is nou regtig nie moeilik nie. Badkamer goeters, jamies, ipod, ’n boek of twee. Eenvoudig.

Maar dis die “wat by die huis” gedoen moet word wat ’n droom kan korter maak met ’n verdwaalde nagmerrie wat plek soek om nes te skop. maar ook vir die terugkeer wanneer jy weet jy sal vir ’n week of twee teen minder as halwe kapastiteit kan funksioneer, wat die probleem is.

Klere is gewas en gestryk. Huis is aan die kant. Skottelgoed gewas. Honde het kos. My nuwe kamer vir twee weke staan reg… Ek het nou al wat ’n tydskrif is gekoop (Ek doen nie tydskrifte nie) Ek het reeds ’n blik of twee voedselaanvullings, health snacks, bottles water met cordials (drink nie skoon water nie) ens. ens.

Hoe beplan mens iets vir twee mense wat die gegewe talent het om selfs two minute noodles soos waterige mash potatoes te laat lyk! (wou ’n ander meer beskrywende woord gebruik het!)

Ek is seker hulle gaan lekker weglê aan al die brands van take-aways wat daar is. Goed so, want hulle weet hoe om take-aways warm te microwave…

…maar wat van my?

Ek het niemand anders as juiste hiedie twee undercover angels om na my om te sien nie…

Is daar nog iets waaraan ek moet dink? Ek het nog net môre om voor te berei voor ek Woensdag hospitaal toe gaan en sal seker eers Saterdag of Sondag ontslaan word.

En ja, ek begin nou benoud en bang raak…

16 antwoorde op As dink jou dom maak.

  1. Chill nou jou boude. Dit gaan oraait wees.

  2. VozSola het gesê op Januarie 17, 2011

    mmm…veral hulle trip-chocolate-mousse!!!

    Dankie.

  3. VozSola het gesê op Januarie 17, 2011

    😉
    Thanks…

  4. TS het gesê op Januarie 17, 2011

    ons sal duim vas hou

  5. VozSola het gesê op Januarie 17, 2011

    Dankie…daarna gaan ek baie dae se blog-tyd hê!

  6. Laptop en 3G stokkie…

  7. VozSola het gesê op Januarie 17, 2011

    Hey, thanks Varkie!! Amper vergeet het daai een!

  8. VozSola het gesê op Januarie 17, 2011

    ps…solank jy my Mr. Bean vir ‘n week of twee sal doen?
    Deal?

  9. Ek kan maar net sê, baie sterkte!!!

  10. VozSola het gesê op Januarie 17, 2011

    ek waardeer. Dankie.

  11. ek het ook eenmaal probeer dink ….

  12. VozSola het gesê op Januarie 17, 2011

    😉
    …en hoe dit vir jou uitgewerk?

  13. zephur het gesê op Januarie 19, 2011

    Baie sterkte Voz…lees maar ‘n klomp stories in die tydskrifte…nou nie die Huisgenoot nie

  14. Hei is jy al terug – ons mis jou!

  15. VozSola het gesê op Januarie 24, 2011

    Hi Honey, I’m Home!
    What’s for Dinner?

  16. Beestepote, skoongekrap,
    Die lekkerste kossies in die land…

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.