by

Ek weet nie wat aangaan nie.

Januarie 9, 2011 in Sonder kategorie

Ek wil ook nie weet nie.

Dit verstom my dat volwasse mense so vernynig teenoor mekaar kan optree.

Dat volwasse mense vendettas op ander op ‘n openbare forum bevorder.

Dat ander olie op die vuur gooi…

terwyl sommige ander water by die olie voeg…

en ander komberse te smoring aandra…

en ander skakel die noodnommer en hardloop tot weg tot op ‘n veilige afstand…

ander het met oogklappe gaan slaap…en gewis van niks.

…ek wil net weet hoe de moer kry grootmense dit reg om so te kere te gaan…maar dan, dis nie eintlik vreemd nie…Cope het mos anner dag vir ons gewys hoe!

Een ding weet ek, dit is nie nodig nie…dit lei tot verdeeldheid…dan tot uitsondering, dan tot afsondering…die ou-ou manier van war-games speel…en dan wen niemand nie.

6 antwoorde op Ek weet nie wat aangaan nie.

  1. VozSola het gesê op Januarie 9, 2011

    Ek verkies ‘n toulose poppekas, Dankie.

  2. VozSola het gesê op Januarie 9, 2011

    so, dan kan jy mos ophou toutjies trek, of hoe?
    oor en uit.

  3. Ek wens net een kaalgat kabouer wil sy/haar ry kry dat die algemene atmosfeer van die blog weer aangenaam kan word

  4. VozSola het gesê op Januarie 9, 2011

    net bietjie vrede…dis al.

  5. Party mense ontgroei blykbaar nooit die kinderkak stadium nie.

  6. Jip !

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.