Lie[space]de
Januarie 25, 2011 in Sonder kategorie
Lie[space]de
Die tikmasjien het gelieg
en al die woorde omgedraai
wie sou dan kon dink
dat ‘v’ se langer sussie
steeds met [space] sou trou
sonder om ook ‘d & e’ te vertrou?
Januarie 25, 2011 in Sonder kategorie
Lie[space]de
Die tikmasjien het gelieg
en al die woorde omgedraai
wie sou dan kon dink
dat ‘v’ se langer sussie
steeds met [space] sou trou
sonder om ook ‘d & e’ te vertrou?
Januarie 24, 2011 in Sonder kategorie
My Blog naam: Voz = Voice/Stem EN Sola = Single/Aleenlik
Hoekom? – Want dit is hoe blogland werk…’n stem aleen of aleen stem as jy so daarna wil kyk.
My Blog Titel: Veselglas & Plastic…bend it, shape it…dit is veranderlik…
My Avatar: Niks te doen met ‘n voice recording nie…die wat ken sal weet dit is Windows se CPU indicator…need I say more?
Terug na die hede…
Ek is vanmiddag uiteindelik ge-unplug en huis toe laat gaan…die tweede keer. Hopelik is dit nou die einde van die eina, kners van tande, trane van pyn en van verligting. Einde van storie. Weet net…daar is net twee soorte seer wat mens liggaamlik kan ondervind…hierdie pyn en daardie pyn. Enige iemand wat jou anders vertel…well, ek dink hulle jok, weet nie, of wil nie onthou nie.
Anyways, Ek’s terug en sal nog so stadig maar seker opvang met wat ek gemis het. (ag, sal iemand my tog asb inlig waar om wat te gaan lees…)
Intussen voel ek nog bietjie blouerig en broos…so, moet asb nie met my lelik wees nie!
Dankie vir my blog vriende wie sms en e-mails gestuur het. Ek waardeer dit opreg.
Januarie 17, 2011 in Sonder kategorie
Okay, vanoggend se inskrywing was dalk effens blou…seker oor al die dink…so asof iets gaan vergeet.
Dis amper net soos om op vakansie te gaan. Maak nie saak hoeveel lysies se denke van onthou jy neerpen nie, die grootste vergeet se onthou kom as jy presies 20km op die highway is…met geen u-turm geleendheid vir nog 40km nie…dan eers begin die vakansie…wie blameer wie…tot jy terug kom en die vergete item in die garage vind.
Nou om op ’n beplande hospitaal besoek te gaan, is nou regtig nie moeilik nie. Badkamer goeters, jamies, ipod, ’n boek of twee. Eenvoudig.
Maar dis die “wat by die huis” gedoen moet word wat ’n droom kan korter maak met ’n verdwaalde nagmerrie wat plek soek om nes te skop. maar ook vir die terugkeer wanneer jy weet jy sal vir ’n week of twee teen minder as halwe kapastiteit kan funksioneer, wat die probleem is.
Klere is gewas en gestryk. Huis is aan die kant. Skottelgoed gewas. Honde het kos. My nuwe kamer vir twee weke staan reg… Ek het nou al wat ’n tydskrif is gekoop (Ek doen nie tydskrifte nie) Ek het reeds ’n blik of twee voedselaanvullings, health snacks, bottles water met cordials (drink nie skoon water nie) ens. ens.
Hoe beplan mens iets vir twee mense wat die gegewe talent het om selfs two minute noodles soos waterige mash potatoes te laat lyk! (wou ’n ander meer beskrywende woord gebruik het!)
Ek is seker hulle gaan lekker weglê aan al die brands van take-aways wat daar is. Goed so, want hulle weet hoe om take-aways warm te microwave…
…maar wat van my?
Ek het niemand anders as juiste hiedie twee undercover angels om na my om te sien nie…
Is daar nog iets waaraan ek moet dink? Ek het nog net môre om voor te berei voor ek Woensdag hospitaal toe gaan en sal seker eers Saterdag of Sondag ontslaan word.
En ja, ek begin nou benoud en bang raak…
Januarie 17, 2011 in Sonder kategorie
Drup-drup-reën
vul die siel se
reënmeter tot oorlopens toe…
die swaar grys hemel
bedek die broosheid
met ’n kombers
van kwesbaarheid.
My gees loop oor…
verspoelde gedagtes
loop immers altyd
in eensaamheid.
Januarie 13, 2011 in Sonder kategorie
Is altyd so maklik om deur ander raakgesien te word. Daar word vinnig oordeel gefel. Daar word oor die inperfeksie geskinder. Ongeag wat dit ook al mag wees. A bad hairday, modeflop, slegte gewoontes, Swak maniere of dalk ’n immorele daad…swak oordeel of ’n blote misverstand en so meer. Skewe vere word selde uit ander se gedagtes verwyder.
Wat ek gister ondervind het, was geheel die teenoorgestelde. Daar is altyd ’n perfekte veer in ’n skewe vlerk. Dit is so jammer dat ons dit nie ook in ander kan raaksien nie.
Ek het dit gister beleef en is oneindig dankbaar vir wat ek uit hierdie persoon se verhaal geleer het. Onder elke krippel vlerk skuil daar die mooiste donsvere.
.
Januarie 12, 2011 in Sonder kategorie
Ek het in 1989 ‘n double LP present gekry. Een track het my lewe verander. Vir ewig. Ek het lank gesoek na
’n digitale weergawe van die track.
En skielik, vandag…is dit hier voor my!
Hierdie woorde het my lewe verander…en dit is sowaar ’n code to live by.
Ek deel dit graag met mense wat dit opreg sal verstaan.
Januarie 11, 2011 in Sonder kategorie
As die stille nag skree en
woorde stemloos druppend
die wonder van oningekleurde
gedagtes ‘n wit doek gee
waar gewetes onverskillig met rooi kan speel
Januarie 10, 2011 in Sonder kategorie
Het maar min verander…
Dieselfde ou loop nog op dieselfde tyd sy hond…
Dieselfde koerant ou staan nog op dieselfde hoek…
Dieselfde potholes is nog steeds daar, net wyer en dieper…
Dieselfde werk lê steeds en wag…
…ten minste proe die koffie beter…
…flip, ek wonder wat ek dan nou eintlik verwag het sou verander?
ai, ek’s ôk maar lekka stupid, nê!
Januarie 9, 2011 in Sonder kategorie
Ek wil ook nie weet nie.
Dit verstom my dat volwasse mense so vernynig teenoor mekaar kan optree.
Dat volwasse mense vendettas op ander op ‘n openbare forum bevorder.
Dat ander olie op die vuur gooi…
terwyl sommige ander water by die olie voeg…
en ander komberse te smoring aandra…
en ander skakel die noodnommer en hardloop tot weg tot op ‘n veilige afstand…
ander het met oogklappe gaan slaap…en gewis van niks.
…ek wil net weet hoe de moer kry grootmense dit reg om so te kere te gaan…maar dan, dis nie eintlik vreemd nie…Cope het mos anner dag vir ons gewys hoe!
Een ding weet ek, dit is nie nodig nie…dit lei tot verdeeldheid…dan tot uitsondering, dan tot afsondering…die ou-ou manier van war-games speel…en dan wen niemand nie.
Onlangse kommentare