Om tuis te kom.
Desember 27, 2010 in Sonder kategorie
Om twee jaar te wag vir verskeie omstandighede om vir ‘n slag in harmonie op dieselfde tyd in dieselfde rigting te trek is sowaar ‘n lang tyd.
Maar uiteindelik het dit so uitgewerk dat ons weereens môre middag die N4 pad na die ooste aandurf…hierdie keer draai ons by Machado af, ry Badplaas net-net mis en neem die bergpas na onder…Barberton.
Ek kan al my Ma se kombuis ruik. Skaapboud in die oond. Die lekkerruik badkamer en snoesige bed. My Pa se aftershave. Lekker giggel oor ‘n Wimpy koffie. Lang-ou-stories van my Pa se jongdae.
Laeveld lug in asem. Paragliders met die verkyker dophou. Deur die ou dorp te stap. Miskien ‘n ou bekende of twee raakloop.
Kleinding my ou laer en hoërskool gaan wys. Ons ou speelplekke en as dit veilig genoeg is, die tonnel gaan wys. Die twee spookhuise. (een waarin ons gebly het)
My menswees fondasies lê steeds in Barberton.
Dit sal altyd ‘home’ wees.
TS het gesê op Desember 27, 2010
Ai die is lekker. Geniet dit!
daancoetzee het gesê op Desember 27, 2010
Geniet dit, ook weer amper tyd vir my om daardie voetspore te gaan loop.
loudavisi het gesê op Desember 27, 2010
dis soos ek oor Worcester gevoel het. As ek eers die berg gesien het, was dit soos huis. Nou voel ek anders….dink ek is nou ‘n Namakwalanner.
Geniet die wegkom!
VozSola het gesê op Desember 27, 2010
Ai, is dit nie lekker om weer tuis te wees nie…al is dit net meestal in gedagte?
(dankie…ek gaan)
Annelie Bronkhorst ge het gesê op Maart 31, 2016
Hello,
Kan jy seblief vi my jou adres verskaf waar julle in Barberton gebly ht?
Ons is n groepir dames wat di geskiedenis van dai huis wil naspoor vir di rede hoekom hulle nog daar vas gevang is.
Geen ukulte, heksert of satanisme word be-oefen nie.
VozSola het gesê op Desember 27, 2010
Hola,
hoop jy laat ook duidelike voetspore agter vir die wat dalk wil volg.
VozSola het gesê op Desember 27, 2010
Dankie, ek hoop ook so…
VozSola het gesê op Desember 27, 2010
Ek gaan, ek gaan…
Dankie!
Doubtingthomas het gesê op Desember 28, 2010
Julle sal Dullstroom seker ‘n “skip” gee?
🙂