by

To Whom It May Concern:

Desember 1, 2010 in Sonder kategorie

 

 

 

Geagte Leser,

 

Hiermee, aanvaar asseblief my, VozSola a.k.a Sue, se bedanking as grootmens vir vandag, 01 Desember 2010.

 

Dankie vir die tyd wat ek as volwassene in hierdie gemeenskap kon spandeer. Dit spyt my om so openlik te erken dat ek nie volwaardig volwasse genoeg blyk te wees vir die rol nie.

 

Ek blameer niemand vir die swak opleiding en die redes hoekom ek nie met ’n opleidings-handleiding voorsien is nie. Daar is ook geen opvolg materiaal beskikbaar vir die voortdurende veranderinge in die antwoorde wat reeds geleer of bepaal is nie.

 

My kwalifikasies en insig as mens maak dit nie moontlik vir my om tans verder as tienerskap te vorder nie. Ek het regtig my hart en siel in grootmens wees en grootmens drome gestort…

 

maar helaas, die wedywer tussen mense in hierdie rol het my gefaal…soos ek in myself.

 

Wees gegroet…vir vandag.

 

Die uwe,

 

Ek.

14 antwoorde op To Whom It May Concern:

  1. zephur het gesê op Desember 1, 2010

    Ja grootmens wêreld is ‘n rowwe plek

    Kind wees is so meer rustiger

  2. TS het gesê op Desember 1, 2010

    hehehe jy wag net tot voor ‘n vakansie om die tienerskap te aanvaar. Baie slim – jy kan dus nie hoor of sien of enigiets aanwend vir iets met verantwoordelikheid nie.

  3. VozSola het gesê op Desember 1, 2010

    en daai lekker siekwees virus ‘bunkelitus’ help darem op dae soos die…

  4. VozSola het gesê op Desember 1, 2010

    ai, hoe dom was ons nie!

  5. VozSola het gesê op Desember 1, 2010

    Natuurlik is dit hoe dit werk!! (Dit moet net!)

  6. VozSola het gesê op Desember 1, 2010

    Ai, ai…dit was heerlik!
    Dankie…
    en weereens dankie…sal jou vanmiddag laat weet.

  7. VozSola het gesê op Desember 1, 2010

    net as jy vir ook ‘n prentjie maak?
    🙂 en jou venster afrol!

  8. VozSola het gesê op Desember 1, 2010

    ekke wil ‘n boomfeetjie hê!!!!

    ps. ek ry ook met my venster toe, want my exhaust raas en dit maak my skaam, as ek dit nie kan hoor nie, dan kan ek nie skaam word nie!
    🙂

  9. bloukaap het gesê op Desember 1, 2010

    que?

  10. Jou bedanking word nie aanvaar nie.
    🙂

  11. VozSola het gesê op Desember 2, 2010

    nes ek gesê het…

  12. VozSola het gesê op Desember 2, 2010

    overrated and under-appreciated..

  13. VozSola het gesê op Desember 2, 2010

    sjoe, okay…uhmmm…enige voorstelle dan? Wat van ‘n gedrukte handleiding…”grootmens wees vir Dummies – without the common sense?”

  14. zephur het gesê op Desember 3, 2010

    Dis Vrydag…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.