Is maar net ‘n ander omskrywing vir “ag, I’m pleased to please you”
Hierdie mense is oop vir gebruik (met liefde) en misbruik uit weerwraak teen ‘n skuldige gewete wat gewoonlik alles bederf. Hulle is sodoende lafaards en lieg gedurig vir hulself – soos ‘n geestelike pacifier. So karring hulle voort tot iemand eendag hulle dummy opsetlik wegsteek, net om so nou en dan hulle te hoor skree.
‘n Pacifier wat skielik sy suigaksie verloor – en ek dink dis soms nodig dat mense so nou en dan kan hoor dat hierdie mense ook ‘n stem het, een wat ook ‘n geluid wil maak…
Ken jy sulke mense?
Ek is moeg gevra oor al die hoekom’s en waarom’s. Moeg om nie verstaan te word nie, moeg om nie te verstaan nie. Moeg omdat niemand die antwoorde het nie. Meer moeg omdat daar antwoorde ronddwaal sonder vrae.
Moeg om te sien hoe mense afgunstelik ander oordeel en veroordeel, vir wie en wat hulle in eie reg is.
Moeg om te lees van talle en talle miskraam en aborsie oorblyfsels wat in asblikke gevind word.
Moeg om te lees oor omkoop en korrupsie (weet jy hoe eenvoudig en maklik dit is om honderde duisende rande se transaksies in eie gewin te beklink! – So maklik dat dit scary is!)
Moeg om te lees oor simple pie-diefstal kinders wat verhoor afwagtend is, vir maande…terwyl moord en verkragting laaste op die rol is, terwyl tien keer meer en vinnger en teen super-kostes aan korrupsie sake spandeer word.
Hel, geen wonder veilige kinders eet eerder space-cakes op hul 14de verjaardag partytjie nie…en sluk dit af met hul pa se scotch nie, en ander ry rond in Hummers en Porches.
Moeg om te sien hoe Beeld se online weer en News24 se weer verskil. Dis ‘n openbare klugsverskil soos tussen die koerante oor dieselfde onderwerp. Net soos die lieg-vir-lieg-net-om-die-parliament-se-hoek…soos skelm rook waar almal die vuur kan sien brand.
Diegene met warm hande het koue harte…en koue hande uitwerpsels op die uithoeke van die lewe, is diegene met warm harte…
Moeg om te vra hoekom goeie dinge met minder goeie mense gebeur, en slegte dinge met die res?
Moeg om te dink wat meer is daar tot hierdie bestaan. Dit is uiters onmoonlik om te dink en te wil aanvaar dat ons bloot gebore word, sing or suffer, en doodgaan. That’s it? Moeg om te vra, wys my wat meer is daar?
Moeg om ‘n vrye siel tot tyd en plek in ‘n liggaam gebonde te hou, omdat omstandighede dit nie toelaat om anders te wees nie en omdat dit is hoe dit is!
Moeg om te wil aanvaar dat almal sê; jy het altyd ‘n keuse…terwyl ek weet dat dit nie regtig waar is nie, want soms is die keuse juis die onkeuse van keuses self.
Moeg om voor te gee…want dit is hoe ander jou wil ervaar. Moeg om shapeless in ‘n blik gedruk te word…ons almal was geblik met geboorte…want dit is ons ouers se werk. Shape them…until you break them…so nie, behou ons die motto van, fake it until you make it… How utterly stupid?
Moeg om stil te bly…net om nie stil gemaak te word nie. Stil om konflik te vermy. Bek hou of vir die gek hou!
Ek is kwaad omdat ek nie vandag gesê het wat ek wou nie. Nie gedoen het wat ek kon nie.
Moeg om te weet, al sou ek dinge sê en doen, dat dit bloot net geen damn difference in hierdie wêreld sou maak nie.
Nee, vandag was ek die maand se super suigstokkie op special en ‘n lafaard deluxe.
Dit is so.
En dit is al.
Onlangse kommentare