Gister se vandag maak van eergister ’n droom
November 30, 2010 in Sonder kategorie
Om in gister se kop te klim en die sleutel van binne soos Briekaandraai se vastrap
onder die balk wegsteek, en stof weer voor jou deur kom lê. Die huis se kykers het
met een oog jou beloer terwyl die ander nog by gister sloer, ‘wyle niksheid
tussen skoorsteenroet volle dust bunnies soos orbs in son wil dans…tot dan bly
gister net so waar.
Dis al wat ek vandag te sê het.
zephur het gesê op November 30, 2010
Toe sien ek dadelik die ad van ABSA voor my oë…
Gister Vandag Altyd saam
TS het gesê op November 30, 2010
Hiervan verstaan ek net mooi niks
VozSola het gesê op November 30, 2010
Jy sien te veel?
🙂
VozSola het gesê op November 30, 2010
Jy hoef nie.
Meestal verstaan ek self niks van niks nie.