by

Donderweer mense

November 28, 2010 in Sonder kategorie

Ken jy ook sulke mense? Daai wat broei en broei en dan draai en terugdraai en dan skielik uit die bloute met blitse en donder oor jou kom reën? Snaaks genoeg, moes jy dit verwag het, want die weerberug het tog mos 20% kans op verspreide buie voorspel…tog voel dit of dit eerder die 80% van geen kans, spesiaal vir jou oorgehou het.

So lees ek toevallig die volgende vanoggend raak terwyl ek skuil-skuil van kamer tot stoep onder ‘n broeiende storm probeer uitvlug.

“Have you ever felt bad or depressed for no apparent reason, almost as if affected by the weather of wind? … but it is now believed that mood changes are caused by changes in the ions during storms.” …ions are individual atoms that have either lost of gained an electron. Positive ions are the ones that make us feel bad, as they are ions that have lost electrons, while negative ions make us feel good. “ Scotly Valadao – Animal Talk magazine – December edition

 

Toe die vreemde storm sy eerste blits in my rigting slaan, vlug ek uit die omgewing. Ek was nog maar altyd bang vir swaar weer.

Ry vir ‘n wyle rond, verby daardie ‘ag voel jammer vir my kinders’ by die verkeersligte. Maar toe hy wou vra en sien my trane is meer eg as syne, seg hy; “sorry miesies” en loop verby.

Met ‘n paar koppie koffies, onder die sinkdak (want die weer broei en wolke raak donker en ek gaan dan liewers nie onder my boom sit nie – bang vir weerlig) en raak verlore in;

“Slegs die onmisbare is voorhande _ ‘n tafel, ‘n paar stoele, bedde, ‘n rusbank en wakiste, waarin die beste klere en kosbaarhede gehou word. Klere is uiters eenvoudig. Leer word self gelooi en skoene hieruit vervaardig. Die voedsel is volop, maar eentonig. Vleis, met brood, stampmielies en melk is die stapelspyse. Groente word selde gebruik, maar die nasionale drank, koffie, daarenteen die hele dag deur geniet.”

 

“Elkeen van die oorspronklike emigrante kry twee plase, later aankomelinge een plaas vry. Die grense van plase word vasgestel deur vier uur te perd op ‘n vinnige stap in ‘n vierkant te ry _ ‘n subjektiewe grondslaf wat tot oneindig veel buretwis lei. So ‘n plaas het ‘n omvang van ongeveer 3,000 morge…”

 

“Reeds in 1855 stel die Volksraad ‘n bedrag van £50 beskikbaar vir die bou van ‘n pad van Harrismith tot aan die Drakensberg.   …Daar die vebetering van die verkeersweë hoofsaaklik tot voordeel van die Natalse handelaars strek, beskou die regering van die Vrystaat dit billik om hulle met instandhouding van die weë te belas. Belastings word op die gebruik van die ponte gehef en tolhuise word op geskikte plekke opgerig. In die begin was die gelde hoog en willekeurig, maar met verloop van tyd is vaste tariewe ingestel…”

Uit: Geskiedenis van Suid-Afrika (Deel II) Tweede druk – 1955

 

Daar sit ek en wonder, wie op dees aarde ons skuldig moet bevind aan die ideologie van tolpaaie, as ‘n stowwerige wapad in 1855 reeds daaruit munt gelsaan het. Die Vrystaaters natuurlik!!

Dan ook moet jy nou ten duurste betaal vir ‘Your acre of Africa” in die wildtuin, en nog twee arms en bene vir een om jouse huisie te bou, nervermind ‘n perd aan te hou, – een wat nie vier ure mag harloop in ‘n vierkant wat jou plaas afmerk nie, maar eerder ‘n poedelhond wat vier by vier meter heen en weer voor jou heining tevrede moet wees.

So met die denke en prentjies van die verlede, sien ek die wolk het my gevolg. Ek probeer hard om met ‘n grappie of twee die lug te suiwer, maar die wolk skiet steeds blitse in my rigting. En belsuit dan om huiswaarts te keer.

Ek ry met ‘n petrol liggie en genade terug in Atterbury, tot by my petrol stasie (creature of habit, gaan staan eerder as om by enige ander garage petrol in te gooi) – Maar R34.28 en hulle pompe is droog. Mmm…dis die onweer in die lug.

Ry maar gou om ‘n paar dingetjies by die Spar te koop. Kom terug by die huis. Die weer draai alweer. Die wind waai en ek gaan slaap. Slaap maak alles vir ‘n wyle stil. Toe ek wakker word is dit steeds bewolk, maar die storm het genadelik aanbeweeg.

Ek vind dit so moeilik om donderweer mense te konfronteer. Dis amper soos om onder die hoogste boom gedurende ‘n storm te gaan staan…en hoop jy word nie getref nie.

Ek vlug of gaan slaap eerder. Ek is nie een vir “face your demons” gedurende ‘n storm nie…hulle sê dan juis bly weg van spieëls gedurende ‘n storm. Miskien slaan weerlig wel twee keer in sy eie refleksie?

8 antwoorde op Donderweer mense

  1. VozSola het gesê op November 28, 2010

    maw…ek was reg om my eerder uit die voete te maak??

  2. TS het gesê op November 28, 2010

    el is half onrustig…

  3. VozSola het gesê op November 29, 2010

    moenie wees nie.

  4. VozSola het gesê op November 29, 2010

    Join the club!

  5. VozSola het gesê op November 29, 2010

    Ditto, my vriend, ditto!

  6. VozSola het gesê op November 29, 2010

    Dankie vir die deel en dankie vir die verstaan!

  7. vyftig pond !

  8. VozSola het gesê op November 30, 2010

    ‘n hele vyftig pond…!
    Eintlik het maar bitter min dinge verander. (Al wil ons so graag anders glo)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.