by

Sielsonde

November 27, 2010 in Sonder kategorie

 

Litnet se godsdiens debat ken geen einde. Woorde is soms magtig, soms weer so onmagtig as dit by onderwerpe soos aborsies kom. Woorde, het ek altyd gedink, is een van die magtigste dinge wat die mens ontwerp het. Dit kan moord pleeg, seer maak, bly maak en beloftes maak.

 

Maar vandag is ek sad om te erken…woorde is soms onvanpas in situasies. Woorde kan soms nie alles sê nie. Daar is ook nie genoegsame woorde om sekere emosies verbaal te verklaar nie. Veral nie op iets so ‘onpersoonlik’ soos blogs nie. (al wil meeste van ons dalk anders glo) Vandag mag ek dalk nie regte woordkeuses gemaak het nie. Vandag het ek dalk nie eers woorde om te sê wat ek wil nie.

 

Ek wil graag ‘n woord fluister oor die geboorte van godsdiens in jou brein. Hierdie debat gaan nou al ‘n week of twee al in die ronte.

 

Ek wonder nou wat maak die Christelike geloof so ‘ongelooflik’ wonderlik. Omdat dit een van die min gelowe is aan ‘n God wat nie letterlik sigbaar is nie. Dit opsigself is ongelooflik wonderlik om soveel geloof sonder werklike sigbare bewyse te dien nie. Lw. Ek sê dit uit die oogpunt van ‘n ongelowige soos iemand dit ander dag aan my genome het. Dit het my aan die dink gesit. Hoe meer ek probeer verduidelik het…hoe meer het ek my vasgeloop aan ‘sigbare bewyse’.

 

Behalwe vir die mensontwepte Christelike tekens soos die kruis, Maria, Jesus…is daar steeds teken of gesig van God nie.

 

Meeste ander gelowe dien sigbare gode, veral die Hindoes. Waar laat dit die Christene om te preek oor die aanbidding van gode? Is Maria ook nie maar ‘n mensgemaakte standbeeld van ‘n mens nie. Is Jesus ook nie maar net ‘n gesig van ‘n mens nie? So ook Krishna, Buddah en vele ander. Insluitend heilige diere soos koeie? Aanbid die Christene ook nie maar soos die ander waarteen hulle preek, ook maar net menslike gode nie?

 

Wat maak Christenskap dan vir ons tasbaar en aanvaarbaar? Geloof alleenlik? Miskien is dit dan juis die probleem waarop Christene teenoor mekaar staan, bou?

 

Net soos Satanisme en ander donker okultiese bewegings, maak hulle dinge vir hulle self tasbaar, en deur dit te doen, is bemagtiging en sien is glo. En glo my, hulle doen dit. Dit is ongelooflik, ‘believable’ en soos ander dag berig is, is daar ‘n groot te kort aan exorcists. As dit dan nie ‘real’ is nie, hoekom dan hierdie groot probleem om geeste uit te dryf?

 

Daar is letterlik honderde verskillende gelowe en bewegings, sommige van hulle donker en vreemd, sommige dieselfde, ander nie. Maar niemand van hulle baklei soveel onder medegelowiges soos Christene nie, vreemd genoeg, is die Afrikaners die hardste fighters van almal.

 

Ek hou my asem op vir ‘n geloofsoorlog. ‘n Derde wêreld oorlog… waar Christene skielik sal besef dat geloof alleen nie genoeg sal wees nie, maar gesamelike geloof eerder meer magtiger sal wees om die stryd te kan oorwin.

 

Maar steeds laat dit my wonder. As mense ‘n gesig aan Maria kon gee, aan Jesus kon gee, hoekom het niemand nog nie ‘n gesig aan God gegee nie? Uit respek? Uit vrees?

 

Hoe lyk God vir jou?

Ek verklaar myself nou woordloos gestrem. 

 

 

2 antwoorde op Sielsonde

  1. Dis “in the eye of the beholder,” dink ek. Maar dan is ek nie die “run of the mill” godsdienstige persoon nie.
    Want ek probeer om nie toe te laat dat enige ideologie/georganiseerde godsdiens my weer sal manipuleer nie.
    Was jy gister by die markie? Ek moet weer ons worsvoorraad kom aanvul en gemmerbier koop.
    🙂

  2. VozSola het gesê op November 28, 2010

    Ek’s met jou.

    Jip, soos altyd. Sien julle Saterdag.

Los ’n antwoord vir Doubtingthomas. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.