Toegooidoekies.
November 26, 2010 in Sonder kategorie
Ek het lank gesoek na ’n beskrywende woord vir die ongelooflike vôkaapies wat met ons land en die wêreld aan die gebeur is.
Ons hanteer elke ding deesdae soos ’n borsvoedende moeder. As jy diskreet jou aksies onder die toegooidoekie doen, gaap almal jou aan en sê dis nie reg om so iets in die publiek te doen nie – dis offensive.
Aan die ander kant, loop die res van bushalte tot ’n ander stop en borsvoed met lekkende tepels en almal dink dis okay…maar trek hulle neuse op vir die spoegdoek op die skouer.
Ek dink dis is hoogtyd dat die regering en wêreldleiers hulle eie nappies change en dat die grootvaders na benede sal daal om hulle se neulende winde uit te vrywe…
Want hierdie ge-burp op die nuusblaaie is regtig ’n verleendheid vir kinders (jeug) wat reeds aanvaar het dat hul ouers (leiers) geen maniere het nie.
Sies vir jou, Suid Afrika.
TS het gesê op November 26, 2010
net so
louisna het gesê op November 26, 2010
Wat my die creeps gee is die blaasleegmakers langs die straat. Ek mag dit nie eers in my tuin agter mure doen nie.
Doubtingthomas het gesê op November 27, 2010
Ja jir, this is Africa….
kerneelsie het gesê op November 27, 2010
Ek en ‘n vriend het eergister ‘n soortgelyke gesprek gehad. Dis hartseer.
HeavyHenry het gesê op November 27, 2010
Ag Ouboet – jy moenie dit so sleg opvat nie – na alles – dis ‘n ou wat vir almal dit wys wat hy beste kan doen!
Sights of Africa!
🙂
louisna het gesê op November 27, 2010
Ook weer waar. Thanks, ek sal volgende keer in hierdie konteks daaraan dink en probeer kalm bly.
HeavyHenry het gesê op November 27, 2010
Dis partykeer donners moeilik – daar is so ‘n moerse verskil in denke!
louisna het gesê op November 27, 2010
Niks in Afrika is donners maklik nie lyk dit my, veral uit ons bril.
HeavyHenry het gesê op November 27, 2010
Yip!
VozSola het gesê op November 27, 2010
Vreeslik sad, indeed.
Ps. Welkom op myse blokkie.
VozSola het gesê op November 27, 2010
jip, en jouse koffie is alweer koud…
VozSola het gesê op November 27, 2010
double ditto.