by

Die drie-been-spinnekop

November 23, 2010 in Sonder kategorie

Die invasion van hierdie spinnekop is geheel en al bestand teen enige denkbare manier van uitwissing. Waar hulle voorheen net in super-blink hoë geboue voorgekom het, is dit nou so uitgebrei dat dit selfs in gratis parker areas voorkom.

1)Waar kom hierdie spinnekoppe vandaan?

– Hulle het hul ontstaan so saam met die mens gehad. Een van die oudste soort gediertes wat tussen en saam met alle mense lewe.

2) Hoe lyk hulle?

– Onmiskenbaar soos ‘n spinnekop. Maar met drie bene. Hulle kry duisende kleintjies per dag…skrikwekkende spoed hoe hulle oornag kan aanteel.

3) Is hulle giftig?

– Vir die normale voortbestaan van die ‘lewe’ soos ons dit ken, is dit uiters giftig.

4) Kom dit net in SA voor?

– Nee, hulle kom wêreldwyd voor. Maar het die afgelope twintig jaar goed gevestig in Suid-Afrika en vermeenigvuldig teen ‘n duisterse spoed.

5) Hoe raak mens van hulle ontslae?

– Kennis, Insig en ware feite.

6) Is daar enige spesialiste om hulle te verwyder?
– Tans? Nee, die spesialiste is nie immune as hulle per ongeluk gebyt word nie. Die infeksie is uiters aansteeklik.

7) Wat moet jy liefs nie doen as jy op jy afkom nie?

– Vir mense vertel waar hulle wegkruip nie.

8) Wat moet jy doen as jy per ongeluk op so ‘n nes afkom?

– Stil-stil omdraai en net wegloop.

9) Watter emosionele skade het vrees vir hierdie spinnekoppe op ‘n mens?

– Slaaplose nagte. Angstige dae. Mistrust in mense. Afsondering. Oor die skouer loer bangheid.

10)Watter fisiese skade kan hierdie spinnekoppe aan mens aanrig?

– Dit kan jou dood veroorsaak.

Drie-been-Spinnekop

Been Een:           Mag

Been Twee:        Geld

Been Drie:           Oneerlikheid

Ek het vandag op ‘n hele paar afgekom…en as ek iets sou sê; sal nommer 9 & 10 ook vir my ‘n werklikheid word.

Dit is ongelooflik, skrikwekkend en vreeslik maklik om gebyt en aangesteek te word. Ons is net te dom om te sien hoe infected selfs die skoonste huise deesdae is. Ek is skaam en bitter bang om te sê ek weet van ‘n hele paar broeiplekke…maar is gelukkig moreel daarteen beskerm.

Hierdie spinnekop word in koerante en op die nuus as “korrupsie en bedrog” verwys.

8 antwoorde op Die drie-been-spinnekop

  1. Enemy of the State! Hakloop sussie hakloop.

  2. VozSola het gesê op November 23, 2010

    nou word jy ook vervolg! (gevolg, of agtervolg?)

    (don’t name me)

  3. VozSola het gesê op November 23, 2010

    eish, thanks.

  4. van 1-been tot 10-been spinnekoppe vermoer ek voetstoots
    Hierdie een klink uiters potent

  5. louisna het gesê op November 23, 2010

    Welcome to Africa.

  6. Ja dan loop die spinnekop nog onder ‘n skuilnaam rond…

  7. zephur het gesê op November 26, 2010

    Hoop jou Vrydag is spinnekoploos…geniet die naweek se rus

  8. 1924 hawaii drinking behind the glass

Los ’n antwoord vir zephur. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.