by

Tussen tameletjie en ‘n toffie appel…

November 13, 2010 in Sonder kategorie

…klink net effens beter as tussen die boom en die bas…of onder die klip, maar ‘n taai situasie is dit gewis.

Om blatant aan ‘n onkennende alkholis te sê hy’t ‘n probleem, laat hom nog net meer drink om aan homself te bewys hy kan dit hanteer en het nie ‘n probleem nie. Dieselfde geld natuurlik vir enige ander soort van verslawing…tot hulle dit eendag self besef en hulp kry, is dit maar ‘n verlore stryd, nie net vir diegene wat verslaaf is nie, maar ook al diegene wat na aan hulle staan.

Ek dink integrated woede is ook so ‘n tipe van verslawing. Nou vra ek, hoe help mens iemand met ‘n woede verslawing om te besef hulle het ‘n probleem, sonder om hulle in woede te laat, en vir hulle die nodige hulp te kry? Woede maak seer en vernieting mense verhoudings. Hoe kan ek hierdie persoon help, sonder om die slegste daarvan af te kom, want ek het geen emosionele barrier of buffer teen ‘n ander se woede nie.

9 antwoorde op Tussen tameletjie en ‘n toffie appel…

  1. Ek dink hoe ‘n mens met sekere mense praat, raak ook ‘n gewoonte en dis moeilik om af te leer – soos verslawing.
    Mens kry woede pille om sulke mense te kalmeer…kamma sal seker hier kan help.

  2. VozSola het gesê op November 13, 2010

    Hey daar,
    Dis juis die probleem…sulke mense besef en dink mos nie dat hulle ‘n probleem het nie.

  3. VozSola het gesê op November 13, 2010

    mmm…ek dink nie hierdie persoon gaan bloot ‘n pilletjie sluk omdat iemand anders so sê nie…en sal mos nie dokter toe gaan as hulle nie dink hulle het nodig om te gaan nie.
    Op die eerste deel van jou antwoord, sal ek bietjie oor moet dink.

  4. jannel1 het gesê op November 14, 2010

    Bliksem hom! Dit werk hier in die Vrystaat!

    Nee ek weet nie, mense begin maar self al hoe meer uit so ‘n persoon se pad bly todat hy naderhand heeltemal geisoleer is. Miskien kom hy dan reg.

  5. VozSola het gesê op November 15, 2010

    lol!! Sjoe, lyk my nie julle klomp vat nonsens nie!

    Ja-nee… isolasie is nie juis ‘n oplossing nie, as dit net een persoon was, sou dit maklik wees, maar ek sukkel met drie van hulle.

  6. VozSola het gesê op November 15, 2010

    Ek hoor jou…hard en duidelik.

  7. VozSola het gesê op November 15, 2010

    !!x2

  8. zephur het gesê op November 15, 2010

    ‘n Probleem lyk anders uit verskillende oë veral die persoon wat probleem het se oë

    Ek laaik Jan se oplossing

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.