Jy blaai in die argief vir 2010 Oktober.

by VozSola

Flatervry

Oktober 4, 2010 in Sonder kategorie

 

 

As

die pen die woord versap

’n gees moet voed

verwelkte letters deur

my vingers glip

sal jy dan ook verstaan dat

gemengde bloed

soms saam met pen

en bladsy spoorsny waar

die waarheid loop

gedienstig

geduldig

gedwee

intussen bloue lyne

gebroke spore

’n sielskind plek-plek in vlug

op woorde van die wind

met letters ongebind

by VozSola

Ontasbaar

Oktober 4, 2010 in Sonder kategorie

Nog ‘n drukkie
teen armlengte
merk die afstand
met leë spasies,
spasies gevul
met net nog
leë spasies
tussen die afstand
van die emosie
en belusting
ontgroei
tot net nog
een leë spasie
van versugting

by VozSola

Klippe & Satyn

Oktober 3, 2010 in Sonder kategorie

Loop alweer met ‘n klippie in die skoen, dieselfde een wat jy nie so lank gelede doelloos rondgeskop en weggeskop het nie. Ek kon sweer die klip het ‘n wil van sy eie, soos ‘n rondloper kat wat weer en weer sy weg terugvind huistoe, in hierdie geval die veterlose skoen.

Hierdie keer kan ek nie die klip net wegskop nie. Ek kan dit nie in die dam gaan gooi nie. Ek kan dit nie eers verf en weggee nie. Hierdie klip is gemaak van eina. En eina maak hierdie klip wel.

Ek gaan dit vanaand in sagte satyn toedraai. Ek gaan dit met mooi lint strik. Ek gaan dit onder my kopkussing bêre en daaroor droom.

…en as dit môre weer in my skoen beland, sal dit dalk nie so seermaak nie…

Is dit wat soms van ons verwag word? Om ander se rondlê klippe op te tel en te koester soos daardie een spesiale skulpie op ‘n verlate strand? Om dit sagkuns te verpak…en dan met trots op die mantelpiece te plaas te uitstalling tussen ons sentimentele lewensfondse? Of dalk om daarmee te brag soos mense met hul letsels soms doen?

…Maar…klippe is stepping stones, klippe is boublokke van die lewe, klippe bou ook mure en klippe gooi soms dood…

…en satyn?

by VozSola

Skouerkussings & Skroewedraaiers

Oktober 1, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Dit is presies hierdie tyd van die jaar waar skouers al gaar geskuur is en van die skouer aan’t wiel sit, is dit nou net die sparks van die rims wat die laaste pylvlak verlig.

 

Laaste paar los skroewe word vir oulaas vasgedraai sodat die plastic Xmas boom tog net hierdie een jaar nie so skeef sal staan nie.

 

Dit is ook in hierdie tyd van die jaar waas skouerkussings deur ander nat betraan word en ‘’n skroewedraaier nie vir gestripte moere sal deug nie.

 

Supplies in die noodhulpkassie is maar net leë boksies van belowende verligting.


Die naaldwerkmandjie se gare is op en die naald is weg.

 

Die toolbox is uit die garage van regmaak-beloftes gesteel.

 

…en die braai tang het geroes aan die braai bly hang.

 

…êrens hoor ek…”ells, jingle bells…” al weer!

 

En dit laat jou hangende aan die jaargetal met die wonder of die lewe se weegskaal jou op die eerste January by die wanna-bee’s groep gaan inweeg, of by die has-been’s? Gelukkig het ek reeds ’n skouerkussing en skroewedraaier.