Tussen blou se drome – (II)
Oktober 25, 2010 in Sonder kategorie
Vleg vir my ’n storie
van ougoud geluk met
silwer strepe vol verlange
blink gestrik
onopgesmuk
Verf vir my ’n prentjie
’n Van Gogh in soveel woorde
klaar geskryf in kleur
sorgelose drome
wasigheid se heil behoud
Vang vir my ’n engel
wyd geseënde vlerke
delikate bloeisel blare
sagkuns dou se trane
met ’n glimlag te vervang
Vang vir my ’n droom
uit verledes nougeset
waar die sprankel nog so
blink ’n toekoms gaan belowe
vir al gister se oormôres
Verf vir my die donker
oor, waar skadus steeds bly wals
nie op noot van angs
se ritme – voetskuiwelend totaal
agterbaks, binne mure skuil
Vleg vir my vergifnis
waar dade net in denke
bly herinner oor die dinge
onverstaande heel gebede
ongedoen ook antwoord gee
©
TS het gesê op Oktober 25, 2010
…sug… ja…
VozSola het gesê op Oktober 25, 2010
ja-nee!
😉
VozSola het gesê op Oktober 25, 2010
Hey, Dankie Ghaap!
eiewys-gekkigheid het gesê op Oktober 25, 2010
Merkwaardig mooi!
DallaSePa het gesê op Oktober 25, 2010
Hey geluk … jy is op die ‘voorblad’!
bloukaap het gesê op Oktober 25, 2010
como siempre, impresionante!
zephur het gesê op Oktober 26, 2010
Sien dis hoekom jy nou op die Blogs wat Gons is…
VozSola het gesê op Oktober 26, 2010
Gracias por el cumplido
Te lo agradezco, como siempre
VozSola het gesê op Oktober 26, 2010
hey daar… sjoe…thanks Zepman!
VozSola het gesê op Oktober 26, 2010
;-)),
Dankie Pa-Flenters.
VozSola het gesê op Oktober 26, 2010
sien ek ook…darem ‘n skreeu-lelike kiekie van my daai…
:-))
Hola DsP!!
VozSola het gesê op Oktober 26, 2010
Baie dankie vir die saamlees!!
VozSola het gesê op Oktober 26, 2010
Met Dank ontvang, Mr samuhr.
(hoekom so skaars?)
shlwanjan het gesê op Oktober 28, 2010
Ongelooflik mooi!
VozSola het gesê op Oktober 28, 2010
DANKIE!!
En dankie vir inloer.