Reinventing the wheel?
Oktober 14, 2010 in Sonder kategorie
Jy huil nie hard nie.
Jy lag nie sag nie.
Jy kla waar niemand wil hoor nie.
Vra nie hulp van die wat luister nie.
Die lewe is ongenaakbaar hard.
Die gees ondenkbaar sag met ’n siel wat diep spore laat.
Ons droom deur die dag oor dit wat ons wil hê.
Vergeet die nagdrome oor wat ons reeds het.
Maar die wiel draai steeds.
Soms te vinnig om saam te ry.
Meestal te stadig vir die wat vinnig loop.
Onregverdigheid lê nie in die kondisie van die pad nie,
Maar in die werking van die wiel.
Gladde bande gly dalk moeiteloos oor die oppervlak –
Maar dit is in die stop – waar die meestal faal.
Dis geen wonder dat ek steeds kruip nie.
TS het gesê op Oktober 14, 2010
Laat my dink Dankie