by

Tussen blou se drome

Oktober 12, 2010 in Sonder kategorie

Vleg vir my ‘n storie

van ougoud geluk met

silwer strepe vol verlange

blink gestrik

onopgesmuk

Verf vir my ‘n prentjie

‘n Van Gogh in soveel woorde

klaar geskryf in kleure

sorgelose drome

wasigheid se heil behoud

Vang vir my ‘n engel

wyd geseënde vlerke

delikate bloeisel blare

sagkuns dou se trane

met ‘n glimlag te vervang

©

11 antwoorde op Tussen blou se drome

  1. TS het gesê op Oktober 12, 2010

    mooi…sug…

  2. wasigheid?

  3. VozSola het gesê op Oktober 12, 2010

    Dankie Meneer.

  4. ag is niks. ek sal’n koppie koffie as betaling aanvaar.

  5. VozSola het gesê op Oktober 12, 2010

    🙂 Jy’s goedkoop.
    Ketel het nou net gekook.

  6. VozSola het gesê op Oktober 12, 2010

    Baie dankie…
    “suggie”

  7. Goeiemôre!
    🙂

  8. bloukaap het gesê op Oktober 13, 2010

    ………in soveel woorde klaar geskryf in kleur sorgelose drome ……dit is nou wat ek sou beautiful noem. en mens sien en vloel dit. impresionante mujer!

  9. VozSola het gesê op Oktober 13, 2010

    Muchas gracias, señor.

  10. VozSola het gesê op Oktober 13, 2010

    Goeie Middag!
    😉

  11. VozSola het gesê op Oktober 13, 2010

    mooi prentjies lyk nie altyd dieselfde nie…kyk vanuit ‘n ander hoek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.