by

In die leesmandjie

Oktober 11, 2010 in Sonder kategorie

Mense is snaakse goed op beste van tye. Een van my gunsteling dinge om te doen, is om vir mense te kyk. Net soos mense dae lank in die wildtuin sal rondry om diere te ‘kyk’ – sal ek rustig êrens gaan sit en mense ‘kyk’. Ons is sowaar creatures van ’n ander aard.

Party mense lees so maklik soos ’n prentjie boek. Ander is so funny soos ’n comic book wat nooit oud word nie. Sommige se letters is soooo groot gedruk, jy kan hulle ’n myl vêr lees. Ander is gewoon in fynskrif, waarvan daar geen official standard font size beskikbaar is nie.

Party se boeke lees soos ’n wetboek se jargon. Sommige soos ‘’n digbundel, en ander soos die Huisgenoot agter die deur. Die meeste wil lees soos die Bybel – maar nie almal verstaan dit soos dit geskryf is nie.

Daar is mooi versierde boeke met leë bladsye. Ou boeke met omgekrulde opgelese bladsye. Boeke met missing blaaie. Boeke met delicate en geskeurde bladsye. Boeke sonder buiteblad.

Dan is daar lekker lees boeke. Sommer net boeke. Happy en sad boeke.

Maar elkeen het êrens ’n geparste blom as boekmerk. Al het die kleur vervaag, bly die bladsye met geur gemerk.

(ag ekskuusie tog vir die Anglikaans – letter-freeze)

14 antwoorde op In die leesmandjie

  1. zephur het gesê op Oktober 11, 2010

    Die boek in my…

  2. DeViL010 het gesê op Oktober 11, 2010

    Pragtig gestel….. ek hou ook van mense kyk.

  3. VozSola het gesê op Oktober 11, 2010

    in jou is Trompie!
    Karakter – Blikkies!

  4. VozSola het gesê op Oktober 11, 2010

    Dankie,
    dink jy mens kan dit ‘n hobby noem?

  5. Beslis Voz ek pars ook blommetjies in die boeke!

  6. VozSola het gesê op Oktober 11, 2010

    Cool!
    Ek het my Oupa se Bybel gekry en dit ruik soos oumense en Namakwaland!

  7. TS het gesê op Oktober 11, 2010

    ooooooo tyd… dit moet ‘n dik ingewikkelde boek wees… sug…
    Ek hou ook van mense kyk

  8. DeViL010 het gesê op Oktober 11, 2010

    Mensekyk as hobby……… ja ek glo ons mag dit maar ‘n hobby noem.

  9. VozSola het gesê op Oktober 11, 2010

    dink net, die lewe is soos ‘n secondhand boekwinkel…as jy klaar gelees het, klaar iets van die storie saam met jou geneem het, ruil jy die boek in vir die volgende. Sommige boeke bly op jou rak, sommige word weer aan ander geleen…

  10. VozSola het gesê op Oktober 11, 2010

    Jy ken ons dan beter as wat ons onself ken.
    Toe-toe, begin jy…ek lees meestal Horror boeke…en ken nie sulke mense op die blogs nie…
    Ek plaas jou idee terug op jou voorstoep.
    (Thanks MK!)

  11. Ek dink ek is ‘n outdated Atlas.

  12. VozSola het gesê op Oktober 11, 2010

    well seasoned traveller…?
    Ons reis almal nou en dan terug na plekke wat lankal verander het.

  13. dis mooi die boekmerk een. sal bietjie ietsie daaroor dink

  14. VozSola het gesê op Oktober 12, 2010

    mmm…ek weet sommer jy gaan ‘mooi’ dink!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.