by

Klein…baie klein…

Oktober 7, 2010 in Sonder kategorie

01h57 is die tyd wat die skerm op my foon aandui, toe die lig in die kamer aan geskakel word. Nie net die kamer lig nie, maar onse huis lyk soos die oase van eternal light source in die stikdonker nag. Halfpad deur die u-turn van my droom staar ek na die man in die kamer. Opgerolde sokkies in die hand bekruip hy die muur.

Ek weet ek droom nie, want ek het nog nooit hardop gelag in my droom nie. Teen hierdie tyd is almal wakker, honde ook, bure se honne ook sommer. Wou WTF vra, maar hy wys met vinger op die mond om niks te sê of te doen nie. Steeds kruip hy nader aan die muur. Gooi met ‘n harde hand daai bolletjie sokkies teen die muur.

Teen hierdie tyd kon ek nie anders om te lag nie…en toe…moes ek maar net sug met die besef, muskiet-hunting-season has officially been declared open!

En die ergste van alles, ek word geblameer vir daai muskiet. Dit is my skuld. Net omdat muskiete niks van my hou nie, veroorsaak ‘n overfeed aan die anderkant van die bed.

Haai shame, nê!

Het enige van julle raad – maar s’blief geen gif, spuite, sproeie, roompies of plug-in goeters nie. Al wat ek wil doen is slaap. Muskiete pla my nie. Maar hulle pla ander wat om die beurt my pla.

Ps. Dink julle slegs snorkende mense trek muskiete aan?

7 antwoorde op Klein…baie klein…

  1. DallaSePa het gesê op Oktober 7, 2010

    lol … nee, die f-kers byt en suig aan almal!

  2. Net die bleddie hongerstes tackle my.

  3. Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
    Van jou sal net ‘n bloedkol bly…..

    dink dit was AD Keet se skepping

  4. Ek het ‘n storietjie oor muskiete maar ek is skaam om dit oor te vertel…..
    🙂

  5. Gaasdraad skerms voor die vensters werk.

    En neuk hulle broeiplekke op.

  6. Skaam? Jy? Vir wat?

  7. zephur het gesê op Oktober 8, 2010

    Wat is erger muskiet of man wat snork…ek weet beide saam…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.