by

Goue ringe & Silwer lakens

Oktober 5, 2010 in Sonder kategorie

Ek het menige slagspreuke ingestuur na Litnet se aanvraag – want ek glo aan media vryheid want ek glo ek het die reg tot inligting.

Maar…

Wat ek nie wil weet nie is wat openbare/bekende mense tussen hulle goue ringe en wit lakens doen. Nog minder oor hul vuil wasgoed wat oor die bure se draad hang. Ook stel ek nie belang wie wat waar koop nie. Ek gee regtig ook nie ‘n moer om vir hulle se skelmpies en kinders nie. Ek is dus nie ‘n “Mense tydskrif” leser nie. Skindertonge en die se stories is net nie vir my genoegsame belangrike inligting om ‘n veranderlike impak op my lewe te maak nie. Maar dit verander, breek en so nou en dan verbeter dit iemand se lewe…tot hulle dit weer breek. Punt.

Maar…

Die druk en beeld materiaal van slagoffers – bloed bevlek en skoenloos – of die kolle van ‘n nagedagte van ‘n slagoffer is nie vir my aanvaarbaar nie. Dit is teen my morele beginsels van menswees om lyke af te neem, te druk of om beeldsaai. Hierdie nuwe wending om silwer laken mense af te neem – dag na dag is iets wat prikkelde letsels op my gemoed laat. As dit hulle doel is, is dit niks anders as ‘n skrikbewind op die mensegees nie! Dit is onmenslik.

International Media-Moral-van-die-storie: Daar is geen respek vir lewe of dood in die media nie.

11 antwoorde op Goue ringe & Silwer lakens

  1. DallaSePa het gesê op Oktober 5, 2010

    Amen.

  2. VozSola het gesê op Oktober 5, 2010

    Naand DsP!

  3. DallaSePa het gesê op Oktober 5, 2010

    naand maergat!
    :-))

    sorry … nie lelik bedoel nie!

  4. VozSola het gesê op Oktober 5, 2010

    wat jy waar sien?!
    ;-))

  5. DallaSePa het gesê op Oktober 5, 2010

    jis, my hart het nou benoud geklop … donner!

  6. VozSola het gesê op Oktober 5, 2010

    hehehe!!!
    maar…jy weet mos ekke lees vreeslik duidelik!

  7. VozSola het gesê op Oktober 5, 2010

    Presies…
    Ps..ekke het gewonder oor die dooie stille woorde dood oor daardie saak…
    ja-nee.

  8. VozSola het gesê op Oktober 5, 2010

    ek hoop so Pa-Flenters, ek hoop regtig dit is…want ek voel bietjie alleen met hierdie draadsit opinie.

  9. Ja wat. Anything goes solank dit koerante en tydskrifte laat verkoop. Sorry state of affairs.

  10. zephur het gesê op Oktober 6, 2010

    Nuus is nuus…en kategorie daarvan het vervaag

    Skoon en op die feit af

  11. Druktyd het gesê op Oktober 6, 2010

    My ok!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.