Flatervry
Oktober 4, 2010 in Sonder kategorie
As
die pen die woord versap
’n gees moet voed
verwelkte letters deur
my vingers glip
sal jy dan ook verstaan dat
gemengde bloed
soms saam met pen
en bladsy spoorsny waar
die waarheid loop
gedienstig
geduldig
gedwee
intussen bloue lyne
gebroke spore
’n sielskind plek-plek in vlug
op woorde van die wind
met letters ongebind
louisna het gesê op Oktober 5, 2010
Pragtig.
VozSola het gesê op Oktober 5, 2010
Dankie Ouboet!!!
VozSola het gesê op Oktober 5, 2010
nee, nie altyd nie.
VozSola het gesê op Oktober 5, 2010
…soos die kruis en die ander twee…en die nuwe en ou sterre gesigte wat alles verstaan…is dit nes die gemengde druppende bloed wat opgevang word…
ek verstaan.
…met dank!