by

Skouerkussings & Skroewedraaiers

Oktober 1, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Dit is presies hierdie tyd van die jaar waar skouers al gaar geskuur is en van die skouer aan’t wiel sit, is dit nou net die sparks van die rims wat die laaste pylvlak verlig.

 

Laaste paar los skroewe word vir oulaas vasgedraai sodat die plastic Xmas boom tog net hierdie een jaar nie so skeef sal staan nie.

 

Dit is ook in hierdie tyd van die jaar waas skouerkussings deur ander nat betraan word en ‘’n skroewedraaier nie vir gestripte moere sal deug nie.

 

Supplies in die noodhulpkassie is maar net leë boksies van belowende verligting.


Die naaldwerkmandjie se gare is op en die naald is weg.

 

Die toolbox is uit die garage van regmaak-beloftes gesteel.

 

…en die braai tang het geroes aan die braai bly hang.

 

…êrens hoor ek…”ells, jingle bells…” al weer!

 

En dit laat jou hangende aan die jaargetal met die wonder of die lewe se weegskaal jou op die eerste January by die wanna-bee’s groep gaan inweeg, of by die has-been’s? Gelukkig het ek reeds ’n skouerkussing en skroewedraaier.

17 antwoorde op Skouerkussings & Skroewedraaiers

  1. TS het gesê op Oktober 1, 2010

    Hier leer ek nou weer ‘n nuwe ding. Ek dog nog altyd die skouerkussings is om mooi netjies regop lang die belangrike Jones’e te staan? Of om jou skouers teen die gatkruipslag te beskerm? Nou vertel jy my eers ek mors nog elke jaar my arme skouertjies daar teen die wiel?

  2. VozSola het gesê op Oktober 1, 2010

    Môre oggend!!

  3. VozSola het gesê op Oktober 1, 2010

    !!!!!!!
    en vir jou!
    😉

  4. VozSola het gesê op Oktober 1, 2010

    jip, ek dog almal weet dit?
    maar, dalk skuur ander sonder om seer te kry – elkeen doen seker maar sy eie ding op sy eie manier?
    Mooi naweek vir jou.

  5. DallaSePa het gesê op Oktober 1, 2010

    Mirrag!

  6. VozSola het gesê op Oktober 1, 2010

    Mirrag, Mirrag,
    Kom, kom binne. Sit.
    Kan ek vir jou iets te drink kry? Koffie, tee?

  7. pasella het gesê op Oktober 1, 2010

    Put you shoulder to the wheel and your nose to the grindstone and who the hell can work in that positiion anyway!

  8. VozSola het gesê op Oktober 1, 2010

    ooo, nou weet ek wat gat-oor-kop beteken!!

  9. DallaSePa het gesê op Oktober 1, 2010

    Koue ietsie … het jy dalk Oros?!

  10. VozSola het gesê op Oktober 1, 2010

    ja, berry flavour Oros ice tea…maar ek dink kleinding het uit die bottel gedrink.

  11. Nou die dag hoor ek iemand sê oor nuwe jaar:”Different year, same shit!”
    🙂

  12. Baie oulik geskryf!

  13. Dames wat gereedskap in hulle handsak ronddra is gevaarlik.

  14. VozSola het gesê op Oktober 3, 2010

    huh? en hier dog ek al die tyd ons is voorbereid en handig?

  15. VozSola het gesê op Oktober 3, 2010

    Baie dankie.

  16. VozSola het gesê op Oktober 3, 2010

    🙂 Jip, SSDD.

  17. VozSola het gesê op Oktober 3, 2010

    Baie dankie. Ek dink jy het goed raakgelees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.