Jy blaai in die argief vir 2010 September.

by VozSola

I’m gonna eat some worms

September 20, 2010 in Sonder kategorie

Vandag kuier ek saam met die wurms. Voëltjies wees gewaarsku…ek proe glad nie vandag lekker nie.

Mag julle ’n beter dag hê!

Kiekie bron

by VozSola

Gewetenloos?

September 19, 2010 in Sonder kategorie

Een van die handvol movies wat ek al wel gekyk het, was die Jazz Singer. Ek was 16 jaar oud. Een rede was omdat ek ‘n groot Neil Diamond fan was, nee, steeds is. Net soos Jonathan Livingstone Seagull, het die Jazz singer ook êrens in my agerkop bly vassteek. Wat ek op ‘n 16 jarige ouderdom daarvan verstaan het, het verbasend min verander nadat ek vanoggend weer die fliek op Dstv raakgekyk het.

Die stryd tussen selfsug en onselfsugtigheid ter wille van jou eie self of ter wille van iemand anders se drome en ontwikkeling tot eie self.

Dit blyk steeds dat selfsug die beste vrugte afwerp, alhoewel dit teen my persoonlike beginsels draai. Die ooglopende geluk wat die selfsugtige met hul dade vind teenoor die onselfsug van die onselfsugtige se dade wat hulle in stille hartseer moet verdra. Sacrifice vs compromise. Wenners vs verloorders. Geluk vs hartseer. Groot drome vs klein drome. Reg vs verkeerd.

Tussen morele reg en verkeerd staan die gewete en regrets teenoor mekaar in stryd. Gewete wen gewoonlik die geveg, maar op die lang duur is dit regret wat die lewensaar besoedel.

Hoe slim en gewetenloos is hierdie scenario’s nie! As jy ‘reg’ doen, slaan regret jou wanneer jy later daaroor dink, of jare later as jy die nadraai analyse. As jy ‘verkeerd’ doen, jaag jou gewete jou teen jou eie sielsmure uit…

Sommige mense het die gawe om die lewe te geniet met alles wat dit bied… oblivious van enige nagevolge, enige nadenke, enige skuldgevoel. Hulle lewe in die oomblik. Hulle is gelukkig. Hulle geniet dit. Hulle “lewe” opreg. Hulle besin nie oor hulle dade en denke nie. Hulle het hul heil gevind en geluk volg hulle waar hulle gaan. Hulle is selfsugtig in hulle benadering tot die lewe. Hulle doen dinge vir hulself, ongeag ander se denke en gevoelens… Hulle het nie regrets nie. Hulle is gewetenloos in denke oor hul dade. Hulle is gelukkig en vry – vry van die dinge wat onselfsugtiges so gebonde en gevange hou binne hul self.

Ander mense, hulle is geseën met die gawe om ander bo hulself te plaas. Ander se gevoelens voor hul eie te plaas…en selfs in die mees onselfsugtigste daad of opofferings voel hulle steeds soos die verloorders. Hulle gewete kom klop in die nanag en voer die stryd met regret. Die regte ding doen vir ander kom met groot met groot pyn vir hulself. Al doen hulle ooglopend die regte ding, doen hulle juis vir hulself – absoluut niks.

Ek wonder dikwels, en het al soveel gevra:” Hoekom kom goeie dinge na mense wat selfsugtig is, teenoor die niks behalwe haunting gewetes en tyfwel en minder goeie dinge na diegene wat onselfsugtig in woord en daad is?” of om dit ook ‘n godsdienstige twist te gee; “Hoekom gebeur daar goeie dinge met ongelowiges en slegte dinge met gelowiges?” Jy kan dit ook met ‘n ander somber werklikheid vergelyk” Hoekom is ryk mense so ongelukkig met die lewe, al het hulle alles, teenoor die liefde en geluk wat arm mense met absoluut niks, ervaar?” Steeds kon niemand my antwoord nie, nie die predekers nie, ook nie die leke nie…miskien is daar gewoon net nie ‘n antwoord op hierdie vrae nie.

Dikwels as ek oor sommige situasies nadink, het ek nie regrets oor wat ek gedoen het nie, maar baie oor dit wat ek wel nie gedoen het nie. Teenoor die skuldige gewete wat ek het oor sommige dinge wat ek gedoen het teenoor dit wat ek kon gedoen het.

My gewete se naam is ‘Almost’ en my regret se naam is ‘Never’ But almost never, is like living on a double edged sword…Living in a double-locked cell. Staring out of a double-glazed window and screaming where no one can hear. There’s a constant battle raging in your soul, where nobody wins.

Miskien is dit stof tot nadenke of net stof in die wind?

by VozSola

Dommer

September 17, 2010 in Sonder kategorie

Om die voet ’n veter vasgebind

plek-plek raak getrap

struikelend en strompelend

voorts ’n warrelwind

met die denke soos

deur ’n kind gedink

by VozSola

Swartbessie ink

September 16, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Son se laagvat strale wat

net-net oor die horison daal

slegs ’n verdoemde illusie wat

afstand distansieër

 

laatnag hemel disco-bal wat

voel of dit gaan val

slegs ’n verdoemde illusie wat

aanhou sonder faal

 

bewolkte sterrelose plafon wat

na benede jou vergruis

slegs ’n verdoemde illusie van

self-gevangene voorwaar

 

as denke hul so wil gedra

sal die lewenstugting dit openbaar?

Of slegs nog ’n spook van vele

wat hom by jou wil skaar

 

die hel se vlam wat nie

’n vuur kan brand

slegs spore van roet

bly onwasbaar daar

selfs op glas

wys die grys streep klaar

 

wonder jy dit ook –

so verklaar

of slegs

bloot ervaar

by VozSola

En die skaap wei al verder…

September 15, 2010 in Sonder kategorie

van die skaapwagter af. Nadat ek vanoggend die vrag van my vingers afgelaai het…het iemand nog ‘n load op my gemoed se toetse gelaat.

Volwassenes wat die vier weke straat-diskie gedans het…het so ‘n pragtige voorbeeld gestel, dat die kinders dit slaafs navolg, sonder die nagevolge van volwasse tugting. Kinders het goeie spangees en ken die reëls; “anything you can do, we can do better”

 

Intussen het nog ‘n taxi-tax sy wiele verloor terwyl die klank van metaal nie die gil van ‘n mens kan verdoof nie, terwyl ‘n ligaam sy briek onder die wiel aandraai…die merke in rooi getooi.

Slim mense sê; waar daar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie. Meeste staar hulself blind om te sien hoe hoog die vlamme gaan brand, dat min die slange vanuit die bos sien kom om hul aan die hakskeen te pik. So sien ons gewoonlik nooit die regte gevaar nie…want ons staar ons blind aan dit wat voor ons staan.

Die brug tussen die Bybel en Koeran is verbrand. In die kloof lê die vyand laag…die boog ‘n styfgespanne snaar met woordepyle in gif gelaai…want God en Allah sal die sein met ‘n wit vlag seën. Heilig sal die oorlog wees.

‘n Horing uit die host gesny en flardes vinne in ‘n bebloede baai om die mensdom se vanity te paai. Terwyl die voël se siekte ook die mal koei raak en steeds bly mense nie getraak…want bome groei meer in geld en die rivier se mond raak nou droog. Steeds is seewater ongetem en Hemp onbenut. Die son se krag word nou duur en die vier winde waai te flou. Maar die aarde se diep verskuilde prag word soms kwaad en ruk hom reg…sodat mense wonder hoekom die onreg?

Drome word nou skugter en ooh, so skaam…want wie is jy om so aan die sterre te wil kom hang?

by VozSola

Soos skape word ons gelei…

September 15, 2010 in Sonder kategorie

 

…al gluurend na mekaar oor die brandstapel van versugting terwyl korrupsie regverdigheid se vlam uitblaas tot waar opregtheid en deernis deur gierigheid en kwaadwilligheid verkrag word en empatie met hul evil eye beloer word.

 

Morele waardes word tot waansin verlei en geestes selfmoord vir diegene wat nog probeer verstaan. Tussen agressie en depressie staan hoop steeds op die hoogste piek, teen die berg onklimbaar buite bereik.

 

Sewe sakke sout se deugdheid weeg te swaar teenoor die vrye wandel van koeie wat gratis aan die ongespeendes verskaf word. Vrye wandel is die VIP kaartjie tot vrye handel. Tussen die ses en tien nulle op die bankstaat het die vlees vet geword en die gees laat kwyn. Al hierdie nulle is presies net dit – ’n hele paar nulle op die kontrak van die lewe.

 

Net soos diegene wat as ’n nagedagte in fynskrif op die agterblaaie tussen kleurvolle gypsy-fortuinverteller advertensies skuil – net nog iemand was gewees. Die bloedspoor na ’n verminkte lyk is duideliker sigbaar as die sielespoor na ’n verminkte gees.

 

In die nanag van helder denke bekruip ons die lewe van uit talle wegkruip hoeke soos fladder vlermuise maak ons jag op klein geluk. Te dankbaar uit ons ondankbaarheid. Te nederig om groot te spog…en te verwaand om wreede woorde stil te spoeg.

 

…en geen mens is ’n eiland – maar sommige het ons reeds uitverkoop.

by VozSola

18 September MOB – Cancelled.

September 14, 2010 in Sonder kategorie

Dinge het ongelukkig voorgeval vir Saterdag middag aan my kant…

Ek sal dus nie die MOB kan bywoon nie.

by VozSola

Vuur en vlam

September 10, 2010 in Sonder kategorie

Ek hou nie van jou vlag nie, kom ons brand dit.

Ek hou nie van jou leiers nie, kom ons brand die plakate.

Ek hou nie van jou skool nie, kom ons brand dit.

Ek hou nie van jou hospitaal nie, kom ons brand dit.

Ek hou nie van jou tronk nie, kom ons brand dit.

Ek hou nie van jou munisipaliteit nie, kom ons brand dit.

Ek hou nie van jou kar nie, kom ons brand dit.

Ek hou nie van jou Bybel nie, kom ons brand dit.

Ek hou nie van jou nie, kom ons brand jou.

Jammer, jy’t nie MEER indenteit vir jou land nie.

Jammer, jy’t nie MEER leiers nie.

Jammer, jy’t nie MEER skole nie.

Jammer, jy’t nie MEER hospitale nie.

Jammer, jy’t nie MEER tronke nie.

Jammer, jy’t nie MEER dienste nie,

Jammer, jy’t nie MEER vervoer nie.

Jammer, jy’t nie MEER geloof nie.

Jammer, jy’s nie MEER nie.

Die die vuur wat die vlamme laat brand…

Catch my drift?

by VozSola

Trappies

September 9, 2010 in Sonder kategorie

          Gewonde

     woorde

wurm

          klaarblyklik

     afgryslik

onverklaar

          oorwonne

     stomme

self        

          klaar

     gebaar

gewees

          stomme

     siele

vrees

          gelees

     gewees

genees

by VozSola

18 September 2010

September 9, 2010 in Sonder kategorie

Kom los jou naam hier as jy kom  MOB. (RSVP)

(Daar’s iemand wat wil weet hoeveel mense gaan kom)

Vir my besonderhede; Laat ‘n Space message.

Almal is welkom, al kom jy net hallo sê vir 10 minute…of

al kom jy eers 18h00 daar aan, sal ons sekerlik nog steeds kuier.

Botanical Gardens:

 

Mokha Restaurant  

18 September   

10h00 – tot whenever…  

 

Physical Address:
2 Cussonia Avenue, Brummeria, Pretoria.

GPS Co-ordinates:
28°16’19.8″E 25°44’18.2″S
Long 28.27218 Lat -25.73838 

http://www.vpike.com?e=-25.739656,28.273066:0: