by

Net een dag se baie dinge

September 21, 2010 in Sonder kategorie

Ek sit vanaand alleen met ‘n koppie koffie en vier ons 15de! Nee, nie die gewone herdenking nie. Vandag ‘n hele 15 jaar gelede het ons hierdie huisie gekoop. Ons eerste en volgens my woorde jare gelede – die laaste.

Maar dit is nie al nie. My hondjie “Babetjie” is ook vandag 15 jaar oud. Ja, sy is steeds hier en het ‘n ekstra bederfie gekry toe ek vanmiddag by die huis gekom het. Sy hardloop nog lustig rond, jaag duiwe van haar drinkbak weg en speel met Fuzzy – kleinding se hond en blaf vir die skadu’s op ‘n volmaan aand.

Maar steeds vier ek alles alleen, want kleinding en manlief kuier by sy familie en kleinding het my vanmiddag van Valparaiso, Chile gebel het vanwaar hulle krappe op die strand jaag…om my opgewonde mee te deel dat hulle môre vir ‘n paar dae berge toe gaan om te gaan snowboard. Ai, hoe geniet hy nie sy verlengde vakansie nie, terwyl Ma moet werk en baie verlang….

Ek gaan ook vandag se datum in my dagboek aanteken vir ‘n ander spesiale rede… Ek het vandag geleer dat dit nie saak maak as jy nie perfek is nie. Dat dit okay is om ‘n skewe tone te hê, dat dit okay is as jou mascara smeer, dat dit okay is as jy nie lekker voel nie. Dat dit okay is as jy wil lag as iets snaaks is. Dat dit okay is as jy nie saam met ander stem nie. Dat dit okay is om te sê; “Ek weet nie” en om “Nee” te sê. Dat dit okay is as jy nie al die antwoorde kan kry waaroor jy vra nie.

Miskien gaan ek nog eendag leer dat dit okay is om te huil, dat dit okay is as sekere vrae nie antwoorde het nie. Dat dit okay is om te vra; “help my” en dat dit okay is as jy nie altyd almal kan help en gelukkig hou terwyl jy dalk jouself daardeur te na kom. Dat dit okay is om soms selfsugtig met jou tyd en jouself te wees. Dat dit okay is, om net jouself te wees en jouself te kan vergewe voor jy ander opreg kan vergewe…jip, miskien eendag…maar vanaand is ek te dom.

17 antwoorde op Net een dag se baie dinge

  1. Mens is net ok as jy kan wees wie jy is, whatever.

  2. Een van my mentors het altyd gesê:”One can live to be 101 and still die a bloody fool…”

  3. UNPOCO het gesê op September 22, 2010

    Op een of ander stadium in ‘n mens se lewe raak dinge okei wat nooit okei was nie. Jy leer wanneer om net te aanvaar en wanneer of nee te sê vir goed wat jy voorheen net ‘n outomaties “ja” sou gee. Jy kruip voor jy loop en dan hardloop en soos die jare aanloop, jy agterna en jou pas weer begin stadiger raak, dan eers raak jy slim en word dinge rustig en okei.

  4. UNPOCO het gesê op September 22, 2010

    amper so iets, ja Thomas

  5. UNPOCO het gesê op September 22, 2010

    Jy stel dit baie mooi.

  6. UNPOCO het gesê op September 22, 2010

    Sien!

  7. UNPOCO het gesê op September 22, 2010

    Great minds think alike as always!

  8. thanks PJ…ek hoop ook so.

  9. :-)))

  10. yes, yes…amper….nog nie…Nee.

  11. Ek wonder tog…
    Dankie Pa-Flenters.

  12. Jy’s reg Lou…maar ek’s nog nie daar nie.

  13. Ai Ma-Versie…hulle het my ‘n lelike groen kabouter met groot ore gemaak! (maar darem met rooi wange!!)

    Dankie!!!
    ;-)))

  14. ook baie waar…
    (maar hulle het ook gesê ‘it takes one to see one’…)
    😉

  15. zephur het gesê op September 22, 2010

    Alles is oriaat

  16. Baie dankie….jy praat waar.
    (ek’s darem nou uit die nappies en van die bottle af, of hoe?)
    😉

  17. 😉 Ek is bly jy dink so. Thanks.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.