by

Oom Moral en Tannie Moreel

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

Dat jy jou vriende kan kies maar nie jou familie nie, is nader aan die waarheid as wat ons dalk besef. Vat nou maar vir Oom Moral en Tannie Moreel. Hene, hulle is amper ouer as die berge self. Ewig aan mekaar getrou sedert die begin van die begin, as jy my sou vra!

Kyk, Oom Moral is nou die een wat altyd Tannie Moreel se geselsies wil opsom in een sin. Amper soos; ‘dit wil sê…’ Ai, dan wil Tannie Moreel die horries kry en weer van vooraf haar geselsies herhaal…maar sy kom fluister dit hierdie in jou oor, sodat Oom nie nog ‘n kortstondige opsomming kan maak nie!

Hulle stem eintlik oor alles saam, maar nou nie so dat jy dit sal agterkom nie…maar moet tog nooit dat hulle jou dit hoor sê nie! Dan is daar familie twis en jy sal pens en pootjies in die middel daarvan beland en die uiteinde is lang slaaplose nagte wat op jou wag. Trust me… dit word lang nagte….!

Tannie Moreel neul heeldag, tug heeldag, vertel heeldag en as jy waag om dalk ‘n voet verkeerd te sit, of dalk lelike gedagtes of woorde uiter, of iemand te na kom, ‘n wit leuntjie vertel of bloot net waag om lelik te wees, kyk sy dwarsdeur jou siel en sê; “was dit nou regtig nodig, WANT…..” en dan word daar vir jou lang verhale vertel… Dan sal Oom Moral net sug…en sê: “Dit wil sê…” Dis genoeg om jou twee maal te laat dink oor jou sondes! Want jy wil regtig nie weer daardie storie hoor nie!

O gaats, het ek nagelaat om te sê dat hulle familie van ons almal is? En as jy hulle nie as familie erken nie, dan is daar grooooot fout…met jou en die samelewing…

Ek sien daar is deesdae heelwat mense wat Oom Moral en Tannie Moreel onterf het…as my erfsonde my nie ontsien nie, sou ek verseker hierdie mense voor die familiehof gedaag het! Maar nou ja, dis jammer dat ons in hierdie tye nie meer na onse verlangse familie wil omsien nie…hoekom sou ons dan só ons eie gewetes wil ry…of dalk sus?

Catch my drift?

7 antwoorde op Oom Moral en Tannie Moreel

  1. Catch your drift!

  2. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Moral gaan nie deur die maag nie….

  3. Ek is met jou!

  4. VozSola het gesê op September 1, 2010

    …wonder net wie sal luister?

  5. VozSola het gesê op September 1, 2010

    Dankie!

  6. VozSola het gesê op September 1, 2010

    …en liefde ook nie?

  7. VozSola het gesê op September 1, 2010

    met dank, Thomas!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.