by

Op ’n dag toe die wêreld kens geraak het…

Augustus 30, 2010 in Sonder kategorie

Die voorbodes van afgode het tot die grond geval. Mure tuimel en die see het oorgeloop, terwyl die nog ’n berg oranjerooi opgooi. ’n Ster het geval, die son verbrand terwyl die maan met ’n halwe grynslag oor die horison hop.

Nee, dis seker nie so erg nie.

Hitler het gekom en gegaan, so sal ander ook. Steeds sal mense sielsbedonnerd hierrond wandel, in die wonder wanneer die wêreld weer kens gaan raak.

Vanuit brandstapels van die verlede, het daar ’n stofwolk monster onstaan…en die dans tans kolkend op die maat van die hede rond… oi-oi…vir die res op die ashoop, herwin en met toutjies beklouter om te poppekas dans vir die opgesweepte gehoor.

Tsk…

Met die val van die hamer is die bod toegestaan…te jammer, te laat…te goed….vir die slegtes en te sleg vir die goeie.

Met die val van die hamer word dood vrygespreek terwyl dieselfde hamer ’n ander se kis toespyker…net soos die kind met bebloede bobene en dom verkragte siel soos plywood en sinkplaat ’n harts-huis oprig.

Voor in die ry is net so goed so agter in die ry as die ry omdraai…maar daar’s net plek vir soveel suigplek aan die heilige koei…terwyl die res wag…en wag…en die koei oornag uitgesuig en kurkdroog onder bevel vir die res agtergelaat word.

Net so vinnig soos die nuwe sterre in galaxy van samelewing gebore word…net so vinnig verskiet die res…en al wat agterbly is spikkels van verderf, galaxy junk daarvoor wat eers was en kon wees.

Die eens belangrike ontdekking van nommers is oornag verkrag en die syfers word soos bloed uit ’n klip getap…waar geen waarheid en realiteit kan kruip…loop die oormag van mag self…die donkerte in…

…en die oumense ween, die kinders kreun, tewyl ons maar net steun-steun voortbeweeg…want as jy stilstaan op hierdie vlaktes van wangedrag en ongeloof, sal jy in die stampede van verderf vergaan.

Tsk…tsk…

11 antwoorde op Op ’n dag toe die wêreld kens geraak het…

  1. Oi … wat nou?

  2. VozSola het gesê op Augustus 30, 2010

    ….blah..blah…and some are more equal than others…
    Ekke wil ook ‘n vark wees!!!

  3. Wie boellie jou?

  4. louisna het gesê op Augustus 30, 2010

    maar daar’s net plek vir soveel suigplek aan die heilige koei… Puik metafoor

  5. VozSola het gesê op Augustus 30, 2010

    ag, net sowat 1,3 miljoen onlogiese skeef getrapte ‘bokse’

  6. VozSola het gesê op Augustus 30, 2010

    hallo ouboet,
    dankie!!

  7. jy moes vasbyt Vriendin . . .

  8. VozSola het gesê op Augustus 30, 2010

    mmm…maar kleinding het sy paspoort oor twee weke nodig en ons industry het tot stilstand gekom! Dis bad vir besigheid.

  9. 🙂

  10. jis … ek hoor jou … weet jy hoe sukkel ek met ‘n lisensie (vir ‘biltong doeleindes’) … kan nie glo mense is so traag (lees lui) nie …

  11. Hel, ja…..

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.