by

Wat gebeur as die hadida sy stem verloor?

Augustus 29, 2010 in Sonder kategorie

Niks ruk jou wakker uit ‘n rustige middag slapie soos ‘n hees hadida nie. Daardie hadida se hees roep het deur die klankgrens van van drome gebreek en my gedagtes moes die spoedgrens breek om op te vang met realiteit. Die hadida het amper sy stem verloor!

Soos ons mos nou maar as denkende wesens aanmekaar getimmer is, laat dit my wonder oor hoe ons ook soms in die lewe hees word en ons stem verloor. Is dit omdat ons te veel en te hard geskree het, of is dit dalk ‘n geval van infeksie wat die samelewing soms nurture sonder die besef van hoe gevaarlik die nagevolge dalk kan wees…mense wat in stilte van stem lewe… ?

Dankie tog vir die geskrewe woord, want nou kan niemand vanaand my stem hoor nie…

9 antwoorde op Wat gebeur as die hadida sy stem verloor?

  1. Maghitta het gesê op Augustus 29, 2010

    🙂 wens my hoenderhaan wil hees word veral soggens 4 uur

  2. VozSola het gesê op Augustus 29, 2010

    hallo Ghaap…
    daardie Woord praat te duidelik om hees te word, dis net ons wat soms nie luister nie.

  3. VozSola het gesê op Augustus 29, 2010

    Anha,
    jy moet jou ousus vra of sy die komando wurms onder die gras kan hoor…en as sy doen..moet sy liewes niks van die hadidas vir jou pa sê nie!!
    ps…ons gooi OMO water oppi gras en gaan sit oppi stoep om die hadidas en ander wurm vreters dop te hou…

  4. VozSola het gesê op Augustus 29, 2010

    Shame…dis hartseer…

  5. VozSola het gesê op Augustus 29, 2010

    lol! sit hom oppi kerktoring?

  6. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Pasop vir hadidas. Hulle steel koi’s uit visdamme.

  7. As kinders het ons ‘n plaat gehad oor Hie Ho wat sy hie verloor! dit was al storieplaat wat ons gehad het, het hom dus tot vervelens toe geluister.

  8. Die voordeel van die geskrewe woord is dat mens kan terugblaai en wéér iets lees, terwyl woorde soms by mens verbygaan.
    Viva die geskrewe woord!

  9. zephur het gesê op Augustus 30, 2010

    Maar almal kan nie skreeu nie…sekeres dra ‘n bordjie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.