by

Stofpad

Augustus 25, 2010 in Sonder kategorie

‘n Gegiete engel

‘n sement traan gehuil

wang tot ken diep geskilfer,

aan die oorkant ‘n babakruis

skeef ingelê langs ‘n bottel glas

gevul met dooie herwin

ongegeur maar

skreeu-helder

skril soos die Indian minor

in die skynsipres op almal wag

nog ‘n blink ketting

om ‘n kis te bring

nog te blink

en nou te dof

4 antwoorde op Stofpad

  1. louisna het gesê op Augustus 25, 2010

    ….en huil daai sementtrane nie…..?

  2. VozSola het gesê op Augustus 25, 2010

    …sommige engele word van die begin met trane en al so gegiet…

  3. VozSola het gesê op Augustus 25, 2010

    met dank…
    😉

  4. VozSola het gesê op Augustus 25, 2010

    en vir jou MK!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.