by

O so onverstandig

Augustus 24, 2010 in Sonder kategorie

Wil jou siel ook op

‘footloose’ dans,

of eerder wees

‘so, electrifying’?

Miskien dalk net sagkuns op

watte wolke wandel

of sneeuvlok sag

na benede dartel?

Dalk van agter skyn op

‘n landskap sonder son

of dalk net die maan

vir twee te ruil?

Soms as die siel wil huil op

‘n kussing waar jy lê verskuil

sal jy onoordeelkundig

jou eie siel omseil?

5 antwoorde op O so onverstandig

  1. louisna het gesê op Augustus 25, 2010

    Pragtig en so toepaslik

  2. zephur het gesê op Augustus 25, 2010

    Op wolke dans…net nie afval nie

  3. VozSola het gesê op Augustus 25, 2010

    dankie ouboet.

  4. VozSola het gesê op Augustus 25, 2010

    red bull…

  5. VozSola het gesê op Augustus 25, 2010

    met dank aanvaar…
    😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.