Jy blaai in die argief vir 2010 Junie.

by VozSola

Dryfveer van gedagte

Junie 28, 2010 in Sonder kategorie

Woordklont vorm

en blokeer

so vergete toegemessel

wat as lek ontstaan

syfer deur

smal versprei

roesgekleurde

spinnerak motief op

hierdie bladsy neer

 

 

Myse pen volg ook die spoor

oorgetrace met swart op wit

ingeëts – onuitgevee

dans die klonte

hier ook weer

©

by VozSola

The ghosts of midnight past

Junie 28, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Sederdien manlief so besig is met sy sokkerbal-mense en steeds in die vroeë oggend ure by die huis aankom vir ’n vier-ure nap, laat ek maar dat kleinding eerder by my kom inkruip deur die nag. Dit maak nogal vir groot pret. Geselsies, piekniek inni bed, stories luister, games speel en boeklees.

 

Na middernag word ek sagkuns wakker gemaak met ‘’n koel hand op my wang en voorkop…”shhhhh, it’s okay…” hoor ek deur my droom. “Shhh…it’s just a dream…” Ek maak met ’n kreun my oë oop. “Mommy, you okay?” Mmmm… “Mommy, wake up…it’s just a dream…”

 

Ek is nou helder wakker. “What’s wrong, my baby” Vra ek terwyl ek peuter om die bedliggie se skakelaar te kry. “You were screaming so loud even the neighbour’s dog is awake” Ek hoor hoe die honde blaf.

 

Sug….ek skakel die lig af in hoop as ek my oë weer toemaak dat die play knoppie automaties die droom uit die pause oomblik sal laat aangaan… maar niks gebeur nie.

 

Ek kan nie onthou wat ek gedroom het nie. Ek is blank. Needless to say…ek kon nie verder slaap nie. Miskien omdat ek nou te bang is om uit te vind…of te bang is ek onthou dalk…

 

So het die ure verby getik, een uur, twee uur, drie uur, vier uur…tot die alarm my die teken gee dis tyd vir opstaan.

 

Kleinding het ook wakker geword met…”you okay, Mommy?” ja-ja verseker ek hom. “Shhhs, you really had a bad dream…you were fighting and screaming your head off…I don’t wanna dream like you do!” en draai om om verder te slaap. Shame…hy moes seker groot geskrik het.

 

Nou sit hier by die werk. Edgy en in afwagting vir iets om my te help onthou. Iets wat my sal herinner waaroor ek gedroom het. Paniekerig en in afwagting…en skrik skoon vir die e-mail alerts op my pc.

 

Ek dink dit gaan ‘’n laaaannnggg dag wees. Tensy iemand my kan sê hoe ek kan onthou…

 

by VozSola

Geestelik bemeester…

Junie 25, 2010 in Sonder kategorie

Spesiaal vir Maryke…(en Maankind)

Okay….sommer vir almal.

Musical bliss in a nutshell… (al hou almal dalkies nie hiervan nie)

is dit vir my briljant…

Hoekom? Omdat dit al die elemente van music saamvat in een song…

Lekker luister (en kyk)

(ag ek hoop iemand stem saam met my…)

http://www.youtube.com/watch?v=DUxkHgvyr30

o ja…en die een ook….

http://www.youtube.com/watch?v=RE4DQ-6Cna8

by VozSola

Tydelike sintuiglike wanbalans

Junie 25, 2010 in Sonder kategorie

Jy hou stil by die verkeerslig, en soos ‘’n goeie bestuurder gebruik jy jou handrem. Die kar langs jou begin beweeg en jy druk rem en handrem…en raak paniekerig…

(uh…probeer om nie stupid te lyk nie!)

Jy wonder-oog rustig deur die apteek se rakke wagtend op ‘’n voorskrif… Die ou langs jou vra saggies..”Een of twee pakkies, Lief?”…jy glimlag breed, “twee, Lief!” en loop weg…want jy’s mos nie “sy Lief” nie!

(Uh…maak seker jy glimlag vir hom, tot hy en sy “Lief” die apteek verlaat!)

Om gedurig aan jou neus te vryf…wanneer iemand se neus loop?

(duh?)

Om hardop te giggel as mense ‘hoogwater’ trap as hulle met hulle nuwe brille by die oogarts uitstap…

(Jip, hou hulle dop…dis regtig funny!)

Om hardop en boonop verkeerdelik te antwoord – wanneer niemand jou niks gevra het nie!

(uhm…happy place…happy place….i’m in my happy place…Shuus asb…happy…happy…)

Ok…om vir ‘’n afgeskakelde tv te staar… (Ja…ALMAL doen daai een)

lekka weekend!

TV-Ant-farm…

by VozSola

Diep-denke

Junie 25, 2010 in Sonder kategorie

Hoekom dink mens altyd meer op ‘n Vrydag?

James Blunt…. en ekke verstaan…

“Tears And Rain”

How I wish I could surrender my soul;
Shed the clothes that become my skin;
See the liar that burns within my needing.
How I wish I’d chosen darkness from cold.
How I wish I had screamed out loud,
Instead I’ve found no meaning.

I guess it’s time I run far, far away; find comfort in pain,
All pleasure’s the same: it just keeps me from trouble.
Hides my true shape, like Dorian Gray.
I’ve heard what they say, but I’m not here for trouble.
It’s more than just words: it’s just tears and rain.

How I wish I could walk through the doors of my mind;
Hold memory close at hand,
Help me understand the years.
How I wish I could choose between Heaven and Hell.
How I wish I would save my soul.
I’m so cold from fear.

I guess it’s time I run far, far away; find comfort in pain,
All pleasure’s the same: it just keeps me from trouble.
Hides my true shape, like Dorian Gray.
I’ve heard what they say, but I’m not here for trouble.
Far, far away; find comfort in pain.
All pleasure’s the same: it just keeps me from trouble.
It’s more than just words: it’s just tears and rain.

Tears and Rain.

Tears and Rain.

Far, far away; find comfort in pain,
All pleasure’s the same: it just keeps me from trouble.
It’s more than just words: it’s just tears and rain.

by VozSola

Maankind se funny-rokkie-speel-speel-regtig

Junie 24, 2010 in Sonder kategorie

21 February 1995

by VozSola

Blog-Mob

Junie 23, 2010 in Sonder kategorie

Sien almal kuier so lekker…so asof hulle mekaar al jare ken!

Maybe doen hulle, maybe ken mense hier mekaar beter, juis omdat die geskrewe woord soms soveel meer sê…onbewustelik, natuurlik!

Nou’s ek sad… niemand wil met my mob nie…

Snik-snik…

by VozSola

Afrikaners is soos koekstruif…

Junie 23, 2010 in Sonder kategorie

…want daar is altyd iets in wat iemand nie van hou nie…

Die meerderheid van Afrikaners vorm darem die basis – wat jellie is. Hulle is shapeshifters en pas gewoon aan by enige vorm waarin hulle gegiet word. En bly gewoon so tot die volgende gietting. As dit te warm raak, sit jy hulle bietjie in die yskas om af te koel…en siedaar…dan is hulle na ’n rukkie weer reg soos reën!

Dan is daar die ander klompie – vla. Hulle dink niemand kan sonder hulle insig en kennis regkom nie. Hulle glo hulle is die basis van ’n goeie trifle…maar hulle is nie regtig nie. Hulle is net goed as hulle warm is…maar skif gou as dit te warm word om hulle…en disintegreer na niks eetbaars nie. Dan begin hulle maar van voor af…Soms word hulle te vinnig warm en dan vorm hulle klonte…en die res moet maar weer regstaan met die sif van geregtigheid om die klonte uit te druk!

Die bestes is natuurlik die wat in die blik gedruk was…hulle is uiters goed ingelê en het suiwer intensies en versprei die verskeidenheid van intense geure en kleure smaaklik deur die gereg. Dis immers in die balans van die mengsel. Alhoewel daar altyd ’n stukkie harde koejawel in is.

Dan is daar natuurlik die room…hulle is dun verpreid…maar blyk ook uiters nodig te wees. Hulle meng selde met enige van die ander. Wil eerder bo-op alles en almal uit troon! Hulle is ook diegene wat dink hulle is ’n suiwer gereg op hulle eie. (min mense eet net die room – dit is immers ongesond! – maar moenie dit vir hulle vertel nie!) Gou-gou genoeg sal hulle besef dat room nie alles om hulle wit maak nie…maar dat ander kleure en geure hulle juis gebruik om vir ’n goeie mengsel te sorg. Hulle trek dit onbewustelik na hulle self toe, juis om doelbewus aandag te trek.

Die uiters skaars hard-nuts word uiteindelik flenters gekap en liggies egalig bo-op gesprinkel. Net genoeg om jou te herinner dat hulle ook maar deel is van alles.

Dankie tog, ons het intussen ontslae geraak van daardie oudmodiese “cherry on top” decorations…dit is officially in 1994 uit die mode verklaar!

by VozSola

Sluipslapers!!!!

Junie 22, 2010 in Sonder kategorie

Ek is nou regtig bietjie by moerig verby. Die vermetelheid om sommer so intrek te neem! Dit behoort onwettig verklaar te word!

Vrydag êrens deur die nag het hierdie sluipslapers hulle intrek by ons geneem. Hulle woon soos skimme…totdat jy die evidence sien…dan is dit gewoonlik te laat…

Wel, ek het nie gekla nie…en die naweek mooi omgesien dat kleinding geisoleer word…maar helaas!

Gister bring ek kleinding werk toe…met medisyne sakkie en al…

Vanoggend neem ek hom dokter toe…en sy medisyne word myne…en sy nuwe sakkie groter as myne.

Nou sit ons hier by die werk (want ek MOET) en beloer mekaar met leep ogies. Hulle floreer op selfbejammering en sleg voel…hoe meer, hoe beter vir hulle!

Die sluipslapers is welbekend en hier is ’n paar id foto’s van hulle.

Bel onmiddelik jou geneesheer sou jy een van hulle by jou huis gewaar…hulle slaap onder jou bed…en val jou gedurende jou slaap aan…

Passop!

by VozSola

Confess jou hier en Confuss jou daar

Junie 21, 2010 in Sonder kategorie

Okay… 

Ek het nog nie van die 2010 sokker games gekyk nie…dit irretate my grensloos en gee my hartkloppings!

Ek kyk ook nie rugby nie…en daai commentator se stem gee my nagmerries…

Die laaste fliek wat ek by die movies gaan kyk het…was Bug’s life…ek dink dis so tien jaar gelede…

Ek is glad nie ‘n wintermens nie…!!!!

Maar… 

Ek eet boerewoers take-a-way rolls as die family Ocean Basket toe gaan…

Ek slaap in winter-wollies tot in December…wanneer dit warm genoeg is…

Ek begin my dag met internet nuus om 04h30…

Is te eerlik en opreg vir my eie beswil…

Dan…

Praat ek nooit voor ek gedink het nie, maar skryf gewoonlik voor ek dink…en dink kom soms en meestal gans te laat…

Ek lees in prentjies…en verstaan, maar kan nie my drome se prentjies verstaan nie.

Ek kan nie normaal oor dinge dink nie…en as ek dit beskryf/omskryf dink mense ek behoort VIP toegang na Loony Tunes te kry…

Ek voel te veel…en voel te min…

Die…

Seerste woorde wat ‘n totale vreemdeling al teenoor my geuiter het…was KOBUS DE KLERK op SêNet…nie net een keer nie of drie keer nie…maar altyd.

Mooiste woorde wat totale vreemdelinge al teenoor my geuiter het…was hier op myse blog.

Vreeslik…

Ek stuur nie meer sms nie…en ook nie meer e-mails nie…(minimaal as ek moet)…want vinnige vingers op verkeerde nommer of mail…kom nie met die ‘undo’ knoppie. (met die verkeerde nommer bel…sit jy net neer…)

Baie presies en vol roetines…(sonder om obsessive te wees) Verandering is ‘n vrees…onoorkombaar.

Einde.

(Julle kan saamspeel as julle wil)