by

Soul suckers

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

 

 

 

 

Hoe hanteer mens sulke mense?

 

Mense (veral kollegas) wat jou emosioneel droogsuig nog voor die dag sy tweede koppie koffie gesien het! Hulle suig jou siel uit en laat jou met hulle eie leë eggo van onstabiliteit agter.

 

Hulle laat almal met wie hulle kontak het, leeg agter – en hulle is diegene wat met ‘’n vol sprankelende gemoed so teen laat middag kom vra….”wat’s fout, jy’s so stil vandag”

 

Jy smile, gee aandag, gee raad, troos, en help waar jy kan…en as jy skielik leeg is…’dan wonder hulle wat de moer is fout met jou!’

 

Nee wat…ek dink ekke het ‘’n refill nodig! Want om vir ander te sê hulle het alles gevat – gesteel –uitgemergel…mag hulle dalk net seermaak…

 

Wou al in my hoekie gaan sit vanoggend…maar die ligte is af en ek’s bang vir die donker…ek wou son hoekie toe skuif…maar hulle is reeds volbespreek deur al die ander soul-suckers…

 

Damn…dit maak van my ’n sukkelende swakeling wat geen weerstand het om dit wat myne is te beskerm en te koester nie…want indien wel…sal mense sê ek is selfsugtig en rude!

 

10 antwoorde op Soul suckers

  1. Vuurpyl het gesê op Junie 30, 2010

    Ekl kom uit so werkomgewing. Verstaan heeltemal. Altyd gese my ‘suikerpot’ is leeg en kan dit nerens vul nie.

  2. katrina het gesê op Junie 30, 2010

    Probeer jou distansieer, al is dit moeilik. Dink net: die probleem is by daardie mense, nie by jou nie, dus moet jy nie toelaat dat hulle jou so leegtap nie. Side-step, moenie two-step nie… Sterkte

  3. As ek sulke dinge hoor is ek van voor af dankbaar dat ek alleen werk!

  4. VozSola het gesê op Junie 30, 2010

    Ek hoor jou!

  5. VozSola het gesê op Junie 30, 2010

    Ekke laaik jou dans-passies…gaan dit probeer. Dankie.

  6. VozSola het gesê op Junie 30, 2010

    jippeeee!

  7. VozSola het gesê op Junie 30, 2010

    Mmm…ek hoor wat jy sê. Miskien maak ons die lewe net ‘n tikkie te moeilik vir ons self op ‘n af dag?

  8. VozSola het gesê op Junie 30, 2010

    Geseënd is jy sowaar!

  9. VozSola het gesê op Junie 30, 2010

    Skuusie Maankind…
    Ja-ja-ja…ek hoor! Dis net party dae wat die luister moeilik is?

  10. VozSola het gesê op Junie 30, 2010

    Jy laat my dink aan ‘n boksie ‘smarties’…!
    😉
    ps…dis ‘n kompliment, net ingeval jy my verkeerd lees!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.