by

as woorde wasem word…

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

Wasem woord

As die greep

soms die pen laat gly

die ink hardnekkig

my blad deurweek met

krulletter gebed gedink

lank vergete

en onthou

weer die noodsaak word

Gegewe die woord

verlore soms

nog danksegging

in akkoord soos wilde

vye in ‘n boord,

sing geen engel

hier ‘n noot

Stilte sê gewoon

nog niks en meer

aan die wat hoor

is albei saam

steeds te hard vir

vlees laat staan in smart

©

Moenie van die Blog-MOB-Picnic uitnodiging vergeet nie

3 antwoorde op as woorde wasem word…

  1. VozSola het gesê op Julie 1, 2010

    Baie dankie.

  2. ek het gelees, kyk jou sterre!

  3. louisna het gesê op Julie 1, 2010

    Pragtig.

Los ’n antwoord vir I-like-silly. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.