by

Wanneer gedagtes op loop gaan…

Mei 15, 2010 in Sonder kategorie

…en jy net wil weghardloop…maar skielik eerder stilstaan…

Die wind het sommer so laatmiddag teen sonsak begin sterker waai. Die die laaste moedige strale het elke wolkie met ‘n pinkerige randtjie getooi. Soos vroegwinter dit wil hê, het die donker die skemer in ‘n oorwink waarwel geroep. Soos om ‘n lig afteskakel – maar met die natuurlike groote van die aarde – neem dit ‘n minuut of vyf om ons almal te bereik.

Dit is sowaar ‘n donker-donker nag en die maan net ‘n strepie van hoop wat tans deur ‘n lui oogknip na ons loer. Dit is ‘n spookwind wat om die hoeke van die huis huil. Koud en warm – koud en warm… Daar skuil ‘n eggo van ‘n gil daarin as jy mooi luister asof dit van vêr gedra is. Nou en dan is dit stil…’n blaaskans…’n ophou, ‘n opbou…en dan weer in onsigbare golwe van niks aan jou ruite kom karring en die blare laat gesels en die ritselboom laat sing. ‘n Aria. Harstseer verhaal vasgevang tussen die hartstog van liefde en die onstuimigheid van leed.

Meeste ligte in die huis is afgeskakel. Die ligte in die tuin weerkaats die vele dansende skadus wat vanaand fiesta hou. Donker en lig, helder en dof. Sommige kruip stil-stil in donker hoekies weg…en ander bekruip mekaar sagkuns en versmelt in een donkerte. Ek wonder of my skadu ook vanaand in die wind sal dans?

Die honde blaf…dit is donker…alles lyk asof dit lewe daarbuite. Ek loer versigtig deur die venster…die honde loop op en af…argeloos en blaf…aanmekaar…vir ‘n uur al…en steeds sien ek niks behalwe die lewendige skadu’s nie. Niks is solied waarop ek my aandag kan vestig en regtig bekommerd moet voel omdat ek en kleinding alleen is nie.

Dalk sien hulle. Dalk sien hulle ook die skadu’s dans. Dalk hoor hulle ook die gille van verlange. Dalk sien hulle die toneelspel van die lewe weerkaats in die lig. Dansende en huilende tussen die winde van verandering – veranderde winde waarin niks ooit konstant kan bly nie. Want nie mens of gees is ‘n rots nie…selfs rotse het ‘n skadu en sal ook in wind en weer  verkrummel tot stof…ook in die wind verwaai…

 

(ek het toe intussen die flits gaan haal…’n liggie waarvan ek beheer is …uitkanseleering van een skadu deur ‘n nuwe…die ogies wat loer…ek wens mense wil hulle katte op sulke onbemoedigende aande eerder binne die huis hou!)

6 antwoorde op Wanneer gedagtes op loop gaan…

  1. VozSola het gesê op Mei 15, 2010

    haai dankie, Ghaap.

  2. VozSola het gesê op Mei 15, 2010

    maar ons wil dit net nie elke dag besef nie…

  3. DallaSePa het gesê op Mei 16, 2010

    !!!

    (Dit beteken … “Puik’ … en … ‘Ek dink aan Jou’ … en … ‘Hoop jy is OK’)

  4. VozSola het gesê op Mei 16, 2010

    Dankie…
    en mmmmm….

  5. Erika.Heuer het gesê op Mei 17, 2010

    Baie lekker storie.

  6. VozSola het gesê op Mei 17, 2010

    Dankie Erika, dat jy kom lees het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.