Hallo Maatjie/s
Mei 14, 2010 in Sonder kategorie
Maankind het ons vanmiddag mooi gemaan om nie so te moan en groan nie…maar eerder om iets aan situasies te doen…as om te wag en dan te kla.
So, hierdie week was nou nie juis die lekkerste lekker week nie. Ek het vroeg aand gaan slaap op die dag toe ekke ‘n jaar ouer geword het. Ander kleinighede wat my kom pla het…die groep toeriste wat hul eerste aand in SA by ons Hotel oorgebly het…is almal gedood in die vliegramp Woensdag oggend. Gister was besonder moeilik vir my… en gisteraand nog moeiliker… donker.
Maar ek’s nie hier vir kla en moan nie… ek is hier om dankie te kom sê vir die gawe bloggers se boodskappies… mense wat my nie eers ken nie…wat so nice kan wees…en raad gee en omgee. Dit het my laat dink…
Ek is hier om aan my ‘Blog-Engel’ dankie te sê vir haar hulp, raad en bystand…en die antwoorde op hordes ‘ek verstaan n ie’ en ‘hoekom? ’e-mail vrae wat sy met groot geduld en liefde beantwoord…en dinge so mooi verduidelik, enige tyd van die dag of nag. Ek het nie woorde vir dankie nie…
Ek wil ook dankie sê aan my blog-geselsmaatjie…dankie vir kerse en die denke…altyd dankbaar vir ‘n woord of twee met ‘n lol!!!!! tussenin. Dankie vir die lang geselsie vanmiddag!
Dan wil ek ook aan ‘n spesiale maatjie dankie sê..(sy blog nie hier nie…maar lees ons!) Dankie maatjie vir jou koffie kuier vanoggend…ek mis jou baie…jy weet dit. Al kry ons nie altyd tyd vir kuier nie…weet jy ek dink altyd aan jou..en is baie lief vir jou! Lekker verjaar vriendin!! Sien jou weer op Vroue-dag…hierdie jaar is my treat!
Ek wou my inskrywing van gisteraand verwyder het…maar iemand het my aangeraai om dit nie te doen nie…alhoewel ek dit as baie persoonlik ag, in ‘n donker oomblik van twyfel, woede, vrees en hopeloosheid en frustrasie…verstaan ek dat dit dalk vir ‘n rede daar moet bly…nie vir myself nie…maar vir daardie èèn persoon wat dit gaan lees…dalk vanaand, dalk eers maande later…en dit sal verstaan asof dit so bestem was.
DallaSePa het gesê op Mei 14, 2010
Sorry ek het gemis … gaan nou weer soek …
ps – Is jy OK?!
VozSola het gesê op Mei 14, 2010
😉
Mmm…te bang ‘n antwoord beland dalk elders…(weer)
DallaSePa het gesê op Mei 14, 2010
Nee wat … jy weet mos … No Problem.
VozSola het gesê op Mei 14, 2010
eish,,,thanx…!!!
😉
VozSola het gesê op Mei 14, 2010
nee…ek het jou gelees en vreeslik skaam gekry vir my eie gedrag en denke…
Dankie vir goeie raad!!!
loudavisi het gesê op Mei 14, 2010
xxxDrukkiexxx
VozSola het gesê op Mei 15, 2010
xxxOOOxxx
VozSola het gesê op Mei 15, 2010
Dankie Retha, ek waargeer dit.
VozSola het gesê op Mei 15, 2010
!!!….?…!!!!!
VozSola het gesê op Mei 15, 2010
Hi daar…
Dankie…!
VozSola het gesê op Mei 16, 2010
Dankie Annemarie,
Ek waardeer dit.