Jy blaai in die argief vir 2010 April.

by VozSola

So onperfek absoluut perfek

April 12, 2010 in Sonder kategorie

So skyn die son aan die een kant, terwyl dit aan die anderkant reën. Vir die een aan die kant is dit goed en dalk vir die een aan die anderkant ook. Wie is ons dan om die lewe as onperfek te sien, terwyl alles in totale werklikheid eintlik perfek is?

Ons is almal perfek soos dit in veronderstel is om te wees.

 Daar is niks soos onperfeksie nie. Onperfeksie lê slegs in die oë van die waarnemer.

Dus, kan ons dalk gerus in hierdie tyd bietjie terugstaan en die perfeksie van elkeen om ons bewonder. Dit is nie onperfekte mense wat die lewe ondraaglik vir ander maak nie, dit is slegs ‘n onperfekte situasie waarin mense na ‘n perfekte oplossing soek…maar hulle soek dit in ander se onperfeksie en nie in hulle totale perfeksie nie.

Dit is slegs my onperfekte opinie…

en eendag as ek groot is, wil ek ook in so ‘n perfekte spieël kyk.

by VozSola

…op krukke…

April 12, 2010 in Sonder kategorie

Omwenteling

die swanger maan wat so gedagtes baar

     die blinkers sal getuig

want elkeen is ‘n wens, steeds nog onwaar

     en

die rinkhals kronkel nuwe strome voos

     en laat die swelling dui

gewetes wild, die water het gebloos

     en

ek volg die inkpad uitgelê in Woord

     geklad, besmeer, probeer

ek gee gehoor, maar sukkel met akkoord

by VozSola

Bietjie te min en effens te veel

April 9, 2010 in Sonder kategorie

…en ek’t sopas my geduld verloor.

Nie alle wit mense is Afrikaners nie, en nie alle swart mense Xhosa’s nie. Nie alle Afrikaners is ver regs nie, en nie alle swartes is ver links nie. Nie alle wit mense is FW nie en nie alle swartes Madiba nie. Nie all wit mense is ET ondersteuners nie, en nie alle swartes is Malema ondersteuners nie.

Eers is ons sus, dan is ons so. Ons polities korrekte attentas waai soos grassade in die rigting van die winde wat om ons waai…bietjie te min hierdie kant, dan weer effens te veel aan daardie kant. En as ons die dag verdeeld stilstaan en wonder…neurie ons in gebed…Waai, windjie waai…want ons weet nie wie ons nou wil wees nie.

‘n Moord is ‘n moord en ‘n gebed is ‘n gebed.  Daar durf nie onderskeid getref word deur ‘n aanname te maak dat alle moordenaars swart is nie, en alle gebede net deur en tot wit gespreek word nie! Net so kan ons nie oor enige iets of iemand of situasie durf oordeel in die letters van ons ink nie.

Ironies dat meeste moorde swart op swart, wit op wit en bruin op bruin is…dat meeste mishandeling van kinders wit op wit, swart op swart en bruin op bruin is…dat die meeste verkragtings wat plaasvind wit op wit, swart op swart en bruin op bruin is…dat die meeste molesterings nader aan die bloedlyn as die kleurlyn loop…en dat bloed regtig dikker as kleurgrens is.

Net soos ek verbaas staan teenoor die ligter vonnis van die pa wat sy eie dogter verkrag het…en dit nie gereken word as een van die erger misdade in onse land nie…net so staan ek verbaas oor die onreg wat enkele individue aan die res van die gemeenskappe doen, in ten volle aanskoue van die wêreld…en hulle word ondersteun, want niemand durf teen hul staan nie. Maar hoe meer hulle praat, hoe minder begin ander te luister. Jy kan dieselfde ding net soveel keer sê…maar as jy aanhou om iemand oor en oor te slaan, gaan hulle dit begin verwag en nie lank daarna nie, kan hulle nie meer funksioneer sonder om geslaan te word nie. Die oudste soort van beheer en manipulasie beheer wat daar is.

Die nuwe soort van oorlog wat hom tans uitwoed is nie met wapens en lang messe nie…dit is ‘n emosionele oorlog, ‘n aanval op die psige. ‘n Stadige en pynvolle proses wat jou lewe en lewenswyse onherroeplik verander…aanhoudend…totdat jy jouself aan jouself oorgee.

Die sirkels van trauma verwerking word al hoe kleiner. Geen meer ervaar,  ongeloof, vrees, woede, hartseer, rou en aanvaarding nie. Nee, hierdie soort van oorlog het net twee stappe…ervaar en aanvaar…ervaar en aanvaar.

Punt is, kleur alleen is nie ‘n beskermde wapenuitrusting teen hierdie soort emosionele oorlog nie. Niemand, ongeag, is daarteen bestand nie.

by VozSola

…en ek wonder…

April 8, 2010 in Sonder kategorie

Sondevloed

Dis alles immers net ‘n droom

‘n selfbewuste eie wens

maak dit van jou minder mens?

Ek wonder wie sal my bekoor

die bladsy in my bundel vul

ek weet ek het net geen benul

Begeerte is ‘n liggaamsklug

behoefte wat ‘n hart wil hê

sal hierdie stof dan ooit gaan lê?

by VozSola

Indeed…

April 8, 2010 in Sonder kategorie

How do you make a moment in time last forever – When a lifetime is but a moment in time?

by VozSola

Daardie eerste woorde…en ook die laaste…

April 7, 2010 in Sonder kategorie

…is die wat die grootste indruk maak.

Net soos met eerste indrukke, is daardie eerste woorde die belagrikste. Dink aan die eerste woorde wat uitgeruil word by ‘n ontmoeting tussen vreemdes. Daardie eerste duidelike woord van jou kind. Dit is dikwels daardie woorde wat jou ewig by bly.

So ook die laaste woorde wat tot jou gespreek word.

Blog inskrywings is vir my dieselfde. Dis altyd daardie eerste sin, en ook die laaste. Iemand se eerste inskrywing en hul jonste inskrywing.

Maar, dit is ook hoe boeke werk… Daardie eerste woorde in ‘n boek, is vir my netso belangrik soos die laaste sin.  Ek het vandag kans gehad om bietjie Cum boeke se rakke te bewandel…en uitgeloop met “The Oath” deur Frank Peretti, bloot vir die eerste sin; 

“Sin is the monster we love to deny”

by VozSola

Speechless

April 6, 2010 in Sonder kategorie

‘n Offline gesprek met ‘n medeblogger vanmiddag het  aan ‘n vreeslike gedagte geboorte gegee. Ek sidder om daaraan te dink…aan die ander kant, kan dit ‘n heel nuwe (eintlik ‘n 50,000+ jaar ou een) dimensie van menswees ontbloot.

Ons word môre oggend wakker. Geen woorde maak sin nie. Hierdie lettertjies is betekenlose oulike prentjies. Ons kan ook nie praat nie. Ons kan nie klanke vorm nie. Stembande werk nie…

Maar ons het dit nie nodig nie! Nee, telepathy is al wat ons nodig het.

Ja, daar is heelwat wat dit hier en daar nou al regkry…die res word aangehelp deur nie dit wat ons wel sê nie, maar juis dit wat ons nie sê nie. Dit is nie dit wat jy wys nie, maar juis dit wat jy nie  wys nie. Dit is nie dit wat ons lees nie, maar wat ons tussen in lees…Dit is nie dit wat ons verstaan nie, maar juis dit wat ons nie verstaan nie…

VIr die res…miskien moet ons begin oefen…

by VozSola

Ons vir jou…

April 5, 2010 in Sonder kategorie

eggo die woorde verlede week deur iemand se blog nog oor blogland…

Nou is dit stil. Want die wat wel iets sê se gemoedere grens aan JM se lemmetjies draad en die wat in stilte antwoord se woorde grens aan ET se doringdraad.

Ek is geen kenner nie. Ek vermy politiek soos Jik op die winkelrak. Hoekom? Want dit is skynheilig. Dit is ‘n front. Dit is ‘n verskansing van die vuiligheid in ons samelewing, van te veel bleik vergeel,  verswak en val die einste samelewing uitmekaar…

Maak dit regtig ‘n verskil? Ek weet nie. Ek het oproepe gekry van een van my vriende. Hy en sy ma het hul self in hul woonstel toegesluit. Wil nie eers die gordyne ooptrek nie. Sy ma is in ‘n toestand, en sy gemoed is nie ver agter nie… Hy bel om te hoor wat gaan aan. Hulle is bang. Ek vra hom of hy al by sy woonstel venster uitgekyk het… om te sien dat die lewe normaal daarbuite aangaan. .. My ouers bel, hulle is bang. Almal is paniekerig ens. Ens.

Die media se blaasbalk op hierdie vuur van vrese laat dit net vinniger versprei. Vrees is ‘n vlam jou lewe en denke opvreet.

En dan, die Sunday Times se hoof-berig – ET, Rapport se hoof-berig – Dozi se haatspraak. Waar is die balance? Waar is die justice?

Daar is geen. Die wêreld se nuwe speeletjie is eintlik ‘n baie ou een. Maar net perfected. Tit for tat. Whatever you can do, I can do better. Een bom hier, dan is dit twee daar. Een moord hier, vir drie moorde daar. Een aardbewing hier, vir ‘n groter een daar. Een vir een is nie meer voldoende nie. Een vir jou, twee vir my, twee vir jou, drie vir my… maar ons is te dom om dit te sien en die wat dit sien, draai na die anderkant…want as jy dit sien, sien ander jou!

Maar verander of verhoed dit jou om met jou daaglikse lewe voort te gaan? Nee.

Die beste wat ek vandag raakgelees het:

The basic tool for the manipulation of reality is the manipulation of words. If you can control the meaning of words, you can control the people who must use the words.

Philip K. Dick

All the war-propaganda, all the screaming and lies and hatred, comes invariably from people who are not fighting.

George Orwell

The media’s the most powerful entity on earth. They have the power to make the innocent guilty and the guilty innocent, and that’s power because they control the minds of the masses.

Malcolm X

Our scientific power has outrun our spiritual power. We have guided missiles and misguided men.

Martin Luther King 

by VozSola

Ons vir jou…

April 5, 2010 in Sonder kategorie

eggo die woorde verlede week deur iemand se blog nog oor blogland…

Nou is dit stil. Want die wat wel iets sê se gemoedere grens aan JM se lemmetjies draad en die wat in stilte antwoord se woorde grens aan ET se doringdraad.

Ek is geen kenner nie. Ek vermy politiek soos Jik op die winkelrak. Hoekom? Want dit is skynheilig. Dit is ‘n front. Dit is ‘n verskansing van die vuiligheid in ons samelewing, van te veel bleik vergeel,  verswak en val die einste samelewing uitmekaar…

Maak dit regtig ‘n verskil? Ek weet nie. Ek het oproepe gekry van een van my vriende. Hy en sy ma het hul self in hul woonstel toegesluit. Wil nie eers die gordyne ooptrek nie. Sy ma is in ‘n toestand, en sy gemoed is nie ver agter nie… Hy bel om te hoor wat gaan aan. Hulle is bang. Ek vra hom of hy al by sy woonstel venster uitgekyk het… om te sien dat die lewe normaal daarbuite aangaan. .. My ouers bel, hulle is bang. Almal is paniekerig ens. Ens.

Die media se blaasbalk op hierdie vuur van vrese laat dit net vinniger versprei. Vrees is ‘n vlam jou lewe en denke opvreet.

En dan, die Sunday Times se hoof-berig – ET, Rapport se hoof-berig – Dozi se haatspraak. Waar is die balance? Waar is die justice?

Daar is geen. Die wêreld se nuwe speeletjie is eintlik ‘n baie ou een. Maar net perfected. Tit for tat. Whatever you can do, I can do better. Een bom hier, dan is dit twee daar. Een moord hier, vir drie moorde daar. Een aardbewing hier, vir ‘n groter een daar. Een vir een is nie meer voldoende nie. Een vir jou, twee vir my, twee vir jou, drie vir my… maar ons is te dom om dit te sien en die wat dit sien, draai na die anderkant…want as jy dit sien, sien ander jou!

Maar verander of verhoed dit jou om met jou daaglikse lewe voort te gaan? Nee.

Die beste wat ek vandag raakgelees het:

The basic tool for the manipulation of reality is the manipulation of words. If you can control the meaning of words, you can control the people who must use the words.

Philip K. Dick

All the war-propaganda, all the screaming and lies and hatred, comes invariably from people who are not fighting.

George Orwell

The media’s the most powerful entity on earth. They have the power to make the innocent guilty and the guilty innocent, and that’s power because they control the minds of the masses.

Malcolm X

Our scientific power has outrun our spiritual power. We have guided missiles and misguided men.

Martin Luther King 

by VozSola

‘n paar gedagtes uit my griffel-argiewe vir ‘n rainy day.

April 5, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Questioning Dysfunctional Self?

 

I want to tell you a story. Just a story. A life with filled with so much hope… Trying to live a normal life, although deep inside, she is shouting out loud “Here I am! Look at me! Talk to me! Be with me! I am!”

The rest of the world stared at her in horror, the others whom she now call her friends, have answered her cries. Yet, the most important people in her life have ignored her outbursts. They couldn’t care. The silence was too loud.

“What is wrong with me? I am just another person who wants to live, feel happy and experience love! But I am empty and I am drained. I am so tired of trying to make everyone around me happy. Doing and living the way it’s expected of me. To always do things the right way. I am loosing myself. Just now and again I manage to catch a glimpse of myself in the mirror of life – When I dare to venture out and do something for myself. But, that is selfish, so damn selfish! So they tell me. Then, I feel guilty for feeling great. I feel guilty for enjoying the time I spend to be alone. I feel guilty for feeling guilty.”

“I feel guilty for questioning life. I feel guilty for not understanding life. I don’t understand why people have to die horrible deaths, why some children are born just to suffer slow painful deaths through cancers and disease? They are too young to comprehend pain! Yet they say, “Everything has a reason” I cannot understand the moral or reason for such suffering. Is it to teach someone somewhere something? “Why do some old people have to lose their sanity just to walk the earth as zombies stuck in a lifetime already forgotten?” “Why is it that to take another life is regarded a sin, but to take you own is seen by some as a blessing for your own sanity?”

“Why if we can put man on the moon, travel through space to reach another planet, in the pure hope of encountering other unidentified life-forms, build indestructible structures and replanting organs – we are still unable to define happiness and sadness?” We are yet to determine how to control our thoughts and way of thinking. We are still unable to eliminate cancer and the birth of broken babies!

We believe in God, we believe that Hope, Faith and Love will make us see it all, to conquer all! That is the greatest challenge in life. “You see, even if think we might know it all, we do not have complete Hope, We do not give unconditional Love, We have lost our Faith” therefore we cannot ever know it all.

“Life is too short to find it and life is too short to live it” What are Hope, Faith and Love you may ask?

“Hope defines our tomorrow. Hope makes us dream, and the dreams keep the hope alive!”

“Faith is trust and believes. The trust a scared child has in you to make him feel safe”

“Love is unconditional. Too really love without expectations and allow to be loved.” 

But with all this knowledge, we still fail every day, to be able to combine all three aspects of life. We try, and then fail and with this we lose Faith, we can’t love anymore because we have lost hope!

To ask questions, striving to find the answers and interfering to try to determine our fate or destiny, is part of who we are. “Maybe that is the cause of our problems? Maybe it is our interference in the existence in natural life, that we created the abnormalities in life?” We are so eager to meet our unborn baby, that while poking and peeping, we might destroy a miracle? We are so eager to save lives that we destroy plants and animals in the process to do so? We are so eager to create more life and fill the earth, that we deplete the earth’s resources?”

They call this compromise. “There is no such thing as compromise! Somehow, someone or something somewhere has to sacrifice someone or something to accomplish a compromise somehow!” It creates a ripple that centers out of your life to touch the world around you. “What causes us to stare blindly, not seeing the effect that your life has on others?”

Suddenly – you hear a children’s choir sing “Silent Night”, you feel the small hands around your neck, with an unexpected sticky-faced kiss on your cheek. You really hear the words “I love you”. You appreciate the early morning rain, cleansing the day. You watch the awesome display of golden rays at sunset. “God frames those precious few seconds for you in your album of life” Those few moments where your heart overflows with hope, faith and love. Those are the moments that life is all about! When it happens, the enchantment, the enlightenment and total peace you feel… If only we can make those very moments in time, last forever. That is Life! That is where life begins and during those moments, is where life should end for those whose time has come.

But for now, I am cursing my neighbour’s dog for barking the whole night. I’m dreading the time that I have to get up and go to work. The rain, for causing traffic backups on this Monday morning, irritates me. I kick at the muddy puppy for jumping at me, dirtying the only clean pair of pants. I curse the sunset, because the sun wiser cannot eliminate the glare. I can’t fall asleep, because the thoughts of tomorrow are clouding my soul.

“Wait, maybe I’m dreaming, but I see the white rays of the rising sun… Wow! A brand new day! A brand new Way! The sun has risen and awoken my soul.

This is questioning the dysfunctional relationship we have with the world around us and our own dysfunctional self.

I call this “Life!”                                                                                                   ©