Jy blaai in die argief vir 2010 April.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Wense…

April 20, 2010 in Sonder kategorie

net nog ‘n Tuesday song….

I can’t control this flesh and blood
That’s wrapped around my bones
It moves beneath me like a river
Into the great unknown

I stepped onto the moving stairs
Before I could tie my shoes
Pried a harp out the fingers of a renegade
Who lived and died the blues

And his promise made was never clear
It just carved itself in me
All I saw was frost inside my head
On the night he said to me

Someday we’ll live like horses
Free rein from your old iron fences
There’s more ways than one to regain your senses
Break out the stalls and we’ll live like horses

We’re the victims of the heartbreak
That kept us short of breath
Trapped above these bloodless streets
Without a safety net

I stood in line to join the tribe
One more customer of fate
Claimed a spoke in the wheel of the wagon train
On the road to the golden gate

On the flat cracked desert I jumped ship
It just made sense to me
I’ve spent too long in the belly of the beast
And now I shall be free

Someday, free reign from your old iron fences
There’s more ways than one to regain your senses
Break out the stalls and we’ll live like horses

Live like Horses – Elton John

Profile photo of VozSola

by VozSola

Die moderne dag se ‘da-de’ (d’ie) to total madness (Waarskuwing –Deadly (taal) Verwarring!)

April 19, 2010 in Sonder kategorie

Ek pleit openlik defeat. Die kernwoorde wat ons bestaan deesdae moet ophelder is, de-tox en de-stress!

Maar nou sukkel ek…hoe defy hulle so ‘n decision? O, hulle sê dat jy onmiddelik die delight van jou defeat oor stress en ongesonde leefwyse sal waardeer. Jou desire vir ongesonde denke en wense sal diminish. Jou interne defence meganismes sal verskerp.

Die politieke-politoer-vloer lyk nie juis veel beter nie. Hoe desribe mens hierdie gevoel van despair as jy nie weet waar mens môre gaan wees nie. Ek detect dat hierdie polishers net nog ‘n manier gaan design om ons geduring onder geestelike deceit te bring. Meeste deliver nie. Hulle demonstrate die beste intensies, maar deny ons die delivery van hulle intensies.

Ander  devote hul dae om hierdie elemente te decode. Van die hulpeloses vergaan intussen van die decay as gevolg van ander se delays.

Maar in die winde van despair, sit ons delirious en droom en verlang ons steeds na dit wat kan wees. Hoekom depress ons onsself dan so met ons eie gedagtes? Ons deprive onsself van geluk. As ons maar net meer decisive kan wees oor ons eie desires en alles anders negatief in ons lewe toegang decline sal die son dalk elke dag oor almal kan skyn.

Profile photo of VozSola

by VozSola

Jy moet vinnig kyk, want nou-nou is dit weer weg…

April 18, 2010 in Sonder kategorie

Ek het lekka aan Maryke se blog gelees. Ek het ‘n fobie against foto’s…want ons lyk regtig nooit so soos in daardie splitsekonde van die open-lens nie!

Ek het ook ‘n issue om kiekies op die net te laai…maar net vir vandag deel ek gou-gou ‘n paar van my gunsteling kiekies met julle…sad hoe vinnig ‘n kind kan groot word en verander terwyl ons self gou-gou oud word!

‘n Kiekie hier en ‘n kiekie daar…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Op die pad na Self-destruction?

April 18, 2010 in Sonder kategorie

Het jy al ooit regitg mense gesien?

Ons wandel dag in en dag uit op die voosgetrapte pad van daaglikse roetine. Sommige dae is maklik en sommige dae is moeilik. (laat my dink aan daai song…”some days are diamonds and some days gold…”  terwyl meeste is met stones…)

In die omgee en oplettendheid na ander om ons, kan mens ook hulle bagasie raaksien. Daar is so ‘n groot verskeidenheid… Klein handsakkies, het nog soveel onskuld en vryheid  tot die wat swaar trek aan die luggage trolley met opgestapelde tasse, bokse, sakke… So het elkeen van ons seker maar ‘n ou tassie wat saam met ons deur die lewe gaan.

As jy wonder wat in hierdie tassies geberg word…dit is nie die mooiste herinneringe nie, want dit kan nie geboks en gebêre word nie, want dit lewe in ons harte omdat dit lig en mooi is. Dit is die dinge wat ons naby ons wil hou.

Ons pak elke aand ons tasse voor ons gaan slaap. Alles wat donker en hartseer is. Ons versorg nie daardie dinge nie. Ons maak dit nie skoon nie. Ons vou dit nie op en verseël dit in lugdigte verpakking nie.

Nee, ons is so haastig, ons gebruik hierdie lewenstas soos ‘n wasgoedmandjie…trek uit, gooi in, plaas die deksel op, draai om en loop weg… en dan op ‘n dag besef jy dat jy nie meer skoon klere het nie. Noodgedwonge gaan krap jy in daai mandjie op soek na die skoonste van die vuilste om aan te trek. Sodoende is jy vinnig op die pad na self-destruction.

Hoe versorg mens hierdie soort van klere? Elke dag? Weekliks? Per maand? Een keer per jaar? Elke dekade eers? Nooit?  Ek weet nie.

Tog is ons almal bewus van die wonderlike produkte op die lewensmark, stain-removers, versagmiddels, special seep vir donker kleure en ander vir wit… maar steeds bly ons nie voor met die daaglikse wasgoed wat hierdie lewe vir ons bring nie. Party moet noodgedonge soms twee of drie keer deur ‘n dag van klere wissel. 

Ons tasse bly vol en die tasse raak net meer. Tweedehandse klere is hier nie in aanvraag nie. Niemand wil dit met ‘n ander deel nie. Elkeen se tas is sy eie.

Dit bring my terug na die vraag. Het jy al ooit regtig mense gesien?

Is die oplossing ‘n geloofs-saak?  – Ja en Nee.

Lê die oplossing binne jou eie perke te verwerking, vergifnis, skuld-erkenning, aanvaarding ens? – Ek weet nie.

Wat is die emosionele uitwerking hiervan? – Ongekende ingebore woede, ongekende hartseer waarvan die oorsprong al vergete agtergelaat is.

Hoe maak mens dit reg? – Ek weet nie?

Hoe begin mens regtig van voor af? Ek wens iemand weet…

Hoe swaar is jou tas vandag?

Profile photo of VozSola

by VozSola

Verstaan onverstaanbaarheid (1)

April 17, 2010 in Sonder kategorie

…dat Mr. Bean actually funny is…

…dat jy altyd êrens anders wil wees, bereik jy daardie bestemming, verskuif dit onmiddelik elders…

…die lewe is ‘n lied…maar meeste sing vals…

…nie almal se lucky packets contain dieselfe surprises nie…

…dis die klein dingetjies wat die grootste probleme word…

…die korste pad neem altyd die langste…

…van lagte kom huile… (die oumense was darem baie slim!!)

…woorde is magtig…dit kan heelmaak en bly maak maar ook sny, rasper en verniel…

…hoe minder jy verwag, hoe meer word jy beloon…

…dat slaap nooit met wakker bly se drome kan opvang nie…

…hoe meer jy verstaan hoe groter word die onverstaanbaarheid…

Profile photo of VozSola

by VozSola

Myse 3×3

April 15, 2010 in Sonder kategorie

1×3 = SPYS EN DRANK:  

Koffie,

Biltong,

Chocolate

1X3 = LEES EN KYK:

The Shack, (read)  

Into great silence, (documentary)  

Jonathan Livingstone seagull (movie)

1×3 = LUISTER EN VERSTAAN:

Mense,

Be & Dear Father (songs)

Suzanne (song)

Profile photo of VozSola

by VozSola

Die geheime wat jou pen verklap…

April 15, 2010 in Sonder kategorie

Nie almal werk meer met pen en papier nie… Ek is een wat nie daarsonder kan nie.

So het ons almal griffel-skrif en cheque-book skrif.

Watter geheime lê in opsluit tussen jou hand en jou pen? 

http://science.howstuffworks.com/handwriting-analysis.htm

Kom wys ons…

 Hier’s myne.

 

Profile photo of VozSola

by VozSola

Maankind se inkleur speeletjie

April 14, 2010 in Sonder kategorie

Dankie vir jou en die ander wat reggeraai het!

Hier’s ekke!

Profile photo of VozSola

by VozSola

Is ons colour-coded?

April 14, 2010 in Sonder kategorie

Nee, ekke praat nie koerantberigte nie. Ekke praat ook nie noodwendig van aura’s nie.

…watter kleure is mense?

Ek associate mense gewoonlik met kleure. Bv. Iemand hier in blogland sien ek as ‘’n mooi mengsel van oranje, geel en rooi…soos ‘’n sonsondergang in die Karoo! (en ekke was reg! XXX)

Ander mense hier is vir my blou, of groen…sommiges is pers…maar ek weet nie of ek reg is nie.

In watter kleure sien julle mense?

Ek wonder in watter kleur ander mense my sien?

Profile photo of VozSola

by VozSola

The sound of silence…

April 13, 2010 in Sonder kategorie

Al ooit gewens dat jy woorde kon terug neem?  Gedagtes eerder ongedink kon gelaat het? Weer in die ry kon staan waar jy uit jou beurt gepraat het? Of gewoon net ‘n undo knoppie gehad?

Maar mens kan nie. Jammer maak dit nie reg  nie. Ongevraagde raad behoort eerder onbewoord gelaat te word.

Soms glo ek dat the sound of silence die beste antwoord in alle opsigte is. Dit is doof teen ongenaakbare harde woorde. Dit is doof teenoor die wat nie wil hoor  nie. Dit is doof teenoor die wat nie wil glo nie. Dit is doof teen geweld, doof teenoor die dinge waarvan ons nie mag praat nie.  Dit is doof teenoor die dinge wat ons nie hoor nie. Dit is doof teen seerkry. Dit is doof teenoor gebroke harte.

 Dit is doof selfs teenoor stilte self

  …maar stilte self is nie doof nie…

        …silte alleen is te hard…