Profile photo of VozSola

by

Universal Languages

April 27, 2010 in Sonder kategorie

Gister het ek besef daar is meer as net een taal – en dit is nie die taal van liefde nie!

Ek het die voorreg gehad om gisteraand ‘n paar mense van ‘n bekende tv kanaal in die buiteland te onthaal – insluitende ‘n bekende aktriese. Hulle is al twee en half weke in die land – natuurlik ten voorbereiding van die sokker.  Hulle was by al die ‘moet-sien’ plekke – Kaapstad, Durban, Kruger ens. Ook het hulle al die stadiums besoek ens.

Dus, was hulle weereens baie gretig om te braai! Nie dat ons tradisie van ‘n braai baie van hulle sin verskil nie – behalwe hulle braai nie met basting en spices – gewoon net sout! Heerlik!

Ek het ook die voorreg gehad om vele ccv kamera clips te sien van verskeie plekke soos die lughawe, hotelle, clubs, bushaltes, selfs op die bus self ens. Tydens die aardbewing in Chile. Dis was skrikwekkend om die minste te sê. Ek het dinge gesien wat nooit die nuus gehaal het nie. Histersie en angs! Ook was dit heelwat anders as al die ander aarbewing beelde wat ons al gesien het soos daardie ‘sideways’ movements…hier het die aarde opwaarts geskud! Dit was werklik onbeskryflik. Ek het talle foto’s gesien wat ook nooit op tv gewys was nie. Hulle is trotse mense…maar wat ek op plekke gesien het…is vreeslik hartseer en so ook die stories.

So het die aand verloop en die beste deel was die openbaring van buitelanders hoe wonderlik SA is! Hulle het al die mooi en die goed beaam! Hulle het nie een keer verwys na crime nie. Hulle het nie een keer verwys na enige negatiewe gebeurtenisse nie. Hoekom nie? Nie omdat hulle in hulle ondervinding dit nie direk ervaar het nie, of oningelig is nie. Omdat dit nie die Suid Afrika is wat hulle sien nie!  Hoekom kan ons dan nie ook SA soos hulle sien nie?

Na ‘n aand se braai en kuier op my stoep (want dit het gereën en was donners koud) is hulle net na een die oggend hier weg…en toe begin die groot skoonmaak en opruim. Ons was elf mense en daar was  nege leë bottels drank! Nee, nie bierbottels nie. Rum, wyn, liqueurs, whiskey ens. Een het ‘n bottle rum by homself uitgedrink! Maar daar was ‘n verskil…hulle het nie soos meeste Suid Afrikaners dronk, loud en stupid geraak nie. Maar het almal dieselfde gebly.  Ek het mooi opgelet…en terwyl ek die hostess was en rondgehardloop en bedien het, het ek ‘n halwe glas coke en ‘n koppie koffie gehad…het ek gedink…drank is nie net ‘n euwel nie, maar ook ‘n universal language van kommunikasie. Skokkend!

Nou ja, na ek al die skottelgoed en opruiming is ek eers na twee in die bed. Vanoggend toe ek wakker word het ek weereens besef dat waardering en dankbaarheid ook ‘n universal language is…ons moet net leer om dit van ‘n ander angle te sien dan sal ons ook dalk hierdie land deur die oë van buitelanders kan sien en ervaar!

Nou gaan ek braai leftovers vir lunch…en terug klim in die bed met Milo en ‘n boek! 

Dit is wat ek vandag vryheid sal noem!

11 antwoorde op Universal Languages

  1. Sien jy nou. Suid-Afrika is ‘n wonderlike land. Mens moet net weer leer om dit raak te sien.

  2. HeavyHenry het gesê op April 27, 2010

    Nice inskrywing – klink of jy daar ‘n moerske party gehou het – ek sweer daai ouens se koppe is vonoggend baie bros…

  3. louisna het gesê op April 27, 2010

    Pragtige stuk

  4. VozSola het gesê op April 27, 2010

    !…. 😉

  5. VozSola het gesê op April 27, 2010

    Ons is!! Selfs hier in blogland!

  6. VozSola het gesê op April 27, 2010

    Jip…mens weet net as jy eers iets verloor het…

  7. VozSola het gesê op April 27, 2010

    ag, net ‘n aktriese en tv host op een van die Chilean tv channels.

  8. VozSola het gesê op April 27, 2010

    Nee toe blykbaar nie! Eish…myne het so gevoel van werk!

  9. VozSola het gesê op April 27, 2010

    Dankie Ouboet!

  10. VozSola het gesê op April 27, 2010

    😉
    Dankie…

  11. HeavyHenry het gesê op April 28, 2010

    Jirre dan’s hulle harder as Staal Burger!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.