Profile photo of VozSola

by

Charge of recharge?

April 25, 2010 in Sonder kategorie

Vrydag was ‘n dag wat tot ‘n ander demensie behoort het. Ek’t op ‘n rollercoaster ride gegaan…en dit was anders as daai rollercoasters wat ek as kind ervaar het. Toe was dit net fun, fun en fun.

My Vrydag ride was ‘toevallig’ deur ander beplan. Die kaartjie was gekoop. Die ride het gestop. Ek het ingeklim…bang en opgewonde…

Toe die ride begin, stadig het dit teen die opdraende getrek. Ek was oorkom met vrees. Ek was klam en bewerig. Hoofpyn wat opwel teen die wande van my ore. Naarheid en dronkheid oorval my.

Toe ek weer my oë oopmaak, het ek hierdie wonderlike 360 grade uitsig oor alles om my gehad. Net vir ‘n oomblik kon ek alles om my sien en ervaar…net toe val ek na onder. My oë toe.  My mond oop. Opgebergte emosies word met elke draai losgeskud. Ek lag en ek huil. Dalk was dit die vrees van opwinding, of dalk die opwinding wat vrees losgemaak het? Ek weet nie.

Ek het vroegaand van die ride afgeklim. Bewerig en verstom. Bang en bly.

Uitgeput het ek net na sewe uur die aand in die bed geklim. Saterdag laatoggend wakker geword…en weer gaan slaap. Nou eers op hierdie Sondag aand is ek volledig wakker. Maar nog nie uitgerus na daardie ride nie…

Ek wonder word ek dan gecharge of is ek op die pad van recharge?

Niks is soos dit veronderstel is om te wees nie, tog is alles veronderstel om soos niks te wees nie…totdat jy ook op daai ride kan gaan.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.