Jy blaai in die argief vir 2010 Februarie.

by VozSola

Help my om haar te help.

Februarie 4, 2010 in Sonder kategorie

Hierdie een girl het ‘n kar gekoop, en moes slegs die engine laat doen. Nou is daar gevind dat dit nie herstelbaar is nie, en ook kan nêrens een gevind word nie. Dus het sy baie verloor, omdat sy dit kontant gekoop het en daar is nie ook nie ‘n vreeslike groot sak hulpbronne oor nie.

Indien enige van julle ingeligte mense dalk weet waar sy ‘n engine kan kry, laat weet my. (of Space my) Die kar is staan tans in Pretoria. (maar enige plek in Gauteng sal die ding doen:

Model, 1982 Mercedes 230E (123 Series)

Met dank.

by VozSola

Goeie Môre!

Februarie 4, 2010 in Sonder kategorie

Die tweede koppie koffie is al koud!

Slaap die hele Blogland dan laat vanoggend?

by VozSola

Vir Ouboet

Februarie 3, 2010 in Sonder kategorie

 

Bieggebed

in flapper-fladder woorde

het die rookglas laat verkrummel

en laat jou naak en verwese     

Ontkenningsvlug

in hortende verlore woorde

het my oë oopgemaak, my siel toegegroei

en staan ek siende, doelloos verwese

Waarheid is nie vir ons ‘n keuse

maar laat ons eerder so bly, bloot verwese

totdat die son halfvloeibaar

in die horison versmelt

©

by VozSola

‘n Oomblik van stilte s’blief.

Februarie 3, 2010 in Sonder kategorie

Stilswye

 

Die woord het mag

met ontsag lê

dit wagtend stil

©

by VozSola

Die A-ha lysie

Februarie 3, 2010 in Sonder kategorie

ok, so ek’s nie lus vir werk nie, Here goes nogge-een.

Did you have an enemy or bully when you were young?

 Lots of bullies – I’m a real sucker!

Which is your wish that is not yet fulfilled?

n Spa get-away weekend…of a weekend away – alone!

Can you fake any accents?

Nee wat…nie nodig nie, mense verstaan my in elkgeval nie… Dis hoekom ek eerder griffel.

If you could go on a road trip with any person (dead or alive) who would you go with and where would you go?

Willy Nelson – Tennessee        

Do you like pets?

Jip

Have you any?

2 x Deurklokkies!

Which was the last book you read?

Die Bybel

What kind of people do you like?  

Vreemde mense – They are more kind than the one’s you know!

What cartoon character best describes you the best?

Die princess ant in the Movie – Bug’s Life

If you knew, you could try on any kind of work and that you would not fail in it, what would attempt doing?

Huisvrou!

Who do you respect the most?

Ouers met gestremde kinders, enigste kinders, mishandelde vroue. Mans wat vrouens met respek behandel.

If you could change something about yourself, what would it be & why?

Om nie so ‘n tipiese Taurus te wees nie!

Do you love kids?

Jip-ja

Name a few things that you can’t stand whatsoever

Geraas, Action movies bo die tv klankgrens van 10, Surround sound systems en movie theatre klank, Alarms

Koue – as die blare beweeg, jersey ek my toe! (enige iets onder 32grade is koud)

Mense wat vir hulself lieg.

Mense wat jou nie in die oë kyk nie.

Model C generasie kinders sonder respek met ‘n kak attitude.

  

What kind of music do you like to listen to?
Enige iets, behalwe Rap, koor, boeremusiek,  en het gelukkig  uit metal gegroei.

What is something you regret? –

Nie die dinge wat ek gedoen het nie, maar die dinge wat ek Nie gedoen het nie!

How often do you go over the speed limit?

In Pretoria? Nee wat, die pad wat ekke ry, ploeter jy gewoonlik tussen die clutch en eerste rat…deur tot by die huis.

Do you dance like crazy, when no one is looking? –

Nee

What do sing in the shower, if you do sing? –

Nee

What do you do when (you think) no one is looking? –

Vul lysies soos hierdie by die werk in.

Did you ever run away from home? Why/ why not? – 

Yip, sommer.

If you have to choose a movie title for your life story, what would that be? 

Blote flenters – (dis ‘n  lekker Dubbelsinnigge title)

What time did you get up this morning? 

04h30

 Do you like finding out all this stuff about your friends? 

Nee

Hair colour?

Volgens die mood van my hairdresser.

Eye Colour?

Groen-bruin

Weight?

52 kg

Length?

1,64m

Favourite Clothing?

Pajamas

by VozSola

The Good, the bad & the Ugly Lysie

Februarie 2, 2010 in Sonder kategorie

Ekke het ‘n vreeslike ontstellende dag gehad… so ek het bietjie vermaak kom soek…

Hier’s my lysie goetertjies;

Die basiese:

 

Formele of informele kleredrag?  Waarheen gaan ons?

Sing jy in die stort/bad/kar? Nooit

Draai jy jou hare in ‘n handoek toe na stort? Jip

Borsel jy jou tande voor/na stort? In die oggend, Na die tyd, In die Aand, Voor die tyd

Gebruik jy deoderant daagliks/weekliks/jaarliks? Per Dag

 

Jou gunsteling

 

Gevoel:  Bottervliegies!

Outydse liedjie: Somebody Nobody knows

Country liedjie: uhem…country?  That Summer

Haarband? liedjie:  O Boy Lollypop

90’s liedjie:  Eish?

Dit en dat en die flip weet wat:

Skaam of flirt jy? Oh, so skaam

Kerse of inpropbaar? Kerse

Netbal of Rugby?  Urghhhh!

Wit/swart hemp of bloes?  Wit, maar meestal swart

 

Algemeen

Is daar iemand wat jy nie kan ophou aan dink nie?  Ja, en dit beteken net HKGK êrens.

Is daar iemand wat jy nie kan verdra nie?  Jip, en hulle weet dit.

Vertel jy gereeld vir ander dat jy hulle liefhet? Liefde? Overrated…maar ek sê dit as ek dit bedoel.

Bly jy partykeer eerder by die huis as om uit te gaan? Huis, maar verkies uitgaan as die sink en kombuis skoon is.

 

 

Al ooit ..

Nie jou water en ligte betaal en dit is afgesny? Ja, hel, nie geweet jy moet sewe dae voor betaal datum pay as jy by PnP betaal nie!

‘n Koue stort gevat?  Yukkie ja, mens voel steeds vuil.

Grimeering aan iemand wat slaap/dood is gesit? Nope.

Jou hond jou op die mond laat soen? Nope…ek weet mos wat ons hulle voer…!

Vergeet dat dit jou verjaarsdag is? Een keer… 8 jaar gelede. (en dit was ‘n belangrike een)

 

 

Vrouens:

Wys jy so nou en dan kliewiets?  Mmmm…ja, wel… waar shop mens hulle?

Indien wel, hou jou man/ou/meisie daarvan? ——

 

Wat wil jy vandag bereik?  Om na alles wat vandag gebeur het… te probeer slaap.

Waarvoor is jy bang? Myself

Is jy goed met spaar?  Soos in toilet papier en plastic bags – Ja!

Lees jy jou lewensmaat se pos/smsé/e-pos? Nee, dis nie vir my belangrik nie.

Indien wel, weet jou lewensmaat daarvan?  Hy weet ek sal nie.

 

Wat is

 Die laaste oefening waaraan jy deelgeneem het?  Trappe klim…. Baie! Elke dag.

Is die ding wat van jou ‘n sterk mens gemaak het?  Geduld, uithou vermoë, respek, suiwer onselfsigtigheid, aanvaarding, uiterse oplettendheid en so bietjie mense-kennis en fokken harde werk…was die result, Hoe ek dit geleer het, is nie vir julle oge en ore bedoel nie.

Is jy

Nou alleen of is iemand by jou? Een voor die tv, die ander doen skoolhuiswerk, twee honde slaap…en ek tik mos nou vir julle hierdie lysie.

Verlief/verlore/verlis/geswore alleenloper?  Ge-ring en ge-tie.

 

o en ek laaik van Groen.

by VozSola

Wilde, wrede wroeg-woord wenke

Februarie 2, 2010 in Sonder kategorie

Vyf weë

 

Wilde denke sluip

in die klein uur van die nag,

liefdeloos omvou

donker wolk kombers verskuil

ewigheid so blind gestaar

Wrede woorde klaar

rysend uit die eb ontwaak

en bliksem het so

donderend hard neergelaan

en die stilte platgeval

Wroegend sat gehuil

rou teerheid gevolg deur seer

oor dit wat nooit moes wees

en vrede wat mooi bewys

gegrendel van hart tot siel

Woord in ewigheid

opgestel, letter gebind

oor en weer vertel

roerend en diep gewonde

daardie heel laast asem

Wenke opgestel

ek laat soos waaigras hier,

niemand sal verstaan

kommer is ‘n ster so hoog

en sal vonkelloos verskiet

©

by VozSola

Blog-wenk vir Februarie.

Februarie 1, 2010 in Sonder kategorie

Moenie blogs antwoord as jy nie prentjies kan sien of download nie!

Sommige lees net,

ander kyk net,

maar met blogs

moet jy altwee

gelyk  kan doen!

Indien nie, beland jy dalk in ‘n ongemaklike position!

by VozSola

Op ‘n dag soos vandag

Februarie 1, 2010 in Sonder kategorie

Today

Day is drawing shorter
day is drawing closer,
time is so much softer now
doesn’t help to scream,
my echo only lingers longer.

For I have outgrown myself.
Yesterday has ceased to exist
and today is not yet done,
tomorrow, still only a thought.

Nothing said is nothing done,
the shift within is evident.
Cannot live from the inside out
for it will scorn my soul.
Cannot live from the outside in
for it will murder my heart.

But a dream can be real
and I want to make it mine.
It’s all about the living…
The living is walking dead,
today until someday.

© SueEè