Jy blaai in die argief vir 2010 Februarie.

by VozSola

Kyk hoe ry ons, Anha! lysie

Februarie 11, 2010 in Sonder kategorie

1) You driving home from work one afternoon, you notice a vehicle that has been behind you since you left work? What do you do?

 Ek panic nie maklik nie. Een oggend een straat van die huis af, is daar ‘n kar agter my. Meeste van ons ry die een pad tot by die highway afrit. Op die snelweg is die kar op my hakke. Die eerste beste straat as ons stad inkom, draai ek af. Kar bly sit op my hakke. Die eerste beste straat draai ek weer af, en die kar gaan my verby, net om my weer een straat boontoe te vang, weer agter my. Wel, nou is daar net een pad, en dis werk toe. Draai in die staat af, fikker vir my ingang, swipe my kaart, kar nog steeds agter my… ek zoom die parking ramp op..Kar agter my. Ek draai regs, kar draai links in die parkeer area. Ek klim uit, sy ook. Sê dankie vir die veilige ry tot by die werk. *6uur soggens in nie altyd die veiligste tyd nie, veral nie in die donker winter nie. Sy werk oorkant die straat van my. Die feit is ons het 21 km so saam-saam gery.

2) On arrival at your driveway, the same suspicous car behind turns in behind you, what do you do?

 Ek ry altyd om die blok (drie maniere) as iemand agter my ry.

  

3) As you enter the road to your home, you see a guy sitting under a tree near your home, what do you do?

 Ons het een van daai remote deurklokkies gekoop. Dit lê op die eetkamer tafel. Omdat ons om ‘n draai bly, het ons genoegsame range – en die remote is in my kar. As ek enige iets verdag opmenk, druk ek die knoppie en ry verby die huis. My man sal dan weet daar is moeilikheid op straat. 

4) On approaching your driveway, Do you look or notice any coke cans, plastic bags or other “markers” at the bottom of your drive, what does this mean?

Altyd…Rooi en groen blikkies, (Rooi blikkies – Gewapende inwoners of meer as een…Groen beteken maklike teiken of met hulp van binne)  klippe, bakstene, koerante ens. Deesdae verf/chauk hulle algemene merkers soos die Walk for Life en ander drawers gebruik. Ook gebreekte plante is ‘n teken.

5) You arrive in your driveway to find your electric gates aren’t working when you push the remote, what do you do?

 Ry na die garage of winkel onder in die straat, bel my buurman om te hoor of hulle krag het…dan bel ek vir die volgende 4 ure die City of Swape om my probleem te rapporteer. (ons garage is nie op dieselfde Db as die huis nie…dus sou daar fout binne wees, sal die garge steeds werk)

 

6) If you have kids in the car are the child locks “ON” so the kids cant open the doors?

My kar sluit net met sluitels oop en toe. No child lock of auto-locks nie. My kind sluit automaties die deur as hy inklim.

7) Do you drive only your car or do you drive the ones around you as well?

Ek deel nie, en wil ook nie gedeel word nie.

8) When parking at a shopping centre, work, friends home in fact anywhere, where do you park? and how do you park?

Onder ‘n lig. En in reverse park. Ready, steady go position. Oral. Ek parkeer nooit ooit naby winkel ingange nie, eerstens omdat mense met trollies en kinder-trollie bestuurders nie lisensies het nie, tweedens ook nie die vis/hoender en chips mense se hande nie. En as daar ‘n inbraak is, hoef my insurance nie te betaal vir gatjies in my kar nie.

9) When stopping at a traffic light and or stop street, a car “bumps” you from behind.. what do you do?

 Eerstens stop ek alryd ver genoeg van die kar voor my, juis om my spasie te gee om uit te kom as daar iets voor my gebeur. Tweedens, weet ek, ek sal nie die ou voor my stamp nie. Derdens gooi ek ‘n tantrum wat ‘n tweejarige oue vierling sal laat skaam voel. Deur die dag sal ek ‘n dit nog waag om iets te doen as daar baie mense is, In die nag, ry ek gewoon tot ek blou liggie mense kry.

10) When stopping at a traffic light or stop street, who of you leaves at least a half car length between you and the vehicle in front?

Een kar lengte, Altyd.

11) How many of you know how to do an emergency turn?

Huh? Soos dougnuts? Handbrake turn? Ehhh…? Help.

12) You driving merrily down the freeway, one of your tyres developes a puncture, what do you do?

Bid dat ander karre ABS het…en dat ek nie skreeeeeeeccchhhh agter my hoor nie. Slow down, en doen die liggies ding, terwyl jy 10 kmph per uur ry tot waar die veilig is, terwyl jy speakerphone iemand bel. Maar in Gauteng is dit heelwat moeiliker…jy moet vir km in die traffic sit (en luister dat jy die skuld moet dra vir vandag se traffic jam) want met die padwerke is daar nie meer stilhou pad nie…

 

13) How many of you use the exact same route day in and day out at the same time, give or take 10 to 15mins?

Creature of habit? Ek pleit skuldig!

14) You driving down the road, a nice chap called Jack jumps into the road in front of your car brandishing a weapon, what do you do?

Hou stil, skakel die kar af. Hande inni lug en klim uit.

15) You driving merrily along, some guy in a vehicle next to you points and makes signs there is something wrong with your car.. what do you do?

 Smile en gee die thumbs-up sign, en hou be die eerste beste veilige garage of secure parking stil.

16) You driving along a quiet road, the car in front suddenly slams on brakes blocking your way, what do you do?

Hoot aanhoudend en gooi ‘n reverse U. Of, maak asof jy nie gesien het nie Gear down tot eerste en rev tot rooi, Dit laat mense skrik!!!  en hoop jou brieke werk.

 

17) Where is your handbag, cell phone or shopping when you driving?

Waar hulle twee vensters gelyk moet breek, en dit steeds nie sal kan raakvat nie.

18) You have stopped at an intersection, along comes the beggar, street-kid, plastic bag salesman etc.. what are you doing and what do you do?

Sit my musiek harder en smile.

19) Do you really know how to drive your motor vehicle?

 and if I blindfolded you.. Same answer?

Wel ek kom elke dag by die werk aan, en weer by die huis, en niemand hoot en sign language my nie.

…as ons kan borsvoed in die donker, kan ons so bestuur ook.

20) Do you know what your vehicle is capable of doing should you have to drive it like you stole it?

Ekke het een van daai Lazy karre… en as ek my aircon aansit in derde rat, ry ek teen eerste se spoed, niemand steel karre soos myne nie.

Veilig ry.

by VozSola

Arghhhhh!!! Is dalk volgende…

Februarie 11, 2010 in Sonder kategorie

Eers was daar slinger-sentrales, toe druk-’n-koppie sentrales, tot by outamaties.

Eers was daar CB-radio’s, toe Walkie-Talkies, baksteen kar-fone en walk-’n-talk tot by iPhones.

Eers was daar Morse Code, toe Telex, toe Telefax, toe Fax, tot by Fax2mail.

Eers was daar Computers, Magnetic Tapes, Floppies, Disks, cd’s, dvd’s, tot by ’n stokkie.

Eers was daar Beltel, tot by www/2.

Eers was daar bos-telegraaf, toe die poskoets, toe postreine, poskarre, toe poskantore, posbusse, tot by jou Inbox.

Eers was daar hand-down briewe, toe direkte briewe, toe sms, toe mms, nou is daar;

Tweet en Buzz en Mixit en gesiggie-woordeboeke.

Arghhhh! As ek vandag nog een Twitter of Facebook invite kry gaan ek skree…maar dit word net erger nou wil almal my vanoggend op my gmail Buzz!!!!!

Iets wat ek nogal scary vind is hoeveel mense hulle lewens deur hierdie platforms op die Internet risk. Hier gee hulle doelbewus of dalk heel onbewustelik te veel informasie uit soms al wat kort kom is ’n id nommer. Hier word familie foto’s geplaas, dis veral foto’s van kinders wat my pla. Daar is sites wat hierdie foto’s download en manipulate… Daar is mense wat se identiteit gesteel word. Daar is mense wat jou kiekie download en môre in hul id boekies plak en wie weet waar anders ook al. Elke woord wat al ooit op die Internet geplaas is, bly daar vir ewig. Maak nie saak hoe jy dit probeer wegsteek nie. Ek vir een is baie versigtig as dit by sulke dinge kom. Selde, indien ooit, plaas ek my eie naam op die Internet, ek sal dit slegs direk doen via ’n e-mail en as ek weet wie die persoon is.

Vir my gaan dit nie oor dat ek iets het om weg te steek dat ek onder ’n skuilnaam skrywe nie. Vir my gaan dit bloot oor die idee van persoonlike veiligheid, net soos jy nie sommer met ’n vreemdeling gaan chat en oor jouself gesels nie, net so moet mens ook versigtig wees. Of jy nou koffie met ’n vreemdeling op straat, is koffie veilig voor jou rekenaar met tonne vreemde mense, ook maar dieselfde as jy te veel informasie uitgee.

Nou wonder ek waar moet ek volgende moet wegkruip?… O, dis nie nodig nie, want ek voel baie tuis hier in Blogland.

by VozSola

Dink verskieslik terwyl jy praat!

Februarie 11, 2010 in Sonder kategorie

Question: If you could live forever, would you and why?

Answer: “I would not live forever, because we should not live forever, because if we were supposed to live forever, then we would live forever, but we cannot live forever, which is why I would not live forever,”–Miss Alabama in the 1994 Miss  USA  contest.

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“Whenever I watch TV and see those poor starving kids all over the world, I can’t help but cry. I mean I’d love to be skinny like that, but not with all those flies and death and stuff.”–Mariah Carey

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“Smoking kills. If you’re killed, you’ve lost a very important part of your life,”— Brooke Shields, during an interview to become spokesperson for federal anti-smoking campaign .

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“I’ve never had major knee surgery on any other part of my body,”–Winston Bennett,  University  of  Kentucky  basketball forward.

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“Outside of the killings,  Washington  has one of the lowest crime rates in the country,”–Mayor Marion Barry,  Washington  ,  DC  .

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“That lowdown scoundrel deserves to be kicked to death by a jackass, and I’m just the one to do it,”–A congressional candidate in  Texas

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“Half this game is ninety percent mental.”–Philadelphia Phillies manager, Danny Ozark

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“It isn’t pollution that’s harming the environment. It’s the impurities in our air and water that are doing it.”–Al Gore, Vice President

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“I love  California  . I practically grew up in  Phoenix  .”— Dan Quayle

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“We’ve got to pause and ask ourselves: How much clean air do we need?”–Lee Iacocca

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“The word “genius” isn’t applicable in football. A genius is a guy like Norman Einstein..”–Joe Theisman, NFL football quarterback & sports analyst.

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“We don’t necessarily discriminate. We simply exclude certain types of people.”— Colonel Gerald Wellman, ROTC Instructor.

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“Your food stamps will be stopped effective March 1992 because we received notice that you passed away. May God bless you. You may reapply if there is a change in your circumstances.”–Department of Social Services,  Greenville  ,  South Carolina

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“Traditionally, most of  Australia ‘s imports come from overseas.”–Keppel Enderbery

,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

“If somebody has a bad heart, they can plug this jack in at night as they go to bed and it will monitor their heart throughout the night. And the next morning, when they wake up dead, there’ll be a record.”–Mark S. Fowler, FCC Chairman

by VozSola

Dankie Anha, Hier’s my eie lysie.

Februarie 10, 2010 in Sonder kategorie

Hoeveel doopname?  2

Sterre teken?  Bul

Chinese sign?  Rot

Crème caramel of Chocolate mousse?  Chocolate Mousse

Steak of Ribs?  Steak

Koffie of Tee?  Koffie

Suiker of Sweetner?  3 Suiker s’blief

Hardeband of paperback boeke?  Hardeband – Huisboeke – Paperbacks – Handbag boeke

Facts of Fiction boeke?  Facts are stranger than fiction indeed…

Internet nuus of koerant?  Internet en Saterdag Koerant

Honde of Katte?  Woof!

Meer vriende of vriendinne?  Vriende

Vroeg oggende of Laat aande?  Beide – Dis die middle van die dag wat my pla

Skryf of praat?  Skryf (praat te veel by die werk)

Lees of kuier?  Lees

Movies of Soapies?  Documentaries

Rooi of blou?  Blou

Tom, Jerry of Butch?  I’m a woman – therefore I can multitask!

Clubbing of gesellige kuierplekke?  Kuierplekke

Restaurante of tee-tuine?  Tea-gardens for sure!

Lysies of nie?  Dis dan my eie lysie hierdie!

by VozSola

Twinsavers

Februarie 10, 2010 in Sonder kategorie

Broos getroos

Sewe soorte sondes na gejaag

hartverskeurend leeg

wonder oor ’n sielelose troos

stikkend in sy haat verdwaal

Argeloos, dog smalend onbeheers

vloek vervangend vas

sonder skuld verskuilde kettings word

vry verklaar uit liefde draal

© SueEè

by VozSola

Hoë mure en brandende brûe

Februarie 8, 2010 in Sonder kategorie

“Hallo”

“Hi”

“Sjoe, dis nou ‘n surprise! Hoe gaan dit met jou?”

“Nee, alles gaan goed, familie is gelukkig, ouers is gesond…en met jou?”

“Ja-nee, alles gaan goed….”

So gaan dit met almal. Alles gaan altyd goed met almal.

Maar in werklikheid is ons omring deur die hoë mure wat ons om ons bou, vierkantig met jou rug teen die muur in elke rigting Agter ons lê die brandende brûe soos as in die wind verstrooi. Voor ons – ‘n onsigbare toekoms en onder ons die donker gat van verteer.

Dit neem soms net één woord, één gedagte, één glimlag, één drukkie, één blom, één blaar, één gebaaar om jou oë te lig en te sien dat daar altyd ‘n lig van Bo op ons skyn – Dit is dan wanneer jy skielik vir jou eie skaduwee skrik.

Ek het.

by VozSola

Maandag fluisters

Februarie 8, 2010 in Sonder kategorie

Leë siklus

 

…en as die niks

in die niet verdwyn

en dit wat belangrik is

in ‘n oomblik net wegkwyn

Die alomwenteling

wat niksheid saggies voor

jou siel se deur kom lê

Sal die sleutel diep versteek bly lê

in die geheime grendels van jou hart?

© SueEè 2009 – Published deur KKBK “BlikEmmer”

by VozSola

Kul jou hier en kul jou daar, en siedaar!

Februarie 6, 2010 in Sonder kategorie

Om deesdae in hierdie wêreld te kan oorleef, moet jy eers jou graad in kulkuns behaal. Dan sal jy oorleef en meestal actually ook kan lewe. Dalk is hierdie stelling ‘n kunsie opsigself, wie weet?

Die regering doen dit daagliks! Bou toilette sonder deure. Die kuns is nou om jouself nie te ontbloot nie. Hulle glo vas dat wetenskap, wiskunde en geld alles op die balanstaat sal balanseer, Kuns is watter fomule om by watter sommetjie te gebruik, om miljarde na miljoene te bring, en anders om, sonder om aan ‘n sent te raak. Dit klink amper soos die lotto draw uitslae.

Zuma bou intussen sy eie nasie. In hierdie era is dit ‘n kuns om die menslike rykdom tot so ‘n vlak te neem, sonder om veroordeel te word, want in ons allerdaagse lewe, is dit sonde om te skei, never mind om dan ‘n tweede of ‘n derde keer te wil trou. Wenkbroue lig en skinder-antennas draai in talle rigtings. Kuns hier is om uiteindelik die ‘siedaar’ aan almal te openbaar.

Jy kul jou dieët. Kinders kul op skool. Ouers kul hul base. Insurance companies kul hul customers. Mediese fondse kul hul lede. Mans kul hul vrouens, vouense kul hul skelmpies. Skelms kul die polisie. Die polisie kul die statestieke. Mense kul hul land. Ander lande kul die nuwelinge. So kan hierdie lysie aangaan tot in ewigheid.

Al wat dan nog eendag sal oorbly is om jouself te kul.

by VozSola

Dalk iets vir iemand.

Februarie 5, 2010 in Sonder kategorie

Jammer

 

Gister is so ondeurdringbaar

skuilend soos ‘n halwe maan,

slepend geslinger

deur die gekriewel van die hemel indringer.

Die krioel van ons gedagtes

is begroet met ‘n bespotting,

ons lewensbaan bestook

tot eergister weer by ons kom spook

Vandag is net ‘n gehakkel

van gedagtes ten gronde getakel.

Ons wil lewe vir mekaar

al is ons lewens vreeslik deurmekaar,

maar ons lewe word geanker

al word ons dae al hoe slanker

en al die kommer word ‘n jammer

wat net nie wil vergaan

Môre is net ‘n verkropte gedagte

gevul met onheils magte

en hier aan is nie te salwe

oor dit wat ons mag doen, ter halwe

Ons jammer en kommer is geïsoleer

want môre gaan ons leer

hoe om dit te keer

Jammer oor die dinge wat pla

Jammer dat jy nie mag kla

Jammer is die val

van die hamer

die kap van die byl

vir jy, wat nie mag huil

©

by VozSola

Oor dinge wat gevra mag word.

Februarie 4, 2010 in Sonder kategorie

Ek wou hierdie griffels eers elders in die w.ille w.oeste w. w.êreld in gestuur het, maar iemand se bloggie vandag het my anders laat besluit.

Ons almal ken daai gejaagde gevoel as die gong eers twaalf geslaan het op die eerste Januarie, ons is dan alreeds tien tree in die pylvlak van 365 meters af. Dis net die laaste 13 meter wat weer so damn stadig word dat jy skielik weer daarvan bewus is dat daar miljoene aan dieselfde resies deelneem, dat mens wil hande vat en te same oor die wenstreep kan stap. Huil oor die wat ons langs die pad verloor het, en oor diegene wat die keuse gemaak het om liewers self te onttrek.

Deurgaans, verloor ons gewoonlik die persoonlike kontak. Ons nuttig darem so nou en dan die waterpunte wat regte mense beman. Daarna besoek ons die “run-tru’s” wat tot ons beskikking is. Een so ‘n ‘run-tru” is hierdie bloggemeenskap. Ons lees gou deur die menu, plaas ons woordlike bestelling, en then it’s back on the road again.

Ek wonder altyd hoekom tegnologiese forums soos die, facebook, twitter ens juis so gewild geword het. Wat maak dit juis so maklik?

Omdat jy ‘n keuse het om ‘unknown’ te wees, om iemand te wees wie jy nie is nie? (dit dink ek is eintlik bitter moeilik – want woorde is soos vingerafdrukke) Of omdat daar letterlik altyd iemand sal wees wat jou sal antwoord? Omdat mense alleen is? Of omdat mense nie meer met mense omgaan nie? Tyd vir familie en vriende word minder, dalk juis oor tyd self te kort is, of die distansies tussen mense te groot geword het?

Hoeveel van die bloggers ken mekaar persoonlik? Een uit 100? 500? 1000? Beste is bloggers wat mekaar persoonlik ken, lees of antwoord mekaar se blogs maar selde! Interesting enough, kyk hoe blogvriende mekaar uitsoek en blog-bevriend, 7 uit 10 is dit mense met reuse personality verskille! Nog ‘n interesting observation is dat mense comment gewoon in ‘n ander styl as wat hulle hulle self op hulle eie blogs uitdruk.

Een ding weet ek verseker, die woorde-wêreld is ‘n baie nicer plek as die regte wêreld, skryf is altyd beter as praat…want om gedagtes te uiter, word die waarheid te hard, om in gedagtes te skrywe, word drome bewaar.

Sorry oor die verkeerde spelling, reverse uitdrukkigs en die Englikaans…(Submarine Afrikaner vanaand)