by

Geensins

Februarie 25, 2010 in Sonder kategorie

Geensins

sou die kompas-instituut

steeds noordgewys

uit rigting skiet

al is ek nie meer tuis.

Geensins

sou die hergeboorte kliniek

steeds ons troos

in ’n melk-en-heuning-kliek

breek ons brood so broos.

Geensins

sou my vleesgebonde kleed

steeds vuil bevlek

opgevou in leed

verlore drome bedek.

©

ps. Ouboet, jy maak dit al hoe moeiliker.

6 antwoorde op Geensins

  1. Pragtig. Ek merk ‘n meertoeganklikheid, amper soos in PG DuP se dramas. Ek hou dus van gedigte wat effens blur, soos veral jou eerste 2 strofes.

    Die woord “sou” is ook ‘n blurry woord. Ek sou jou nooit verneuk nie, is leunaarstaal. Ek het jou nooit verneuk nie is nader aan die waarheid.

    Geensins in die laaste strofe is ook nogal blurry.

  2. Dankie Ouboet. Ek waardeer jou insig opreg. As jy die eerste strofe reg lees, is die prentjie heelwat duideliker…eintlik verblindend…
    😉

  3. …veselglas & plastic…

  4. Bravo! You’ve nailed it!
    net soos die kompas-instituut (society) ons bend en shape…

  5. Al enige verdere nuus van die familie?

  6. VozSola het gesê op Maart 1, 2010

    Uiteindelik gehoor almal is ok. My swaer se huis is platgevee. Maar hulle is ok.
    Thanks.

Los ’n antwoord vir pinkpolkadot. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.