Geensins
Februarie 25, 2010 in Sonder kategorie
Geensins
sou die kompas-instituut
steeds noordgewys
uit rigting skiet
al is ek nie meer tuis.
Geensins
sou die hergeboorte kliniek
steeds ons troos
in ’n melk-en-heuning-kliek
breek ons brood so broos.
Geensins
sou my vleesgebonde kleed
steeds vuil bevlek
opgevou in leed
verlore drome bedek.
©
ps. Ouboet, jy maak dit al hoe moeiliker.
louisna het gesê op Februarie 26, 2010
Pragtig. Ek merk ‘n meertoeganklikheid, amper soos in PG DuP se dramas. Ek hou dus van gedigte wat effens blur, soos veral jou eerste 2 strofes.
Die woord “sou” is ook ‘n blurry woord. Ek sou jou nooit verneuk nie, is leunaarstaal. Ek het jou nooit verneuk nie is nader aan die waarheid.
Geensins in die laaste strofe is ook nogal blurry.
VozSola het gesê op Februarie 26, 2010
Dankie Ouboet. Ek waardeer jou insig opreg. As jy die eerste strofe reg lees, is die prentjie heelwat duideliker…eintlik verblindend…
😉
VozSola het gesê op Februarie 26, 2010
…veselglas & plastic…
VozSola het gesê op Februarie 26, 2010
Bravo! You’ve nailed it!
net soos die kompas-instituut (society) ons bend en shape…
pinkpolkadot het gesê op Februarie 28, 2010
Al enige verdere nuus van die familie?
VozSola het gesê op Maart 1, 2010
Uiteindelik gehoor almal is ok. My swaer se huis is platgevee. Maar hulle is ok.
Thanks.