by

Klitsgras

Februarie 22, 2010 in Sonder kategorie

Dit is nou maar een van daardie dinge waarvan jy nie maklik ontslae kan raak nie – hoe meer jy probeer, hoe meer klou dit elders vas.

Geduld en om een vir een apart te takel, blyk die oplossing te wees.  Maar ons het meestal nie tyd of geduld nie.  Gooi dit eerder ongesiens in die wasmasjien – seep en water was mos alles skoon en die vuilheid weg. Totdat jy ‘n hele bol sokkies vasgegom uit die masjien haal. Sug hardop  en gooi die bol in die tuimeldroër… Nie lank nie, of dan begin die wolle in die filter vaskleef…maar die klitsgras bly kleef.

Moral is – geduld en om een vir een te verwyder, maak steeds vir die beste oplossing.

Hoe waar is dit nie in die lewe nie. Al die klitsgras van irretasies wat aan ons lewens-sokkies kom kleef. Wat doen ons? Ons gooi dit tussen die mengelmoes van ons lewe in die wasmasjien van denial en haas, gooi dit dan in die tuimeldroër van versugting…en wonder dan hoekom ons lyk soos wat ons voel?

Soms is die klitsgras ons eie gewete, onvermoë tot vergifnis of aanvaarding…

Soms is hierdie klitsgras dié van ander waardeur ons daagliks beweeg en dié met wie ons omgaan in ons lewenswoud van voortbestaan. Ander se hartseer, ander se woede, ander se pyn, ander se onbedagsaamheid, ander se ondankbaarheid ens. Ens.

…ek het nuwe sokkies nodig.

5 antwoorde op Klitsgras

  1. Liewer vrot sokkies … as geen sokkies …

  2. ja, die dae van kaalvoet oor die berge donner is hoeka lankal verby…
    😉

  3. 😉

  4. hoe wyer die sirkel hoe groter die (op)vangs…

  5. Dankie.
    😉
    ns. bietjie bang vir dorings…

Los ’n antwoord vir DallaSePa. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.