by

s.o.s.

Februarie 16, 2010 in Sonder kategorie

15/02/10

Ek was heeldag edgy vandag. Niks het volgens routine verloop nie. Ek moes ook planne maak om laat te werk. Te veel dinge, meetings, deadlines en jaareinde ens.

Na 17h00 bel ek kleinding om hom opgewonde mee te deel dat ek toe uiteindelik iemand gekry het om vir hom ‘’n Michael Jackson koek vir sy Bday te maak., en dat sy Saterdag Spur Party Invites geprint is, maar sy foon is af. Bel my man om te hoor waar hulle is. Hy is juis oppad skool toe om kleinding op te laai.

‘’n Halfuur later bel my man, huilend en histeries – hulle het by die huis ingebreek. In die agtergrond hoor ek hoe kleinding skree.

Ek is 21km van die huis af, Nee, hy weet nie hoe om die Polisie te bel nie, ook nie die buurman nie…hy weet nie wat om te doen nie. Ek sê hom om kleinding uit die huis te vat en te wag. Ek is die een wat die polisie bel, die buurman bel om hom te gaan help en die se vrou om na kleinding om te sien.

Kom ek uiteindelik by die huis aan, Scan ek so deur al die goed wat uit al die kaste deur die huis gestrooi is, maak mental note van alles, terwyl my man met die polisie skree en op my. Ek gaan maak toe al die nodige oproepe van buite, locksmiths, insurance ens. Ek sit en maak die lyste van vermiste goedere van ‘’n splinternuwe laptop tot halwe bottles parfuum…juwele, en kleinding se hemel op aarder goetertjies en die lys word baie langer as wat dit nodig is. Ek moet bel om die sim kaarte en fone te block, asook ons 3G. blah-blah-blah…

Tussendeur moet ek kleinding kalm hou, my insane bubby laat chill sodat hy net bietjie rustiger kan word – want die laaste ding wat ek nog wil doen is om hom met ’n 2de hartaanval hospitaal toe te jaag – done that, got the t-shirt ans there is no-way I ever want to do that over again… Steeds kan hy nie nugter dink nie, en wys geen tekens van calming down nie.

Kleinding het na 12uur op my skoot aan die slaap geraak en hom sommer in ons bed gaan tuismaak. Toe eers kry ek tyd om te dink. Skryf ‘’n brief aan die skool – want hy skryf môre ‘’n Engelse toets. Maak ‘’n ordenlike lys met serial nommers, bekwywings, bewyse ens. Kry intussen die saak nommer…ens. ens. ens.

16/02/10 Vanoggend; na ek met een oog oop geslaap het, opgestaan, kleinding reggekry vir skool. My man loop en slaan teen die mure en is generally net die moer in vir die hele wêreld en ek worry oor sy gesondheid..

Niks wat hulle gesteel het gaan eendag saam met my graf toe nie. Ja, Ek is jammer oor die juwele, want dit was ou erfstukke en selfs my great-grandfather se seëlring, dit is onvervangbaar. Die res wat ek besit, dra ek aan my. So, ten spyte van alles – is dit vervangbare goeters. Ja, my kind is baie ongelukkig oor die verlies van sy Junior Ranger boeke en bird reference guides, vêrkyker en kamera…maar hy verstaan die situasie heelwat beter as my man en dat hulle gelukkig nie by die huis was nie, en dat hulle nie seergekry het nie. Hy gaan môre ‘’n hartseer 12de verjaarsdag in.

En ek, nee ek moet net aanhou en aanhou en fokken aanhou soos altyd sonder enige hulp en ondersteuning…want almal voel jammer vir my man, terwyl niemand vir my vra of ek fokken okay is nie. Nee, ek is mos ‘’n hartelose en emosioneelose gevreet wat net alles moet regmaak en bymekaar hou. Moet alles doen en na almal omsien. Guess what? Vir die heel eerste keer in my 38jaar gaan ek dit uiteindelik sê…EK IS NIE OK NIE! Ek kan nie meer nie. Nee, ek het nog mooi gedink dat daar vreemdes in ons huis was nie, wat deur ons goeters gegaan het en die plek bemors het nie, dat dit onveilig is nie, oor crime en sulke dinge nie…nee dit sal seker eers na twee maande tot my deurdring, as almal anders begin rustig slaap…want dit is mos my job om na alles om te sien.

Ek kan nie meer nie, Regtig nie meer nie.

9 antwoorde op s.o.s.

  1. Baie sterkte Voz. Nou is julle ook ‘n nommer in die tot barstenstoe oorvol databasis van kriminele oortredings.

  2. Nee Ouboet, Ek’s nie geworry oor dat ons net nog ‘n crime-stat no. is nie, shit happens en die diepte graad daarvan ook! (skuus)
    Die mense wat my ken, sal weet waarvan ek praat – as ek sê, ek het wraggies nie meer die krag om 10 in een vir ander te wees nie.

  3. Anyway, sterkte.

  4. Dankie Ouboet
    😉

  5. zephur het gesê op Februarie 16, 2010

    Sterkte om weer orde te probeer kry in jul lewe na so ‘n voorval.

    Ek dink jy kort ‘n paar dae af…gaan na ‘n stil plek en wees net stil…rus.

  6. Dankie Zepman.
    ps…kan jy my baas wees? Dan vra ek vir 4 daggies af, asb?

  7. zette het gesê op Maart 4, 2010

    Ek is ‘toevallig’ ook 38 en vanoggend het ek ‘toevallig’ ook sommer gevoel ek kan nie meer nie! Dit het my opgeval hoe kalm jy gebly het en dat jy die een was wat reguit gedink het in die situasie. Ek haal my hoed vir jou af. As jy eerste moet sterf sal jou man maar sukkel om te cope!

  8. VozSola het gesê op Maart 5, 2010

    Hi, Ekke hoop en glo dat vandag ‘n beter dag vir jou ook sal wees.
    Baie dankie vir jou mooi woorde. Ek waardeer dit.

  9. zette het gesê op Maart 5, 2010

    🙂 Thanx

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.