by

Arghhhhh!!! Is dalk volgende…

Februarie 11, 2010 in Sonder kategorie

Eers was daar slinger-sentrales, toe druk-’n-koppie sentrales, tot by outamaties.

Eers was daar CB-radio’s, toe Walkie-Talkies, baksteen kar-fone en walk-’n-talk tot by iPhones.

Eers was daar Morse Code, toe Telex, toe Telefax, toe Fax, tot by Fax2mail.

Eers was daar Computers, Magnetic Tapes, Floppies, Disks, cd’s, dvd’s, tot by ’n stokkie.

Eers was daar Beltel, tot by www/2.

Eers was daar bos-telegraaf, toe die poskoets, toe postreine, poskarre, toe poskantore, posbusse, tot by jou Inbox.

Eers was daar hand-down briewe, toe direkte briewe, toe sms, toe mms, nou is daar;

Tweet en Buzz en Mixit en gesiggie-woordeboeke.

Arghhhh! As ek vandag nog een Twitter of Facebook invite kry gaan ek skree…maar dit word net erger nou wil almal my vanoggend op my gmail Buzz!!!!!

Iets wat ek nogal scary vind is hoeveel mense hulle lewens deur hierdie platforms op die Internet risk. Hier gee hulle doelbewus of dalk heel onbewustelik te veel informasie uit soms al wat kort kom is ’n id nommer. Hier word familie foto’s geplaas, dis veral foto’s van kinders wat my pla. Daar is sites wat hierdie foto’s download en manipulate… Daar is mense wat se identiteit gesteel word. Daar is mense wat jou kiekie download en môre in hul id boekies plak en wie weet waar anders ook al. Elke woord wat al ooit op die Internet geplaas is, bly daar vir ewig. Maak nie saak hoe jy dit probeer wegsteek nie. Ek vir een is baie versigtig as dit by sulke dinge kom. Selde, indien ooit, plaas ek my eie naam op die Internet, ek sal dit slegs direk doen via ’n e-mail en as ek weet wie die persoon is.

Vir my gaan dit nie oor dat ek iets het om weg te steek dat ek onder ’n skuilnaam skrywe nie. Vir my gaan dit bloot oor die idee van persoonlike veiligheid, net soos jy nie sommer met ’n vreemdeling gaan chat en oor jouself gesels nie, net so moet mens ook versigtig wees. Of jy nou koffie met ’n vreemdeling op straat, is koffie veilig voor jou rekenaar met tonne vreemde mense, ook maar dieselfde as jy te veel informasie uitgee.

Nou wonder ek waar moet ek volgende moet wegkruip?… O, dis nie nodig nie, want ek voel baie tuis hier in Blogland.

7 antwoorde op Arghhhhh!!! Is dalk volgende…

  1. Netnou praat jy almal so bang dat hulle weghardloop.

  2. stofpad of super-highway langs?

  3. 10/4, ek roger dit!
    Laat my dink aan die tannie wat gesê het, haar spatare het ook nou elkeen ‘n location gekry!

  4. Alle paaie

  5. zephur het gesê op Februarie 11, 2010

    So verander die wêreld en daar kom meer gevare…

    Wel ander ding is kyk hoe het bikini’s verander…nou is dit ‘n deurtrekkertjie.

  6. zephur het gesê op Februarie 11, 2010

    So verander die wêreld en daar kom meer gevare…

    Wel ander ding is kyk hoe het bikini’s verander…nou is dit ‘n deurtrekkertjie.

  7. …en daai met die blommetjies lok seker net naaldekokers?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.