by

Hoë mure en brandende brûe

Februarie 8, 2010 in Sonder kategorie

“Hallo”

“Hi”

“Sjoe, dis nou ‘n surprise! Hoe gaan dit met jou?”

“Nee, alles gaan goed, familie is gelukkig, ouers is gesond…en met jou?”

“Ja-nee, alles gaan goed….”

So gaan dit met almal. Alles gaan altyd goed met almal.

Maar in werklikheid is ons omring deur die hoë mure wat ons om ons bou, vierkantig met jou rug teen die muur in elke rigting Agter ons lê die brandende brûe soos as in die wind verstrooi. Voor ons – ‘n onsigbare toekoms en onder ons die donker gat van verteer.

Dit neem soms net één woord, één gedagte, één glimlag, één drukkie, één blom, één blaar, één gebaaar om jou oë te lig en te sien dat daar altyd ‘n lig van Bo op ons skyn – Dit is dan wanneer jy skielik vir jou eie skaduwee skrik.

Ek het.

2 antwoorde op Hoë mure en brandende brûe

  1. Jy skryf lieflik!

  2. Pragtig!
    en so waar die waarheid

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.