by

Kul jou hier en kul jou daar, en siedaar!

Februarie 6, 2010 in Sonder kategorie

Om deesdae in hierdie wêreld te kan oorleef, moet jy eers jou graad in kulkuns behaal. Dan sal jy oorleef en meestal actually ook kan lewe. Dalk is hierdie stelling ‘n kunsie opsigself, wie weet?

Die regering doen dit daagliks! Bou toilette sonder deure. Die kuns is nou om jouself nie te ontbloot nie. Hulle glo vas dat wetenskap, wiskunde en geld alles op die balanstaat sal balanseer, Kuns is watter fomule om by watter sommetjie te gebruik, om miljarde na miljoene te bring, en anders om, sonder om aan ‘n sent te raak. Dit klink amper soos die lotto draw uitslae.

Zuma bou intussen sy eie nasie. In hierdie era is dit ‘n kuns om die menslike rykdom tot so ‘n vlak te neem, sonder om veroordeel te word, want in ons allerdaagse lewe, is dit sonde om te skei, never mind om dan ‘n tweede of ‘n derde keer te wil trou. Wenkbroue lig en skinder-antennas draai in talle rigtings. Kuns hier is om uiteindelik die ‘siedaar’ aan almal te openbaar.

Jy kul jou dieët. Kinders kul op skool. Ouers kul hul base. Insurance companies kul hul customers. Mediese fondse kul hul lede. Mans kul hul vrouens, vouense kul hul skelmpies. Skelms kul die polisie. Die polisie kul die statestieke. Mense kul hul land. Ander lande kul die nuwelinge. So kan hierdie lysie aangaan tot in ewigheid.

Al wat dan nog eendag sal oorbly is om jouself te kul.

5 antwoorde op Kul jou hier en kul jou daar, en siedaar!

  1. Miskien kul ons almal ons self … wonner ek nou oor die diep gedagte …

  2. VozSola het gesê op Februarie 6, 2010

    …ek wonner ook…

  3. Dis soos golf … as jy lieg op die telkaart bluf jy op die ou einde net jouself … dit werk net nie.

  4. Ek ervaar dat die huidige regeerders toneelspelers is en dink almal sal hulle glo,maak nie saak wat hulle aanjaag nie. Ek het lekker gelees aan jou kullery.

  5. louisna het gesê op Februarie 7, 2010

    ….en die even horizon van die black hole kom nader…..

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.