by

Dalk iets vir iemand.

Februarie 5, 2010 in Sonder kategorie

Jammer

 

Gister is so ondeurdringbaar

skuilend soos ‘n halwe maan,

slepend geslinger

deur die gekriewel van die hemel indringer.

Die krioel van ons gedagtes

is begroet met ‘n bespotting,

ons lewensbaan bestook

tot eergister weer by ons kom spook

Vandag is net ‘n gehakkel

van gedagtes ten gronde getakel.

Ons wil lewe vir mekaar

al is ons lewens vreeslik deurmekaar,

maar ons lewe word geanker

al word ons dae al hoe slanker

en al die kommer word ‘n jammer

wat net nie wil vergaan

Môre is net ‘n verkropte gedagte

gevul met onheils magte

en hier aan is nie te salwe

oor dit wat ons mag doen, ter halwe

Ons jammer en kommer is geïsoleer

want môre gaan ons leer

hoe om dit te keer

Jammer oor die dinge wat pla

Jammer dat jy nie mag kla

Jammer is die val

van die hamer

die kap van die byl

vir jy, wat nie mag huil

©

2 antwoorde op Dalk iets vir iemand.

  1. VozSola het gesê op Februarie 5, 2010

    So halfpad tussen vandag en môre, dankie.
    😉

  2. VozSola het gesê op Februarie 5, 2010

    dankie dat jy gehoor gegee het…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.