by

Oor dinge wat gevra mag word.

Februarie 4, 2010 in Sonder kategorie

Ek wou hierdie griffels eers elders in die w.ille w.oeste w. w.êreld in gestuur het, maar iemand se bloggie vandag het my anders laat besluit.

Ons almal ken daai gejaagde gevoel as die gong eers twaalf geslaan het op die eerste Januarie, ons is dan alreeds tien tree in die pylvlak van 365 meters af. Dis net die laaste 13 meter wat weer so damn stadig word dat jy skielik weer daarvan bewus is dat daar miljoene aan dieselfde resies deelneem, dat mens wil hande vat en te same oor die wenstreep kan stap. Huil oor die wat ons langs die pad verloor het, en oor diegene wat die keuse gemaak het om liewers self te onttrek.

Deurgaans, verloor ons gewoonlik die persoonlike kontak. Ons nuttig darem so nou en dan die waterpunte wat regte mense beman. Daarna besoek ons die “run-tru’s” wat tot ons beskikking is. Een so ‘n ‘run-tru” is hierdie bloggemeenskap. Ons lees gou deur die menu, plaas ons woordlike bestelling, en then it’s back on the road again.

Ek wonder altyd hoekom tegnologiese forums soos die, facebook, twitter ens juis so gewild geword het. Wat maak dit juis so maklik?

Omdat jy ‘n keuse het om ‘unknown’ te wees, om iemand te wees wie jy nie is nie? (dit dink ek is eintlik bitter moeilik – want woorde is soos vingerafdrukke) Of omdat daar letterlik altyd iemand sal wees wat jou sal antwoord? Omdat mense alleen is? Of omdat mense nie meer met mense omgaan nie? Tyd vir familie en vriende word minder, dalk juis oor tyd self te kort is, of die distansies tussen mense te groot geword het?

Hoeveel van die bloggers ken mekaar persoonlik? Een uit 100? 500? 1000? Beste is bloggers wat mekaar persoonlik ken, lees of antwoord mekaar se blogs maar selde! Interesting enough, kyk hoe blogvriende mekaar uitsoek en blog-bevriend, 7 uit 10 is dit mense met reuse personality verskille! Nog ‘n interesting observation is dat mense comment gewoon in ‘n ander styl as wat hulle hulle self op hulle eie blogs uitdruk.

Een ding weet ek verseker, die woorde-wêreld is ‘n baie nicer plek as die regte wêreld, skryf is altyd beter as praat…want om gedagtes te uiter, word die waarheid te hard, om in gedagtes te skrywe, word drome bewaar.

Sorry oor die verkeerde spelling, reverse uitdrukkigs en die Englikaans…(Submarine Afrikaner vanaand)

9 antwoorde op Oor dinge wat gevra mag word.

  1. VozSola het gesê op Februarie 4, 2010

    Ook waar…iemand êrens weet altyd. (As jy iemand kan sien, kan hulle jou ook sien!)
    Maar tog, soms wil mens oor goeters praat (Juis nie met die wat jou ken nie)maar om ander se opinies te hoor, soms om jou opinie te gee, sonder om veroordeel te word deur die mense wat jou wel ken…
    Miskien, miskien nie. Ek het ookal dinge geblog, wat ek moes verwyder, want die naaste aan my het my veroordeel en gesê hulle ken my nie so nie, of het nie van sulke dinge geweet nie. En ek’s nie goed met sulke Q&A’s nie.

  2. VozSola het gesê op Februarie 4, 2010

    Baie Dankie.
    😉

  3. egual como la noche

  4. VozSola het gesê op Februarie 5, 2010

    Hola,
    en los muertos de la noche, el espíritu vaga
    Saludos.

  5. louisna het gesê op Februarie 5, 2010

    Ek ken geen blogger persoonlik nie. Ek stem oor die woordewereld. Ek versuip soms daarin.

  6. VozSola het gesê op Februarie 5, 2010

    “Swem Ouboet, swem!”
    Baie dankie vir jou terugvoering. Ek waardeer dit.

  7. louisna het gesê op Februarie 5, 2010

    Thanks. Loer gou in op die stoep

  8. zephur het gesê op Februarie 5, 2010

    Sien nou praat jy waar.

    Ja dis makliker om gedagtes te skryf as om gedagtes te sê.

    Ja tyd is in overdrive…

  9. VozSola het gesê op Februarie 5, 2010

    Dankie Zepman!

Los ’n antwoord vir louisna. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.